Sê nou net ons moet oor begin . . .

VERBEEL jou ál die mense op aarde verdwyn môre en hulle kom nooit weer terug nie.
Die vraag is verlede jaar in die wetenskaptydskrif New Scientist deur Bob Holmes gevra en ek wil daarop uitbrei.
Sowat 65 miljoen jaar gelede het die dinosouriërs uitgesterf en die soogdiere het dominant geword. Daar was soogdiere saam met die dinosouriërs, hulle was net nie baas van die plaas nie, maar hulle het geword en hulle is steeds.
Ons weet dat die eerste hominiede minstens ses miljoen jaar gelede die aarde bewandel het. Homo sapiens het sowat 200 000 jaar gelede in Afrika ontstaan.
Daar was maar min van hulle. Selfs ná die laaste Ystydperk 10 000 jaar gelede was die aarde nie oor­bevolk nie en toe het die mens oorgeneem. Dit het lank geduur vir die hominied om kultuur te vestig.
Soveel plante en diere se getalle sal herstel as ons weg is, want daar is 15 589 spesies wat erg bedreig word. Die see, waar te veel vis gevang word, sal herstel. Die natuur sal weer die aarde terugneem.
Sal ons strukture nog staan? Miskien ná 5 000 jaar, maar sal dit ná 100 000 jaar nog staan?
Daar sal nog vir 1000 jaar genoeg koolsuurgas van mense in die atmos­feer wees om die klimaat te beïnvloed, skryf Holmes. Uiteindelik sal kalsium-ione wat van die seebodem vrygelaat word die oorskot koolsuurgas vir 20 000 jaar in die see absorbeer.
Die kernreaktors sal egter ’n probleem wees, omdat hulle nie onderhou word nie en straling sal van hulle ontsnap. Tog meen kenners die natuur sal dit kan oorleef.
Sou ons die mens vandag wegneem, sal ’n ander spesie oor die volgende miljoene jare na vore tree en dominant word? En wat sal dit wees? Die gerekende wetenskaplike Stephen Jay Gould meen die mens, sou, as ons van voor af begin het, nié ontwikkel tot wat hy vandag is nie.
“And what if we could ‘rerun the tape’ so that the subsequent history of this maelstrom of diversification would have taken a different course? We would still have a planet full of life, he argues, but surely one utterly different from our familiar world. Notably, this new trajectory of evolution would probably not have led to the human species and its unique form of consciousness and self-awareness, which emerged through a series of contingent accidents in a unique, unre­peatable sequence. (Uit: Simon Conway Morris and Stephen Jay Gould, Showdown on the Burgess Shale)

DIE mens sal dus nie weer uit die nuwe wêreld verrys nie. Sal hier weer ’n evolusionêre ontploffing wees soos in die Kambriese era sowat 500 miljoen jaar gelede? Met talle nuwe spesies wat die grondslag gee vir die lewe van die toekoms?

Sommer net: PBS

  1. Is there evidence for evolution?  
  In the 150 years since Darwin proposed the theory of evolution by natural selection, a mountain of evidence has accumulated to support the theory. A greatly expanded fossil record since Darwin’s time, the discovery of DNA and the process of genetic replication, an understanding of radioactive decay, observations of natural selection in the wild and in laboratories, and evidence in the genomes of many different organisms, including humans, have all bolstered the validity of the theory of evolution.

 
 
  2. How can you know what happened millions of years ago if no one was there to see it?  
  Evidence and observation are the building blocks of all scientific inquiry; evolutionary science is no different. Evidence in the form of the fossil record, geological formations, and genetics attest to change having taken place and give clues to how evolution works. The theory of evolution puts these clues together into a cohesive explanation of the diversity of living things. Like all theories, the theory of evolution relies on tangible evidence as well as inference for those things that can’t be observed directly. It is important to remember that Earth itself contains evidence of life in the past, and that this evidence provides critical support for the theory of evolution.

 
 
  3. Does the fossil record tell us the whole story?  
  Opponents of evolution point to gaps in the fossil record as proof that the theory is invalid. They say the fossil record fails to show what are called “transitional forms,” generally the in-between stages as one type of creature evolved into another. The fossil record certainly has gaps, mostly because the conditions required to create fossils have been rare ever since life began on Earth. A very small percentage of animals that have lived and died ever became fossils. Thus, many pieces of the puzzle are missing; some will never be found. Nonetheless, we have many, many fossils that illustrate evolutionary transitions between fish and amphibians, between reptiles and mammals, between dinosaurs and birds, and in many lineages such as whales and horses. And new fossils continue to reveal transitional forms that some said don’t exist.

     
 

  1. vanaf spotter na spotter:
    Net so van die os op die jas….miskien moet jy bietjie links na die plekke sit waar mens meer kan oplees. Netnou netnou dink mense jy suig die interessante dinge uit jou duim…..

  2. Miiskien is ons nie so belangrik as was ons dink nie.

  3. rightsaidreverend

    Jip. Ons is nie so belangrik as wat ons dink nie. Maar ons is ook nie so onbelangrik as wat ons dink nie.

  4. Inderdaad is die mens nie minder of meer belangrik is enige ander organisme op Aarde nie.

    Ons is hoegenaamd nie meer of minder belangrik is enige iets anders nie, hoewel die mens graag wil dink hy is bo-aan een of ander leer. Spesiaal geskep op iets… Hoegenaamd nie.

  5. Nee wat. Ek dink mense dink hulle is belangriker as ander…..maar die mensdom is definitief belangriker as ander spesies.

    Dis maar nou ekke, want ek glo nie dat my voorouers ape was nie. Maar aan die ander kant, as mens na party van die mense in ons land kyk, steek daar dalk ‘n tikkie waarheid in……

  6. Twakkies,

    Jy sien hier maak jy nou die klassieke fout: Die mens het NIE uit ‘n aap ontstaan nie. Daar gee jy dit weg dat jy nog nooit een boek oor evolusie gelees het nie. LOL.

    Die mens en die huidige groot primate (great apes) gorillas, sjimpansees, oerang-oerangs en bonobs. DEEL, op een of ander stadium van die stamboom (hang af van die betrokke bogenoemde spesie) ‘n GEMEENSKAPLIKE VOORSAAT.

    Die betrokke gemeenskaplike voorsaat was nie ‘n aap nie.

    En dit is in genetiese studies bewys. Bestudeer gerus die genetiese uitslae by http://www.genome.gov




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: