Irritasies

Die ou,    vokof het gevra wat is die dinge wat my af-p…

 Toe skryf ek dit daar by sy blog, maar hy sien dit nie raak nie, want sien dit is ‘n gewilde blog en toe bly hy my vra waar dit is, toe herhaal ek dit maar hier.

1)Mense wat my alewig bel en allerhande tipes insurance aan my wil verkoop
2)Baba’s/kleuters wat skreeu en die ma wat maak of sy dit nie hoor nie
3)Mans wat alewig aan hulle knaters vat in die openbaar (groot gril)  (o ja en ek het vergeet van harige boude wat by broeke uitsteek)
4)Waiters wat my ‘n flêt ignore kap
5)Mense wat op my gat ry en dan vir my ligte flits
6)Mense wat net onnosel is en my dan baie geld kos
7)Mense wat nie verantwoordelikheid vir hulle slegte dade wil vat nie
8)Mense wat dronk bestuur
9)Mense wat met griep kom werk en my dan aansteek
10) Mense wat bo-op my staan, sit ect. Personal space please

Advertisements

  1. 😆 Nogal baie goed wat dieselfde is op almal se lysies! Miskien moet ek ophou om almal s’n te lees tot ek my 10 eers bymekaar het!

  2. Dankie ou girl – ek is maar in slow gear hierdie week, sal weer spoed optel sodra dinge begin beweeg.

    Ek is uit jou personal space vir nou, goedgaan!

  3. Hou van die knaters ene, dis so flippen waar. Ek karring nie heeldag aan my bra nie…

  4. Ja presies, ek verstaan daai knaters ene soos in glad nie. Ek meen dis asof sommige mans dink ons kan nie sien wat hulle doen nie?? Dis so… in my face!!!! Urgh!

    Vokof ek is net gepla oor fisiese personal space, nie ‘n virtual ene nie.

  5. baie van ons se lysies lyk maar min of meer dieselfde

  6. Erm. Oor punt nommer 3):
    Ek kan amper nie glo jy het skakels na Evolusie – webbladsye, maar verdoem terselfderdtyd aap-agtige gedrag in mans nie!
    En het jy al daaraan gedink dat hierdie mans dit eers doen nadat hulle hulle lank (soos in 10 minute) ‘n innerlikke stryd tussen vreeslike ongerief en manierlikheid gevoer het, en dat manierlikheid op die ou end moes swig?

  7. Die Gestorwe Soldaat

    Die knaters een is maklik. As jy ooit browns gedra het, sal jy verstaan. Jou tackle wil net nie lê kry nie. Jy moet die heeltyd adjust. Gooi daarby nog ‘n Santa Maria onderbroek, en jy vroetel heeldag. En op ‘n punt raak dit gewoonte. En jy adjust later met enige broek. En selfs wanneer jy nie ‘n broek aanhet nie. It’s a man thing… 😉

  8. Soldaat, ek wou nog altyd verstaan. Dankie!

  9. “jou tackle”…bwahaha!

  10. knersis

    Soldaat, ek weet waarvan jy praat. Die ou wat daai browns ontwerp het verdien ‘n vrot tamatie teen die oor, elke dag.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: