Om ‘n man te wees

Hoe voel dit om ‘n man te wees? Ek wonder baie keer daarvoor. Hoe voel dit régtig…

Ek is ‘n vrou en heeltemal tevrede met vrouwees. Maar ek het al gewens ek kon vir so twee weke ‘n man wees – soos in 100% man, sodat ek kan voel hoe dit is.

Ek was nog op laerskool toe ek gewonder het hoe voel dit om ‘n seun te wees, om rugby te speel soos ‘n seun. Dit het begin toe die seuns my nie wou toelaat om lid van hulle bende te wees nie.

Maak nie saak hoe die wêreld verander nie, ek glo daar is maniere hoe die samelewing mans en vroue verskillend behandel.

As ek ‘n man is, sal die motorwerktuigkundige, die loodgieter, die elektrisiën, die verwer, die bouer en al die ander vakmanne wat my sulke twak vertel en gemors aanvang met my eiendom dit steeds met my doen?

Sal vroue ongewensde seksuele opmerkings of innuendoes teenoor my maak, sommer in winkelsentrums of op straat? Of op plekke waar ek koffie drink?

Sal ek vreeslik aggressief raak as ek my vervies as iemand iets in ‘n drinkplek sê en vir eens en vir altyd in my lewe kan voel hoe dit voel om iemand anders hard met die vuis te moer? En daarna weet ek is fisies sterk genoeg om myself te verdedig?

As ek ‘n man is sal ek steeds bang wees ek word verkrag? Of is dit nie iets waaroor mans dink nie. As ek ‘n man is hoe sal ek voel oor ander mans wat verkrag? Hoe sal ek voel oor die vroulike slagoffers (want ek weet hoe ek hoe jeens hulle as vrou voel), of maak dit nie ‘n verskil nie?

Waaroor praat mans as hulle toilet toe gaan? Sal die geslagsorgane my soveel verander? 

Waarin lê die identifikasie van gender? In hoe jy lyk, hoe jy voel. Die fisiese, biologiese, genetiese, sielkundige en kulturele?

Sal ek mense anders behandel omdat hulle my anders behandel?

Hoe voel dit om nie ‘n vrou te wees nie…

Advertisements

  1. Ek het so pas my dogter probeer help met die koop van ‘n tweedehandse motor, en met ‘n paar dinge wat nie reg is nie het die handelaar my eenvoudig ore aangesit, so wees gerus, teen die werktuigkundige gaan dit jou niks help nie!

    Vrees vir verkragting is nie iets wat lewe in my gemoed nie, net as mens in ‘n tronksituasie sou beland, dan glo ek sal ‘n man aan dieselfde vrees onderworpe wees. Ek as man vind enige verkragting laag en gemeen.

  2. Ek is redelik gekant teen veralgemening. Nie alle werktuigkundiges is skelm nie, nie alle loodgieters bedonir jou nie, nie alle herstelplekke sit tweedehandse onderdele in jou yskas nie. En die wat dit aan jou doen, gaan skryf oor hulle op Hellopeter.com – sodat die res van die wereld die skelm gemors kan misloop.

    Ek het gister my lip gekrul toe ek op Gestorwe Soldaat se blog die brief lees wat ‘n sogenaamde Soldaat aan hom geskryf het, en hom vertel het watter onsin hy kwytraak, bla-bla-bla. Maar wat my die meeste gepla het was die vieslike aanmerking wat hy gemaak het oor GS se vrou (al is hy nie getroud nie). Hierdie stelling, waar hy basies vertel hoe hy die vrou verkrag het, en sy dit geniet het, het my so woedend geraak, want hierdie is ‘n geletterde persoon wat elektronika kan gebruik, maw hy is seker nie te dom nie.

    Maar deur sy uitlatings, verlaag hy homself tot die rubbish wat dink dit is maar okay om ‘n vrou plat te druk en jou manlikheid te bewys. Is dit hoe mans dink jy jou manlikheid bewys? Hoe gaan hy voel as hy vanaand tuiskom en SY vrou in SY huis vind, met iemand wat haar verkrag het?

    Gister was ek vies, vandag is ek sommer plein die bliksem in. Daai ding wat spore trap soos ‘n mens, moet daai woorde in my gesig kom herhaal. Ek het NIE vanoggend my pms pil gesluk nie.

    Dit is so Rosa, Frankie, Wille Rosa, hoe ons jou ook noem (moet netnie ‘n identiteitskrisis ontwikkel nie) – maar as manlikheid gaan oor wat agter die gulp sit, wil ek wragtag nooit ‘n man wees nie.

    Goeie vraag op my ‘gunsteling’ dag. Nou is my bloed warm.

  3. boendoe

    OEPS! Nou het Skoor skoon die wind uit my seile gevat! Ja nee, vandag is Donderdag, haar gunsteling dag, EN sy het pms! Dit moet lekker wees om ‘n man te wees!

  4. Die gedagte het nog nooit eers amper by my op gekom nie, nee wat ek dink nie ek wil ‘n man wees nie, ek is happy om vrou te wees (op my eie manier)! Geniet jou dag.

  5. maeree

    well said. ek dag aanvanklik eers – ek het nog nooit gewonder hoe dit voel om ‘n man te wees nie. maar ek het al oor heelwat van jou vrae gewonder. en hoe dit sal wees om nie in ‘n vergadering geïgnoreer te word nie. om nie gesê te word ek kan nie my werk doen nie, omdat ek ‘n vrou is. om nie by iemand bo wie ek bevorder is, te hoor dat hy maar volgende keer ‘n rok sal aantrek, dalk help dit nie. (ek wou voorstel dat hy homself kastreer, want dit sou steeds nie help nie.) om nie die hele tyd te moet luister na ander mense se seksistiese grappies nie. ens.

  6. Ja Boendoe, en vir ‘n vrou wat gewoonlik 7 dae se pms het, is hierdie agste dag net een te veel!

  7. Just-Tine

    Ek wonder nie hoe dit moet voel om ‘n man te wees nie, maar ek wens soms ek het ‘n man se vermoëns gehad. Ek wens ek kon; rigting hou, (my GPS is my beste vriend) ek wil soos ʼn man dink en redeneer, want sommige mans veronderstel jy behoort sekere dinge te kan v e r s t a a n net omdat hulle weet waaroor dit gaan en dan het ek nie ‘n ‘clue’ nie.

  8. Ek dink dis n baie goeie vraag… my ex man het n ruk terug aan my ontbloot dat hy voel binne hom soos n vrou, maar hoe weet mens… as mansynde hoe weet hy moontlik hoe dit voel om vrou te wees? want as vrou sal ek nooit weet (of wil weet)hoe dit moet voel om man te wees?? 😕

  9. Geen vrou by haar volle positiewe sal ooit ‘n man wil wees nie. En mens hoef nie ‘n man te wees om soos een te kan dink nie – dis in elk geval nie baie moeilik nie! 😆

    Dis net ‘n geval van watter brein jy gebruik. Links of regs. JAAA! Van wat se brein het julle gedink praat ek? 😈

  10. Ek dink ek verstaan wat jy sê sus. Ek het self al gereeld gewonder oor daardie vraag en hardop gesê dat ek net vir ‘n dag lank ‘n man wil wees.

    Net 1 dag lank, want ek verstaan glad nie hoe hulle verstand werk nie.

    Ek kyk na die mans in my lewe en sien raak hoe ‘n gemaklike lewe hulle by die huis het. Geen worries oor skottelgoed, wasgoed, wat om te maak vir aandete en sulke goed nie.

    Ek sien hoe hulle klein seuntjies word sodra hulle ‘n snotneus kry, maar vroutjie moet net aanhou, al is haar wange bloedrooi van griepkoors.

    Saans na werk vra dit vir koeldrank en mamma wat ook heeldag gewerk het, staan maar op en gaan haal dit. En dra die glase kombuis toe voor slaaptyd.

    Ek sien hoe hulle beloftes maak om iets te doen of te herstel of net die vuilgoed uit te vat, terwyl mamma tot laataand sit om broeke te stop en knope aan te werk of weer van daai lekker beskuit staan en bak.

    Ek het aan my eie gat gevoel hoe seuns oorgesien word vir dieselfde goed waarvoor dogters gestraf word.

    En as daar een ding is wat jy nie moet sê, vir my of vir Pips, nie, is dit “want jy is ‘n meisiekind”. Dis waar die moermeter se naald afbreek.

    My ander doodsteek is, “ag jy weet hoe mans is”. Fok dit.

    Wil ek ‘n man wees? Beslis nie. Ek wonder ook met tye hoe dit moet wees en wat hulle dink.

  11. Goeie vrae. Ek het ook al baie gewonder. Ek (soos Maeree) wonder hoe dit sal voel om nie in ‘n vergadering geïgnoreer te word nie. Sal daarvan hou as my “gesig” nie op borshoogte sit nie en ek wonder of ek anders sal optree as ek ‘n man was. Ek wil glad nie ‘n man wees nie, maar dit beteken nie ek wonder nie daaroor nie.

  12. mmmm, ek wil ook net voel hoe dit voel om te voel jy is perfek… maar nie te besef jy’s eintlik n poepol nie! Eish!

    🙂

  13. ding

    Aaaag Sustertjiestout, ding sal vertel wat ding dink, maar waaroor? Ding wonder ook hoekom vroue party vrae so kan uitrek en in soveel detail vra dat ding al by die tweede woord opgehou luister het, en dan is ander vrae so vaag dat enige antwoord verkeerd gaan wees – soos: wat dink mans? Waaroor? Wanneer?

    Netjane
    Daai van gesig wat op borshoogte sit, sal jy HELEMAL verstaan as jy ‘n man is. Ding wonder nie vreeslik daaroor nie, maar dat daar ‘n magnetiese band is tussen oë en borshoogte, is net so – een van die feite van die natuur, soos nag wat nadergetrek word met ‘n son wat ondergaan.

    EPlaaaatmettiestrepie
    En poepolle is nie perfek nie?!
    Eish….

    RoosKind – logika. Logika is die groot verskil.

    Halt!!!
    NET voordat die eerste eier / tamatie / steen jou hand verlaat: ding grap net!

  14. He, he,
    Ja-nee kyk, Ding het dit mooi opgesom. Daar is iewers in die blogosfeer ‘n komiese possie oor die voor en nadele van man wees, kan netti onthou waar dit was nie.
    Ek dink tog dit is lekkerder om man te wees as vrou (as mens nou net aan die ooglopende dink) maar hoe sou ons tog kon bestaan sonder onse wyfies.
    Ek weet, gee die Slang die skuld!
    Was dit nie vir hom nie was ons almal ewe happy?
    Okei stop nou ….. ek grap ook maar net!

    So van borshoogte-magnetisme gepraat,
    Wie het die bikini ontdek?
    ‘n Italianer met die naam : Canetti Di Pussini
    He,he, heerlike week alaml!

  15. Dankie vir almal se kommentaar is lekker om te lees wat julle dink. Jammer ek antwoord nou eers ek was ‘n paar dae weg gewees.
    Moenie worry nie Skoor, ek het nie ‘n identiteitskrisis nie, dis lekker om ‘n vrou te wees ek wonder maar net… en ek het gewonder of ander mense ook wonder.
    Ding….jy maak my mal!

  16. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek wil nie ‘n man wees nie, ek wonder net hoe dit voel om een te wees. Ek is happy om ‘n vrou te wees.
    Ek dink wel sommige mense behandel mans en vroue anders, en dit is daar waar dir crux le. Dit sal in sommige opsigte makliker wees om ‘n man te wees.
    Soos wat Stoutsus se: Niemand se seker vir ‘n man “seunskind” nie, maar ‘n vrou wat al in haar dertigs is, word gereeld, “poplap” of “juffertjie” of “meisiekind” genoem. Daar is net verskille.
    So, sal iemand oor die foon vir my seunskind sê, ek wonder.

  17. ding

    RoosKind, ogaaats,wag … ‘skies, man, ding bedoel:
    ou Beesblaas (ding noem gereeld ding se vrinne sommerso, en natuurlik die HP ook), jy vra nou soo oor seunskind oor die foon sê – ding wou maar net versigtig waag om jou te adviseer dat, sou jy soooo (seunskind) aangespreek word, kan jy maar weet dis Jurie Els wat jou bel 😉

  18. oom jurie wat nou land-uit vlug? voor die cops hom vastrek, daai oom?




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: