Die Aliens se reis

 Ek wil vir elke van die 6 miljard sterflinge op Aarde sou sê: Ek het vir jou ‘n geskenk: Want eintlik voel ek, Rosalind Franklin helse beknop hier.Daar is vir elke een van julle op Aarde 3 triljoen sonnestelsels. Vat dit.

Nie sterre nie. Nie sterrestelsels nie. Hele sonnestelsels – drie triljoen vir elke mens op Aarde.

Ons sonnestelsel  is net een sonnestel. En die Melkweg sommer ‘n piepklein plekkie.  Dus, die Heelal is baie groot. Dit is ook hoekom die Aliens nog nooit vir ons kom kuier het nie en ook nie sal nie (al bestaan hulle nie).

Die Heelal is 13,7 miljard jaar oud  en is besig om teen ‘n versnelling uit te dy.

“Ons leef in ’n vreemde en wonderlike heelal. Sy ouderdom, grootte, geweld en prag vereis buitengewone verbeelding om te waardeer,” skryf prof. Stephen Hawking in die fantastiese boek A Briefer History of Time. (die makliker weergawe van die boek Brief History of Time)

Een van die verstommendste aspekte is hoe groot die Heelal wérklik is (en dan moet mens ook onthou hy is besig om in ’n versnellende tempo uit te dy).Ek reis teen 100000km/h  en só verloop die reis.
Maan (3,83 uur), Mars (1,09 maande), Saturnus (1,46 jaar), Pluto (6,59 jaar), Proxima Centauri – die naaste ster aan die son – (46
400 jaar), die middel van die Melkweg (323 miljoen jaar), die Andromeda-sterrestelsel – die naaste spiraal-sterrestelsel – (26,9 miljard jaar) en die einde van die sigbare heelal (161000 miljard jaar).  Laasgenoemde is ’n onmoontlike reis, omdat die Heelal eintlik besig is om die hele tyd uit te dy en daar nie grense is nie.

Die Aliens?

Die Wit Koningin het in Through the Looking Glass aan Alice gesê: “Why, sometimes I’ve believed as many as six impossible things before breakfast.”
Lyk my die Wit Koningin het ’n groot gevolg, ook in Suid-Afrika, waar mense in 2006 ’n meningspeiling aangedui het (Huisgenoot) nie minder nie as 25% het al interaksies met wesens van die buitenste ruimte gehad.


Indien ons nie alleen in die Heelal is nie, hoekom het ons nog nie enige seine van buite-aardse beskawings opgevang nie? Dié vraag staan bekend as die Fermi-paradoks, vernoem na die fisikus en Nobelprys-wenner Enrico Fermi, wat eerste die vraag gestel het.

Dit is steeds een van die sterkste argumente teen die bestaan van sogenaamde ruimtewesens. Hoekom kom kuier hulle nie elke dag vir ons nie? Hoekom het ons nog nie een bewysbare radio-boodskap ontvang nie?

Want ás hulle daar is, en dit is nog nóóit bewys nie, kán hulle dit nie doen nie.
Fermi het uitgewys dat die Melkweg sowat 100
000 ligjaar in deursnee is. Selfs al kan die sogenaamde ruimtemannetjies teen ’n duisendste van die spoed van lig (300000km/sekonde) reis, sal dit hulle ’n 100 miljoen jaar neem om die hele Melkweg te kruis. Dit is veel minder as die Melkweg se ouderdom van 10 miljard jaar.So, die reis van aliens na ons deur die Melkweg moes begin het voordat die pad wat hulle moes volg bestaan het. Onmoontlik.
En die redenasie is ook net van toepassing op die Melkweg, wat ’n klein deeltjie van die Heelal is. (En ons ken die Melkweg al baie goed.) Myth busted.

Advertisements

  1. en daas sterre in my oe…

  2. Ek verstaan maar min van die kosmologie. Nietemin probeer ek darem van alles rondom my ietsie verstaan, ek het so halfpad gekom met Hawking se Brief History of Time, ek het Gideon Joubert se Die Groot Gedagte gelees en toe Leon Rousseau se Die Groot Avontuur. Oor lg. het ek so bietjie van my verstaan probeer weergee op my blog.

    Ek het net een probleem met die terme wat algemeen gebruik word, veral die term “heelal”. Vir my sou dit beteken “Alles wat daar is”. Nou sê hulle die “heelal” is 13.7 miljard jaar oud, bedoelende die oerknal het 13.7 miljard jaar gelede plaasgevind. Wat my aanbetref is wat ookal bestaan het voor die oerknal en wat bymekaargekom het by die punt van die oerknal, alles deel van die heelal.

    Ook, die heelal is glo ‘n sekere grootte, maar daar is ‘n “horison” waaroor hulle nie kan sien nie. Wat is buite-om die heelal? Wat my aanbetref, wat ookal daar is, al is dit niks, dan is daardie niks deel van die heelal.

    In my dommigheid wil ek maar hê die niks moet oneindig uitstrek in alle rigtings, maar nou kom hulle nog met konsepte soos gebuigte ruimte, maar wat de @#$%* is dan buite daardie buig?

  3. Hi my mykopop, lekker post va jou.

    Hawking se Brief History in Time is helse moeilik, kry eerder die Briefer History in Time, ‘n veel makliker weergawe wat mens maklik verstaan. Regtig ‘n wonderlike boek, en daar is prente in wat ek smaak!

    Die heelal is alles wat daar is. As daar niks om die heelal is, kan dit nie deel van die heelal wees nie.

    Die oerknal was toe tyd, ruimte, materie en energie (DIE 4 goed is NB) tot stand gekom het. Nou, as jy nie die 4 dinge het nie, kan jy nie “iets” he nie. So, voor dit was daar niks.
    Dit was soos ‘n helse warm ontploffing, behalwe dat materie nie in bestaande ruimte uitgeskiet is nie, maar ruimte in die proses geskep is.

    Binne minute na die oerknal (wat toevalling as negatiewe kommentaar die naam gekry het) het die jong heelal begin uitdy en afgekoel. Dit het ligte elemente soos waterstofkerne en heliumkerne gevorm, maar nie die swaarder elemente nie.

    Na 380 000 jaar het die temperatuur gedaal na 3000 C. Toe vorm die protone en elektrone wat gekombineer het om neutrale waterstof te vorm.

    Met elektrone wat gebind is aan atoomkerne, kon lig die eerste keer relatief ongehinderd deur die ruimte trek sonder om deur die elektrone versprei te word. Die lig, is al lank gelede opgespoor deur sterrekundiges en staan bekend as die kosmiese mikrogolf-agtergrondstraling.

    So 400 000 miljoen jaar na die oerknal het die digste areas van materie en donker materie gevorm. Dit is die donker era.

    Ons kan al tot daar sien met teleskope. En die storie gaan aan met die vorming van sterre en sterreselsels ect. ect

    Daar is nie ‘n grens om die heelal nie…hel ek weet dit is moerse begrip, my kop raas steeds as ek daaroor dink.

    Space-time (ruimte-tyd) is nie plat nie maar gebuig. En dit het als te doen met Einstein en gravitasie. (Dit is nie die vorm van die heelal nie)

    Volgens algemene relatiwiteit, is ruimte-tyd gebuig, of warped, deur die verspreiding van massa en energie daarin. Die aarde bv beweeg in ‘n gebuigde wentelbaan danksy ‘n krag genaamd gravitasie, omdat hy die naaste ding aan ‘n reguit pad volg in gebuigde ruimte.

    Lig volg ook die pad, dit buig om voorwerpe.

    Jy dink aan lekker idees en konsepte hier.

  4. Wil julle nou vir my sê dat “Hitchhijers Guide to the Galaxy” nie waar is nie? Agge neeeee!!!!!

  5. Die vissie in die ou se oor is waar!

  6. Soos mykopop sluk ek swaar aan die idee dat ruimte en tyd eers saam met die oerknal begin het. Buig kan nog gaan, maar ek sukkel om die oerknal te verbeel sonder dat ruimte al reeds voor dit oneindig in alle rigtings strek.

    Dis nou nie dat ek dit nie baie interessant vind, of dink dis alles nonsens nie, maar ek moet ek sê dat dit voel soms vir my teoretiese fisici en so is in ‘n stryd gewikkel om mekaar – en wetenskapfiksieskrywers te oortref met die bisarheid van hul idees en teoriee – die nuwe geslag se idees is nòg vreemder as ruimte wat buig.

    Oerknal is vir my een van die mooiste woorde – en dis nie sommer net ‘n vertaling van ‘big bang’ nie.

    My vrou het onlangs ‘Big Bang’ van Simon Singh vir my gegee as geskenk. Sy het ‘n praatjie van hom bygewoon, en volgens haar sal die boek wonderlik wees as dit enigsins naastensby so goed is as die praatjie.

  7. Hallo Alleman, dankie vir jou post,
    Ek myself sien die Oerknal (is vir my ook ‘n mooi woord) as die ware begin van alles, maar dit is moeilik vir die kop om te dink aan NIKS. En dat voor niks, was daarook niks!
    En uit ‘n singulariteit wat helse, helse dig was, het alles begin.
    Ek het eendag moet ‘n nobelpryswenner in fisika gepraat en hom gevra: Wat was voor die Oerknal?
    In spanning het ek gewag vir ‘n lekker antwoord wat ek nie gaan verstaan nie.
    Hy het gesê: Niks.
    Ek was so gefrustreerd.

  8. Zee

    Rosalin, dankie vir die draai by my, het nie gedink dat daar so ‘n intersante blog is nie, gaan later rusting bietjie jou entries lees, die paar wat ek gelees het lyk baie intersant!

  9. Dankie vir jou inloer ook, Zee. Sien jou ook beslis weer.

  10. ek lees jou gewoonlik as ek ry, sukkel om te comment! Hehe!

    Jou entry laat my dink…

    Doen so voort!

  11. Jy is wragtag (alweer) getag. Toe roer jou vokin vingers…

    http://vokof.wordpress.com/2008/02/04/ek-tag-jou/

  12. platterfuss…comment net, enige iets wat in jou kop inkom!

    vofok en dink nog….

  13. Volgens dit wat ek in die Bybel lees en geleer het aangaande die geskiedkundige verloop van tyd, is die wetenskaplikes se “skatting” van die ouderdom van hierdie heelal vandag op hierdie skrikkeldag (29 Februarie 2008)net 13,7 miljard jaar minus 4755421 dae (13019 jaar en 332 dae) van die merk af.

    Hulle het darem een ding korrek en dis die 13 van die 13,7 miljard…? Not to bad an estimate vir sulke uitgelese hoogsgeleerde wetenskaplikes nie.

    (Ecc 8:5) Whoso keepeth the commandment shall feel no evil thing: and a wise man’s heart discerneth both time and judgment.

    Geniet nogtans jou “feite” want die wetenskap is ook (tot ‘n sekere mate korrek veral hul meting van die spoed van lig) maar wanneer dit kom by hul “skatting” van ouderdom van die heelal het hulle dalk nog 13miljard jaar nodig om te ontdek Wie “lig” op die eerste skeppingsdag in 11013VC geskep het.

    Blykbaar het een of ander verstandlose niks-sellige “niks” die brainwave vanuit homself “gekry” om tot die mens (of dalk die aap) wat hy vandag vandag is te ontwikkel, en wat met groot “akkuraatheid” verklaar dat die heelal 13miljard jaar oud is. Dit terwyl hulle waarheid wat die Waarheid in Sy Handleiding (die Bybel) kon ontdek.

    As hulle tog maar aan die Skepper van die heelal (wat 13,7 miljard jaar alreeds “was”), en wat hulle toegelaat het om na 13000jaar se wetenskaplike navorsing hier op aarde te ontdek dat hierdie heelal 13000 jaar gelede deur Hom geskep was.

    Volgens die dit Skrifwoord (die Bybel) gaan hierdie God (die God van die leerskare) weer binnekort “skep”. Maar eers gaan Hy met hierdie huidige generasie “klaarmaak”. Daardie welbekende “laaste dag” wanneer Hy met hierdie heelal gaan “klaarmaak” gaan die 21/22ste Oktober 2011 wees. Die begin van die “einde” gaan ‘n aanvang op 21/22 Mei 2011 wees…!

    Skikwekkend maar waar.

    johannes coetzee

    Family Radio AM 1197khz (inni aande tussen 18hoo en 01h00)




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: