As jy en jou hond alleen is.

As jy alleen is raak jou hond (of kat) al ouliker en dalk verskyn ‘n engel aan jou…

Natuurlik dit is ‘n verskynsel bekend as antropomorfisme, waarin mens aan iets wat nie-menslik is nie menslike kwaliteite gee. Allerhande dinge raak jou “vriende”.

Navorsing deur die Universiteit van Chicago (University of Chicago) wat binnekort gepubliseer sal word in die akademiese portuur joernaal (http://www.psychologicalscience.org/) toon ons skep dinge om ons om die pyn van alleenwees te verlig.

Mense se god/gode, troeteldiere en tegnologie as lewend – dus ‘n funksie van die brein om ons te troos in oomblikke waarin ons alleen is.

Ek persoonlik vind dit nie vreemd dat ons die hond as een van die troos-objekte kies nie, aangesien die dier die eerste was wat die mens makgemaak het derduisende jaar gelede. Alle honde wat vandag leef stam van wolwe af. Die hond se volledige genoom is reeds gekarteer en kan bestudeer word by http://www.genome.gov/17515860

Die navorsers het ‘n verband gevind tussen hoe alleen mense voel en hulle neigdheid om aan diere en voorwerpe menslike eienskappe toe te ken. In nog ‘n eksperiment is mense opsetlik alleen laat voel deur aan hulle te vra om te skryf oor die tyd in hulle lewe toe hulle die eensaamste was. Onder die omstandighede was hulle meer geneig om aan god, engele en wonderwerke te glo as toe hulle nie eensaam gevoel het nie.

Hulle het ook beskryf hoe ‘n troeteldier menslike kognitiewe funksies het, soos om te verstaan hoe hulle voel, empatiek te wees en dies meer.

Die brein is inderdaad ‘n kragtige orgaan.

Maar soos die gerekende eksperimentele sielkundige en skrywer Steven Pinker, (How the Mind Works) sê. Die brein en verstand  is nie twee entiteite nie. Dit is een: neurologiese seinbane en selle wat aanhoudend vuur. Dit is neuro-elektrisiteit. Niks meer en niks minder nie.

En “vreemde verskynsels” kom voor wanneer die orgaan, soos die res van ons liggaam verkeerd loop of daar ‘n chemiese wanbalans voorkom.

Advertisements

  1. “Ek persoonlik vind dit nie vreemd dat ons die hond as een van die troos-objekte kies nie, aangesien die dier die eerste was wat die mens makgemaak het derduisende jaar gelede…

    Bedoel jy nou honde het die mense mak gemaak, of het mense die honde mak gemaak…….

  2. My troos objekte is my katte. Hulle is my engele!

  3. Ek het probeer dink aan ‘n tyd dat ek werklik eensaam was – niks.

    Miskien lei ek aan my eie vorm van skisofrenie, wat mense, diere en dinge nie beskou as nodige elemente van my funksioneering nie maar bloot toevallighede wat interessante aspekte van my menswees verlig….of is dit dalk ‘n vorm van solipsistiese frenie?




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: