Hoe sê ek totsiens?

Ek het al meer as ‘n week gelede die nuus gehoor. Ek kon nog nie eintlik daaroor praat nie, want as ek daaraan dink word ek só kwaad in my hart ek wil intens aggressief word.

My suster het in 1994 laas vir my gesê: “Sit, ek moet vir jou iets sê.” Sy is ‘n ernstige mens wat nie van drama’s hou nie. Ek is die sentimentele, emosionele een.  In 1994 het sy vir my skoknuus gegee wat toe ons almal se lewe verander het – maar toe was dit nie haar skuld nie, iemand anders was onbesonne.

Verlede Donderdag sê sy in my ma se huis, waar ons besig is om op te pak, omdat sy na ‘n aftree-oord trek, dat sy, haar man en 2 kinders na Australië gaan emigreer. “Oor dit nie veilig hier is nie”.

My ma gaan dit nie oorleef nie, haar 2 kleinkinders (die enigste wat sy sal hê) is haar HELE lewe.

Sy is honderde kilometers van my af (my ma) en wil nie na my trek nie, want al haar vriende is by haar, asook my suster-hulle. Sy is gelukkig daar.  Dit is nou so gemors.

My ma huil nog die hele tyd. Sy word ouer, nie jonger nie.

Ek is woedend. Ek is briesend vir my suster-hulle. Ek wil haar en haar man ruk en slaan.  Sy ouers is dood, so dit is maklik vir hom. Ek wil sê: Wat doen julle aan ons. Ek weet dit is selfsugtig en ek gee nie ‘n  om nie.

Omdat hulle my ma hier los. Sy is oud en fragile. Sy is nie meer so gesond nie. Ek is ver en kan nie gou gaan help nie.

Omdat hulle my hier los.

Omdat ek nou minder veilig voel sonder my ousus. Ek is so kwaad vir haar. Dis seker hartseer-kwaad. Soos wanneer jy hoor jy is baie siek.

Ek gaan nie totsiens sê nie. Ek kan nie, nie soos ek nou voel nie. Dit voel of my hart ruk as ek net daaraan dink.

Advertisements

  1. Sjoe, jammer om te hoor! Maar kan jy hulle kwalik neem. Al meer mense vat daai paadjie want dit IS nie meer veilig in SA nie en die situasie raak al erger. Maar ek kan ook jou ma se hartseer verstaan. Dis ‘n moeilke een daai. Sterkte.

  2. Dankie Knersis. Jy weet as my ma nie meer geleef het nie, sou ek dalk anders gevoel het, ek weet ook nie.

  3. KruidjieRoerMyNie

    Ek sit in dieselfde situasie. My ma bly by ons (in ‘n ouma-woonstelletjie). Ek kyk al 8 jaar na haar en daar is niemand anders wat na haar sal kyk nie. So ver ek weet kan jy jou ouers laat oor kom as jy al 5 jaar in die land bly. Ek weet nie, moet nog al die goed uit vind en dan die baie moeilike besluit neem, maar ek dink ons gaan maak soos jou suster. Die feit is, baie dinge moet opgeweeg word en ongelukkig is die redes om te gaan meer as die redes om te bly. Sterkte. Dit kan nie maklik wees nie. Vir geen van die partye nie.

  4. Ja, die wat nie-jan-tuisblyers is nie kan nogal die ou mense half uitmekaarskeur. Ek weet ook.

  5. Dis regtig hartseer. Ek het ook al sulke skokke gehad. Maar ek gun dit vir elkeen vir wie dit moontlik en wenslik is. Die werklike hartseer is dat die regering nie besef (of wil besef?) hoe swak bestuur (spesifiek itv misdaad) die land van kundigheid roof nie.

  6. Ek hou nie van “totsiens sê” nie. Daarom seker dat ek dit nie doen nie.

    Wat op die oomblik in Suid-Afrika gebeur is hartseer, want iewers neem die generasies afskeid van mekaar. Ek kan nie help om te dink dat sou jou suster-hulle bly wat is die waarskynlikheid dat hulle eendag vir hulle kinders sal moet totsiens sê as die kinders besluit om te gaan.

  7. Dit kon nie vir jou sus maklik gewees het nie, dink dit was een van die moeilikste besluite wat hulle nog moes neem. Ek is jammer vir julle almal. Om ‘n geliefde te groet is altyd seer. Sterkte!

  8. Ek weet net dat ek nie sal kan gaan en my ma hier los nie. Ek kan dit eenvoudig nie doen nie, dit sal haar laat wegkwyn. As mens oud word, word jy siek en meer alleen. Ek sal net so iets oorweeg as sy die dag nie meer daar is nie. Nou gaan niks meer dieselfde wees nie.
    Dankie vir almal se moed-inpraat, ek waardeer dit.

  9. boendoe

    Sjoe, dis ‘n tameletjie. Ek sou ook nooit my ma kon los nie. Ek sien haar min, maar steeds meer as my broers wat permanent in SA is. Sterkte. So groet dink ek nie is maklik nie. Gelukkig word die wereld al kleiner mbv tegnologie. Mens kan redelik goed in kontak bly – nie dat dit ooit kan opmaak vir ‘n lekker druk van ‘n geliefde nie.

  10. Zee

    Rosalin, my mams sit met dieselfde probleem. ‘n Dogter in Angola, ‘n seun in Moz. Sy sien hulle maar bitter min en dit vreet aan haar. Maar die lewe gaan aan vir elke persoon en as dit die beste is vir daardie spesifieke persoon kan ons hulle nie terug hou nie. Dit gaan baie hartseer wees vir julle wat agterbly. Sterkte!

  11. Ek kan seker nie my suster se lewe vir haar leef nie. Dit voel soos ‘n mini-dood. dankie zee.

  12. Dit IS ‘n moeilike situasie. Ek moet erken dat ons ook al hoe meer daaraan dink om SA vaarwel toe te roep. My ma is baie jare terug oorlede, en met my pa het ek nog nooit ‘n verhouding gehad nie. My boeties en sussies is wyd verspreid oor die land, en ons sien mekaar bitter min. Ons is nie ‘n vreeslike hegte familie nie.

    Maar ek kan die seer voel by jou, en ek verstaan dat dit vir jou bitter moeilik moet wees. Maar dis net so moeilik vir jou sussie? Sterkte vir julle almal!

  13. Ek weet nie eintlik wat om vir jou te se nie. Lyk my ek en jy en jou ma is al wat gaan oorbly in SA soos die mense weggaan.

    Ek het nie raad om dit beter te maak nie, nie ‘n pil om dit weg te vat nie. Kan net se ek het gelees, en ek verstaan jou seer en frustrasie en ek dink aan jou.

  14. Eish…. ek voel ek kan saam met jou hulle rondruk….

    Jou arme arme ma…

    (((r)))

  15. Jeez dankie Platter….bly jy voel ook so.
    Ek, jy, my ma en Skoor sal maar moet skree vir die Bokke want die res hol weg. Dink net, die hele pawiljoen vir onsself. (hulle moet net nie vir my sê hulle is steeds Bok-fêns nie…dis snot)
    Is nie die eerste keer die die Afrikaners so gef…n trek het nie. In 1838 het hulle ook weggehol en EEN GROOT NIKS het verander nie. Hulle is net dood, en nou gaan ons kultureel-taalgewys sterf.

    Aarde, ek het lanklaas so gevloek. Miskien moet ek ‘n kontaksport begin speel.

  16. Eina
    Delikate storie, maar ek kan jou vertel dat my broers se emmigrasie my ma se dood aangebring het.

    Hulle het ook eers kom sê toe alles klaar gereël en hulle op pad was. My ma het altyd gesê dat haar kinders lewend gesterf het, want sy kan hulle nie meer sien nie.

    Harteloos is wat hulle is – sonder bedoel, maak hulle ‘n ma se hart in duisend stukke breek.

    Karl

  17. Karl,
    Ek stem saam met jou ek het dit aan my suster gese en sy meen haar kinders is haar eerste verantwoordelikheid. Dit is seker so, maar geen land op aarde is sonder wys probleme en misdaad nie. Mens sal nerens veilig wees nie. Boonop beklee hulle top-posisies hier sal hulle basies daar moet oor begin en omtrent 4 trappies terugtree.
    Is dit finansieel wys teenoor jou kinders?
    Elke liewe ding in die land is nie misdaad se skuld nie.
    Volgens die Instituut van Sekerheidstudies is die meeste mense wat onder misdaad gebuk gaan swart mense, natuurlik. Wat propersioneel sal so wees.
    Sommige wit mense se angst maak my siek. Net soos hulle in 1994 kos opgegaar het.

  18. Dit is hartseer, ja! Ons het vriende van SA hier gehad.. hulle is nog positief, maar soveel mense wie hulle ken is oppad… of wil begin planne maak…

  19. Eerste keer dat ek jou blog lees, ek hou daarvan. Hierdie was dan ook die eerste post wat ek gelees het. Rosalind, doen my ‘n guns en gaan lees my blog. Jy sal sommer sien watter posts om te lees – veral die laaste 10 of so. Lees ook die een getitel, “ek wil iets se en ek gaan iets se…”. Moenie kwaad wees nie. Ek was al in jou posisie en ons is op die oomblik in jou suster se posisie. Die grootste struikelblok vir ons om NIE hierdie land te los nie is ons ouers. My pa het ‘n ruk terug vir my gese: “my kind, as julle moet gaan dan moet julle gaan. Ek verstaan hoe julle voel…” En jy moet weet ons is ‘n CLOSE familie. Maar he empatie vir haar. GEEN SAer (wat nog nie direk deur geweld geraak is nie) verlaat hierdie land met ‘n geruste hart nie. Nie een van ons wil werklik gaan nie. Onthou dit. En almal wat gaan het kinders. Dit gaan oor die kinders. Want ek wil NOOIT eendag in jou ma se posisie wees nie…as ons hier bly gaan ons kinders ons ook eendag verlaat.

    En sterkte, dit raak beter. Hulle is nou al 3 jaar oorsee en ek praat elke dag met hulle oor skype 🙂

  20. Rene, dankie ek waardeer jy inset en woorde. Ek het al baie op jou blog gelees en sal weer ‘n draai gaan maak.

  21. Esme Theron

    Liewe vriendin . ek en my sussies sit min of meer in dieselfde posisie . my baba sus nou 56 jr verhuis Kaap toe . Ons het gehuil geskop geslaan . Niks het verander nie. Al wat ons kan doen . is om dit vir haar makliker te maak . En vry te spreek , Ons seënwense op haar af te bid . ” Iemand het eendag gesê ” As jy iemand lief het laat haar gaan . as dit die wil van Vader is sal sy eendag terugkom . Laat los en laat gaan . Sy het jou ondersteuning nodig . Sterkte.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: