Die ongeluk wat ‘n baba gekry het

Salig ry ek in my motor wat net 10 000 km op het – in ‘n nou eenrigtingstraat. Natuurlik ry ek in die regte rigting van die simpel eenrigtingstraat.

En skielik op die hoek waar ek by die stopstraat stop, verskyn ‘n ou Uno. Hy pyl reguit op my af. Ek blaas my toeter verwoed. En swaai my hande.

Maar die Uno kom! Hy kom vir my en my betreklik nuwe motor. Doef! Binne in my vas.

Die man het ‘n wilde, vreemde kyk in sy oë. Ag nee! Hy sit sy motor in tru-rat en probeer iets doen. Ek weet nie wat nie. En sowaar hier pyl hy wéér op my af! Wat gaan aan?

Ek lê op die toeter. Doef. Doef. Ry hy twee keer weer in my vas. Wat die m**r is met die man verkeerd.

Weer gaan die Uno in tru-rat. O nee, hier kom hy weer vir my, maar die keer mis hy my rakelings en jaag op in die eenrigtingstraat. Hy mis my net. Ek sien hom nooit weer nie. Hy jaag net weg. Ek kan dit nie glo nie.

Die details van die pynlike ervaring met die polisie en my gesmeek om die saak te laat ondersoek en nie net bloot ‘n ongeluksverslag in te vul nie, sal ek julle spaar.

Vandag eers ses weke later kan my motor herstel word. Duisende rande se skade. Ek moet die bybetaling doen. Want Uno-man is wel uiteindelik deur die polisie opgespoor, maar hy is ‘n dwelmverslaafde wat in sy Uno bly. Hy is al voorheen gevang vir ander klein misdade en sy ma het hom maar elke keer uit die tronk kom “bail”. Ek dink nie ek sal ooit ‘n sent sien nie.

(Hy is al 38 jaar oud, sê die polisie)

En toe ek by die motorhuis uitry oppad na die paneelklopper, stamp ek my kar teen die pilaar!

Ek staar in ongeloof na die verf en frommel aan die ander kant van my motor. Die ongeluk het ‘n baba gekry. Dit is totaal en al onverteerbaar vir my…

My suster sê: Jy moet die humor daarin sien, die dag wat jy jou motor neem om ge-panelbeat te word stamp jy hom. Dit gaan nog ‘n rukkie wees voor ek lag.

Advertisements

  1. Lag? Huil kom eerder by my op… Nee, maar nou help ek nie. Shame man. Sterkte!

  2. Rosie ek weet ook eers nie of ek moet lag of huil toe daardie man ‘n derde keer op jou afpeil nie. Maar mens se kar is mos nooit weer dieselfde nie.

  3. Sussa, ek is sooo die bliksem in en dis nie eers my kar nie. Daar is niks om oor te lag nie en daar sal nooit wees nie.

  4. Nog iets as jy ‘n man is: jy kan soos ‘n sot in ‘n vrou se kar vasjaag, meer dan een maal, en net wegjaag…

    Jou storie is ernstig snaaks geskryf. Ek het nou gelag. Maar nie vir jou skade nie.

  5. Ons sit met die situasie dat iemand anders per ongeluk my vrou se kar gestamp het, nie erg nie, maar omtrent R3000. Hulle het onderneem om te eis teen hulle versekering, wat nou beteken ons sukkel met hulle versekering terwyl daar niks aangaan nie. Ek prosedeer!

  6. Ek was eers bietjie in ‘n dwaal met jou opskrif. Ek wonder hoeveel “ongelukke” daar in Suid-Afrika rondloop wat wel babas kry?

  7. Skuus, ek kon ook nie help om te lag nie. 😆 Dis asof ek kon voel hoe veslae jy is oor die hele ding… Sterkte, hoor!

  8. Shoe… nou wat het die vent nou eintlik besiel om so in jou vas te ry..? 😕

  9. Dankie julle vir die simpatie, julle is die beste om te luister na my troubles!
    Volgens die polisie is die man ‘n dwelmverslaafde, sou hy was natuurlik op ‘n trip toe hy in my vasgejaag het, herhaaldelik. Kon nie die kar so lekker beheer nie…

    My kar voel nou vir my nie meer lekker nie…ek dink ek gaan ‘n nuwe een kry nadat alles reggemaak is.

    Ek weet diep in my hart dat die ironie van alles, eintlik seker snaaks is, oor ‘n paar jaar sal ek lag. Die absolute ongelooflikheid daarvan. Die Oscar-toekenning van alle Murphy’s law.

    Ek ek praat nie een van die struggle met die versekering nie…julle wil nie daarvan weet nie. Daar is nie hare op my kop oor nie en ek het nie eers soos Sus-hulle ge-shave nie.

  10. Eish………. Maar, mens MOET lag vir sulke dinge!! HEHE!

    Sowwy……

  11. Zee

    Rosa, Dis baie jammer van jou kar, eers toe ek dit lees dog ek dat die mense in die uno oppad hospitaal toe jaag om ‘n baba te gaaan kry 😆

    Maar soos ek aangelees het begin ek verstaan, ek glo nie dat daardie man op ‘n “high” was nie, maar eerder oppad om sy volgende fix te gaan soek. Hulle raak beserk as hulle ontrek en nie eintlik as hulle wel ‘n fix in het nie. Ouers word wel verantwoordelik gehou vir hulle kinders se dade maar soos ek hier lees glo ek dat daardie ouers nie eers meer geld vir hulle self oorhet nie.

    Sterke voorentoe!

  12. Zee! Jy crack my op! Nooit so daaraan gedink nie, oor die baba kry!

    As dit maar nog dit was. Dalk het hy nog ‘n fix gesoek. Sy oë was wild. Die polisie se vir my hy is al 38 jaar oud! Ek moet later hof toe gaan, maar hy sal seker nie weer opdaag nadat hy uitgebail is nie…Hy was al een keer in die hof vir my saak.

    Maar Rosalind Franklin soek haar R1000 bybetaling…Ek soek my moolah seer.

  13. Jy moes jou kar in first inkap, en hom in sy VUC YOU ingejaag het. Hallo Wille Roos. Koebaai Frankie.

  14. Vokkie. As ek ‘n butch bakkie met sulke goeters vooraan gehad het…dan was daai Uno vandag ‘n visblik…
    Maar ek het nou nie een van daai nommers nie, jy sien.

  15. En so wag ek vir die oomblik dat jy gaan vertel jy het iewers êrens besluit: what dehell… en daai Uno in sy youknow in terug gestamp?! Jy het NIE? Maar dan, aan die anderkant – miskien het die ou minute voordat hy in jou begin vasjaag het, die res van die sin besef oor wat hy gekoop het en ry… jy weet: Uno..Oee, nou’t jy k@k gekoop…

  16. Xanika

    Dit moes aaklig gewees het met die ou wat op jou afjaag. Jy laat my dink aan my ma se een broer – as iets met sy kar gebeur, maak nie saak wat of hoe lank hy die kar het nie, dan soek hy ‘n ander een!

  17. Pippa…nee ek kan ‘n inskrywing in Wikipedia word vir: “totaal verslae/ongeloof”. So ‘n kiekie van my waar ek oopmond in my kar sit en staar na die wilde man in sy Uno wat wegjaag.
    Ek het aan niks gedink behalwe: Ek kan *&^%$# nie glo wat nou net gebeur het nie. Om hom terug te stamp het nie by my opgekom nie. Die fantasie oor revenge het later begin.
    Xanika….ek wag net vir die kar om reg te kom dan gaan hy ‘n nuwe baas kry.

  18. Ek sit eendag in ‘n verkeersknoop, en in my truspiegel sien ek hoe ‘n mannetjie in ‘n beetle aangejaag kom, en met sy radio vroetel, en NIE SIEN HY GAAN MY TREF NIE!

    Dooie donir, dit was nogal aardig om dit te beleef. En toe, vier jaar later, begin my nek neuk van die whiplash. En nou moet ek gereeld gaan vir ‘n ruk en ‘n pluk en my sak skud vir daai irritasie.

    As ek dit toe geweet het, sou ek uitgeklim het en daai student ‘n snotklap gegee het, en vir sy pa ‘n moerse doktersrekening! Maar daai jare het ek nog beter maniere gehuisves dan nou!

  19. Skoor…ek het mos later die aand die man in ‘n drinkplek waar hy glo uithang (volgens ongeluk-ooggetuies) loop soek.
    Toe ek daar inkom sit die hele plek vol mans. Toe maak ek myselfs 1cm langer soos ek rek en ek sê hardop, met bak arms: “Ek soek ‘n ou wat ‘n rooi Uno ry”.
    Maar hulle kyk my net so aan asof ek met pienk vlerke uit die jimmel geval het.
    Nee, hulle weet niks. Ken nie eers iemand met ‘n rooi kar nie.
    Ek wonder wat ek sou gedoen het as hy daar was. LOL.

  20. Wille Rosa, as jy nou naby my was, kon ek saamgegaan het.

    Dan soek ons eers die rooi Uno, kry sy naam en adres deur die regte kanale, en stap dan die pub binne – elkeen met ‘n swart jas aan – en skreeu: hey, ons soek vir Piet Snot.

    En dan maak ons vir Piet Snot styf aan ‘n paal vas, en skouer hom keer op keer. Of nee, aan ‘n posbus. Netnou sidestep hy my skouer, en sien ek my jaspante.

    Hoes daai vir ‘n plan? Dit gaan nie jou kar regmaak nie, maar jy gaan beter voel!

  21. Dankie Skoor, dit laat my sommer klaar beter voel.

  22. Haai, Rosa, ek weet nie hoe ek hierdie ene misgelees het nie! 😉 Shame, vrou, dis erg! Ten minste het jy jou dag in court gehad… 😆

  1. 1 Hoe voel ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde? « Zee Se Scribbles

    […] hom maar elke keer uit die tronk kom “bail”. Ek dink nie ek sal ooit ‘n sent sien nie.” Rosalin Franklin het hierdie post op 19 Februarie geskryf en ek wil graag uit die “ma” se oogpunt iets […]

  2. 2 Kentucky tjou honêr « Rosalind Franklin

    […] die begin van die jaar het mnr. A mos in my vasgery (2 keer, ja-ja, 2 keer in een botsing). Die ongeluk wat ‘n baba gekry het  En die verhoor het uiteindelik aangebreek. Lekker lang dag wat voor my […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: