Ek wéét dit het gebeur…

20050120234814holocuast6_by_wk.jpg

Ek het die hele tyd onderlings na haar arm probeer loer – sonder dat sy my sien. Ek wou sien of sy ‘n nommer op haar arm het, of die merke dra van een wat uitgesny is.

Ek wou aan haar arm  vat. Ek wou aan háár vat. Want ek wou haar krag voel.

Soms het haar blou oë in die trane geswem. Soms het hulle ver oor die see uitgestaar. Soms het sy diep in my oë gekyk en ál wat daardie oë gevra het, is: Verstaan jy? Glo jy?

Ja my liewe L. ek glo, ek verstaan, maar ek wonder of ek ooit sal begryp. Weet deur watter hel jy is.

Vandag het ek weer aan jou gedink toe ek lees hoe iemand nie glo dat die Joodse menseslagting (Holocaust) bestaan nie, want daar is glo nie bewyse daarvoor nie.

Liefste L. Jy wat vier jaar lank in die Duitsers se doodskampe oorleef het, asook die dodemars (Todesmarsch)  in 1945 het toe die Russe nader kom.

En almal was dood, jou ma, jou pa, jou broer, die hele familie. Net jy het elke dag gestaan en kyk na die rook van die krematoria in die kamp.

Soos jy self gese het, die honger het jy gou vergeet, maar die pyn van oorleef was erg. Die skuldgevoel.

En later het jy vir my jou arm gewys waar die dokter die tattoe weggesny het. Juis, omdat mense daarna gestaar het. Ek het ook gekyk daarna, maar jy was fine daarmee.

Jy het soveel met my gedeel. Ek sal altyd na die oorlog kyk met ander insig.

Later in Berlyn in die nuwe Holocaust-museum het ek vir jou ‘n boodskap-kaartjie aan die spesiale boom gehang. ‘n Briefie net vir jou, om dankie te sê.

Ek onthou nog die klokhelder stem van die kantor, die dag toe ons jou gehuldig het – 60 jaar nadat jy saam met die min ander bevry is. Hoe mooi hy die lied van die dooies gesing het. 

Ek onthou hoe jou skouers daardie dag geruk het om die trane weg te hou.

Selfs toe het jy nie ineengestort nie – na alles. Na al die jare, het jy bly staan.

Hierdie is vir jou, liefste L. Omdat ek weet die holocaust hét plaasgevind. En omdat jy my lewe soveel verryk het.

Advertisements

  1. Rosalind

    Ek weet waar jy daardie opmerking gesien het, ek weet ook wat die spesifieke persoon probeer se het. Ongeag hoeveel Jode deur die holocaust geraak is, dit is en bly verkeerd.

    Ek het eendag ‘n biografie gelees wat deur ‘n Joodse dokter geskryf is. Sy was hoeveel keer gaskamers toe gestuur, net om keer op keer dit vry te spring. Sy het oa gehelp om die vroue te steriliseer.

    Dan was daar ‘n biografie van ‘n Joodse seuntjie wat saam met sy ouers gevlug het. Hy het vir sy 9de verjaarsdag ‘n brood gekry en 3 maande daaraan geeet.

    Almal weet van die Duitsers se vervolging op die Jode en selfs van die Russe se vervolging. Maar wat van Christenne? Jode was vir eeue deur Christenne vervolg as straf vir Jesus se dood. Ek weet die Katolieke Kerk het hieroor al om verskoning gevra. Daar is vandag nog sulke Christenne, al maak hulle nie meer fisies dood nie.

    Van die Os op die jas. In die 2de wereld oorlog was Jode ook gebruik vir eksperimente. Ek het geen idee hoe wetenskaplik dit was nie. Ek stem natuurlik glad nie met dit saam nie. Tog, dit was die realiteit. Mense het gely vir wetenskap. Wat het van daardie bevindinge of data geword? Nooit weer mag so iets gebeur nie, maar dalk is daardie data waardevol. Dit maak darem nie die lyding heeltemaal verniet nie, al is dit sonde gewees.

  2. Adrie, ek gaan nie lank antwoord nie (ek het nie genoem waar ek dit gelees het nie, sou trek die skoen aan)

    Net dit: eties is dit totaal onaanvaarbaar om mense gevange te hou en fokken eksperimente op hulle te doen . Wat is verkeerd met jou morele waardes? Dit is nie wetenskaplik nie – DIE MENSE IS DOOD AAN DIE EKSPERIMENTE.

    Ek werk in die wetenskapppe en kan met 200% oortuiging se dat AL die duitsers se eksperimente nutteloos was.

    En, geloofskwessies is nie hier ter sake nie.

    Niks, maar niks sal my oortuig dat enige iets van holocaust goed was nie. Sela.

  3. Zee

    Sjoe, RF, dit is hartseer! Ek kan nou nog nie glo dat so iets wel gebeur het nie. Ai, daardie kindertjies! Ek ys as ek net daaraan dink!

  4. Aangrypende stuk Rosalind.
    Ek dink darem nie Adrie het die holocaust probeer verdedig nie.

  5. Dankie Zee en Alleman.

    As ek onnodig hard op Adrie afgekom het dan is ek jammer, Adri,

    Soos ek haar verstaan het, het dink sy Mengele se eksperimente was van waarde. Ek kan nie dink dat dit enigsins eties en moreel regverdigbaar kan wees nie, selfs al het wetenskaplike die wonderlikste data uit dit gekom. Dit is steeds verkeerd.

    Ja baie mense het die Jode vervolg, maar Hitler s’n was sistematies, dit was staatsbelei. Ander volke is ook al vervolg, die Inkas is deur die Portugese uitgewis. So kan mens aangaan en aangaan.

  6. boendoe

    Daar is heelwat mense/instansies/groepe wat mens wil oortuig die Hoocaust het nooit gebeur nie. Ek dink hulle poep teen donderweer.
    Ek voel nes Zee. As mens jou eie kinders het, dan dink jy hoe dit voel om in ‘n posisie te wees waar jy hulle nie kan beskerm nie.
    Dis ‘n baie sobering inskrywing, Rosa.

  7. Rosalind

    Duidelik is dit ‘n onderwerp wat ‘n emosienele saak vir jou is. Ek is ongelukkig nie geseend met takt nie.

    Ek weet dat dit nie eties was nie. Ek se veral dat so iets nooit herhaal moet word nie. Tog het dit. As daar iets daaruit gebruik kan word vir die wereld se voordeel, dink ek ons moet dit gebruik. Ja, die koste daarvan was te hoog en moes nooit gebeur het nie.

    My comment van vroeer was bedoel om die Joodse vervolging van alle kante te benader, soos ek altyd ‘n saak uitpluis. Ek het geensins bedoel dat Christenne aangeval moet word nie, ek het net ‘n feit genoem waarvan min mense bewus was.

    Ek “hou” van Hitler, ten spyte van sy Joodse vervolgings en ander mallighede. Hou word losweg beskryf aan ‘n gebrek aan ‘n beter woord. Hy sal wel sy straf kry.

    My morele waardes het seker lankal opgegee as ek ooit eniges gehad het.

    Ten laastens, ek hou daarvan om te debateer. Ek bly gewoonlik by my standpunte en verdedig dit heel aggressief. Nie om ander te ontstel nie, eerder net omdat ek van die interaksie hou. Dit sal darem baie vervelig as almal altyd moet saam stem.

    Nawoord. Ek probeer altyd alles die goeie in elke saak te soek. Waar dit die Holocaust aangaan moet daar ook iets goed wees, ek het dit nog nie gekry nie. Dalk die lesse wat die wereld daaruit geleer het?

  8. Adrie,

    Ek lees en “hoor” dus wat jy sê.

    Ek is inderdaad emosioneel oor die aangeleetheid omdat ek die voorreg gehad het om baie tyd met L. te spandeer. Ek het seker nie eens 1% hier geskryf wat sy en ander mense deurgemaak het nie, sy was in Auschwitz-Birkenau, Ravensbrück en Malhof.

    Sy was 17 toe sy gevange geneem is en 21 toe sy uitgekom het. Vir 3 jaar nadat sy uitgekom het, was sy aangewese op die Rooi Kruis. Sy het in SA aangekom met net ‘n tas vol tweede handse klere en 10 pond in 1949.

    Ek weet nie wat die wereld geleer het nie want ons haat mekaar nog steeds. En toe gebeur dieselfde ding in Rwanda.

    Ek is baie bewus van wat die Christene gedoen het en van baie ander dinge wat in die naam van geloof gedoen is en steeds gedoen word. Dis is ook verkeerd.

    Ek hou ook van debatvoering en deel daarvan is om te verskil. Ek respekteer almal se opinie.

    Ek verskil op die punt dat ek niks goed in die holocaust kan sien nie en ook niks goed in Hitler nie. Dit is weer hoe ek voel.

    En, hier is my rede hoekom en nie eens ‘n klein bietjie van Hitler hou nie.

    http://history1900s.about.com/library/holocaust/blpictures.htm

  9. L se storie is hartverskeurend, maar ook interessant.

    😉 Hulle se ‘n mens kan tot iets goeds van die duiwel se, hy is beslis nie lui.

    Ek sal later jou link ondersoek. Ek sal op een of ander stadium ‘n blog post van hoekom ek van Hitler “hou”.

  10. Fasineer is dalk ‘n beter woord as hou. Hitler fasineer my.

  11. Die bedoeling van my verhaal wat ek hier vertel het, was eintlik glad nie om iets te sê oor Hitler of die Duitsers nie…

    ….maar om ietsie kleins oor L. te deel, omdat sy in my gedagtes opgekom het, soos sy maar baie doen.

  12. Mmmm… En ek dag die heeltyd Rosalindfranklin is maar ‘n bedeesde entjie mens… En toe spoeg sy vuur om my verkeerd te bewys! Respek! 😉

  13. Kaalvoetkind

    Ek het die foto’s in die Holocaust museum in Jerusalem gesien en dit was VERSKRIKLIK wreed wat die Duitsers aan die Jode gedoen het!!

  14. Rooskind,
    jy is bevoorreg om tyd met so mens te kon deel.

    Oor al die anti-semitiese strooi…. Ja wel. Die wereld is ‘n armer plek vandag.

  15. Soldaat 😉

    Kaalvoetkind, die museums regoor die wereld is aangrypend. dankie vir jou inloer hier.

    Jasper (oorleef jy darem nog die koue?) Inderdaad is ons armer.

  16. Ek is dank vader weg uit die koue… Op die oomblik in Aktau aan die suid ooste kant van die kaspiese see.

    Is nou op pad Azerbaijan toe vir die laaste deel van hierdie trippie. (Het vandag op die nuus gesien die manne skiet op mekaar in Azerbaijan…. Ek hoop maar alles sal ok wees.)

  17. Ag hoe tjank ek nou oor daai kinder kiekies. Shoe, nee, nooit kon daar enige iets goeds van so ‘n sadistiese en diabolical gebeurtenis in die geskiedenis van die wereld af gekom het nie. Niks.

  18. Geen mens wat weet wat in daardie kampe gebeur het, kan ‘hou’ van Hitler nie. Dis net so goed jy is gefassineer deur die duiwel.

    Rooskind, dis ‘n baie mooi ode aan L.

  19. Eish….

    Gee my sommer so ‘n anderster kol op my maag!!!

    Ek kan en wil my nie eers probeer indink wat daar als gebeur het nie…..

  20. As die holocaust nie gebeur het nie, seker so ook die maanlandings en die aarde is plat! Ek weet nie hoe enigiemand so iets eens effens kan wegpraat of goedpraat nie.

  21. Jasper: Moet nou nie loop gevaar soek nie, asseblief. Kyk na jouself.

    Roer: Ek stem die fotos is kragtig en niks goed het daaruit gekom nie. As jy ooit die kans kry besoek een van die museums, of dalk was jy al in een?

    Sonkind: Dankie. Ek dink ons weet dalk baie dinge wat gebeur het nie…

    Platter: Ek het my al soveel keer probeer indink hoe moet dit wees as jy dit oorleef het en jou lewe is so van jou gesteel? Want al het jy oorleef is niks ooit weer dieselfde nie.

    Mykop: Ek verstaan ook nie die goedpraat en/of wegpraat nie. Ek wens ek het geweet waar dit vandaan kom.

    Dankie vir julle almal se lees van L. se storie

  22. Sammi

    Natuurlik het dit plaasgevind! Dit was allerverskrikliks.

  23. Hi Rosalind… ek is gek na die geskiedenis waaroor jy hier skryf… ek het Anne Frank gekry toe ek 11 was…het al daarna 3 weergawes vir my gekoop…my derde hier in London vir my dogter en sy het dit net so geniet…jy het my so pas herinner aan ‘n boek wat ek nou hier voor my het..sal hom bietjie blog..(ek moet hom nog lees!! So baie wat ek wil lees)… “The Underground Reporters” deur Kathy Kacer…
    agterop die “blurb” se hulle … “But a handful of young Jewish people refused to be silenced and defeated by the Nazis. They founded a secret newspaper that was to become an inspiration to the Jews of Budejovice, uniting them and giving them something to fight for and be proud of. These young people were the Underground Reporters and this is their story.”
    Daar is heelwat sketse en werklike foto’s in die boek ook.

  24. Nikita, daar is vele sulke wonderlike verhale, maar van die ondergrondse joernaliste het ek nog nie gehoor nie, dankie dat jy ons hiervan vertel. Daar is wonderlike verhale ook van die Franse ondergrondse beweging “die resistance” dat jode help uitsmokkel het.

    Anne se verhaal is vir my so tragies omdat hulle so amper die oorlog oorleef het.

    Daar is ook verhale van joodse kinders wat weggesteek is deur nie-jode en so oorleef het, maar hul ouers is dood.

  25. Dankie vir die verwysing – jy mag enige tyd by my advertensie maak! Ek was ook in die museum – en het aangevoel waaroor jy hier skryf. Ten spyte van “dit mag nooit weer gebeur nie” herhaal dit hartseer nog: Rwanda, Bosnia, ens. Ons mag nooit weer toelaat dat so iets om so ‘n groot skaal gebeur nie – waar trek die samelewing vandag die streep?

  26. This just underlines man’s inhumanity towards man.

  27. Emil: Dankie jy mag gerus ook hier links plaas, jy is meer as welkom. Inderdaad herhaal ons dit, sommer op klein skaal 1:1. In “grappies” en sommer in stereotipes, in situasies waar ons net nie WIl hoor nie. Of sommer net idiote wat die menseslagting wil ontken. Dit maar my moer suur.

    Blixer: Die mens is meer inhuman as humane. En dan is ons so verwaand om te se “diere is dom”.

  28. Anoniem

    HAHAHA!!! Ek dink nie een van jul is snaaks nie…

  29. Anoniem

    Ok, ek grap jul is history

  30. Beste Anonymous ek weet nie wat jou punt is nie, en ook nie wat jy probeer se nie, maar niemand maak grappies hieroor nie.

  31. Mefri

    ((((((Rooskindjie))))))

    Ek glo nie enige iemand sal ooit besef hoe skrikwekkend die gebeure daar was nie, my brein weier om die verskrikking in te laat. Dis net te erg.

  32. Susan

    Hey almal ek eht ‘n taak oor die joodse menseslagting en benodig datums. Kan iemand my help!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  33. Susan, watter datums benodig jy?

    27 Januarie 1945 is een van die belangrikste datums oor die menseslagting, dit is die dag waarop Auschwitz deur die Russe bevry is. Dit is voor einde einde van WW II gewees.

    Volledige info oor die gebeure is verkrygbaar by:

    http://www.yadvashem.org

  1. 1 Anne Frank « Chessalee

    […] was today inspired by Rosalind by her post about the Concentration camps during the British/Boer-War in the late 1800’s-early […]

  2. 2 Worth visiting « Chessalee

    […] inspired me to blog about Anne Frank and the South African concentration camps…… click HERE to read her post…. in Afrikaans… unfortunately, no pictures for English […]

  3. 3 Wat het Wordpress getref? « Dorings en soms Rose

    […] die meeste comments wat ons op ‘n blog gehad het.  My eerste ernstige meningsverskil was met Rosalind Franklin gewees.  Vandag se post is die 368ste een wat verskyn.  Ons het al 175 000 trefslae gehad en 50 […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: