Fossiele is IO se doodsteek

Kreasioniste (IO) se geykte speletjie is: Daar bestaan geen tussenganger-fossiele om te toon dat spesiasie bestaan nie. Wel daar is baie, hulle verkies net om die unieke fossiele te ignoreer.

 Twee sulke fossiele is die afgelope twee jaar ontdek. Een toon hoe diere van die see na die land ontwikkel het en tetrapode geword het en die ander hoe diere ontwikkel het om van die land na die see aan te pas.

Die jongste ontdekking is in Desember 2007 bekend gemaak. Dit toon die walvis se dramatiese evolusie van land na see, nadat ’n tussenganger-fossiel van sy naaste bekende familielid opgespoor is.


Dié dier is inderdaad uniek: Dit het 48
miljoen jaar gelede geleef, was so groot soos ’n vos en het soos ’n miniatuur-takbokkie gelyk.


Voorheen was die naaste bekende voorsaat van die mariene soogdiere bekend as setaseë – die walvis, dolfyn en tornyn – die seekoei, maar al die stukkies van die legkaart het nie gepas nie. Seekoeie verskyn in nie die fossiel­rekord sowat 35 miljoen jaar nádat die walvisse van hul landelike voorsate afgeskei het nie. So waar kom walvisse dan vandaan en wie was hul vierpotige voorsate?
Die nuwe fossiel het nog ‘n deel van die legkaart in mekaar laat vou.
Prof. Hans Thewissen, van die Northeastern Ohio Universities Colleges of Medicine and Pharmacy se departement van anatomie, het in die jongste uitgawe van die vaktydskrif Nature sy vonds van die uitgestorwe dier Indohuys bekend gemaak.
Thewissen en sy span het honderde bene van Indohuys in Kasjmir, Indië, gekry.
Luidens ’n verklaring wat Thewissen saam met die Nature-artikel uitgereik het, is daar groot ooreenkomste tussen die skedel en die oor van die nuwe fossiel en dié van setaseë. Die betrokke dier se oor toon ’n unieke verdikking in die middeloor wat net by die setaseë voorkom en nie by ander soogdiere nie.
Die skelet self toon ’n dik buite-laag, baie dikker as in ander soogdiere van dié grootte. Dit word gesien in veral stadig bewegende waadvoëls.
Indohuys se waterbestaan word verder bevestig deur die chemiese samestelling van sy tande, met dieselfde suurstof-isotoop-verhouding as ander waterdiere.
Dit blyk dat die dier baie van sy tyd, maar nie die hele tyd nie, in die water deurgebring het. Hy sou veral na die water gevlug het om weg te kruip.
Die dier was ’n plantvreter en walvisse het later eers jagters geword.
Die evolusie van die walvis is een van die beste voorbeelde van soogdierevolusie.
Die afgelope 15 jaar is verskeie fossiele gevind wat lig werp op die setaseë se ontwikkeling van land- na seediere. indohyus-11.jpg

Van land na see

Die eerste fossiel wat toon dat diere op land eens visse was, is in 2006 opgespoor. Tiktaalik roseae was die oorgang in die evolusieproses: halfdier en halfvis. Hy het kieue, vinne en skubbe soos ’n vis gehad, maar ook ’n primitiewe kakebeen en longe, ’n vergrote ribbekas, nek en ’n kop soos dié van ’n krokodil. Dié krokodilvis, wat 375 miljoen jaar gelede geleef het, is een van die sterkste bewyse van die oorgang van vis na vierpotige dier.Alle gewerwelde diere met ledemate (tetrapode) het tussen 370 en 360 miljoen jaar gelede uit lob-gevinde visse ontwikkel, berig Science. Baie van die visse het aangepaste skelette gehad soos vergrote bene in hul vinne wat uiteindelik nuttig was in ledemate wat gewig moes dra. Tiktaalik roseae is die mees vierpootagtige vis wat tot nou toe gevind is.

So werklik die bewyse vir evolusie is so duidelik soos daglig. Baie mense hou nie van die idee dat die mens ‘n primaat is wat ‘n gemeenskaplike voorsaat met die groot primate deel nie: hoe klink ‘n vis vir jou?

Advertisements

  1. kyker

    Baie interessant.

    Ek weet niks van jou veld van kennis nie. Wens egter ek kon meer uitvind. Ek onthou hoe ek eenkeer in Chile, hoog in die Andes in die woestyn en ver weg van die see, yslike groot skulpfossiele in die sand gesien het. Sulke dinge laat mens altyd wonder oor die lengte van tyd en hoe vlietend en onvolhoudbaar die mens se bestaan hier op aarde tog is.

  2. Inderdaad is so iets moontlik, die verklaring hiervoor is dat miljoene jare gelede daar ‘n oseaan was in Chile.

    Net soos wat daar eens ‘n reuse oseaan die Karoo hier in ons eie land bedek het.

    Die kontinente het die hele tyd geskuif. Die bekendse van die superkontinente was Pangaea en Gondwana.

  3. My maggies, en hier begin jy ook ‘n blog.

    Ek dink jy stereotipeer intelligente ontwerp na die gemors wat in Amerika aangedik word.

  4. Maggies Johan, ken ek jou? Want jy praat asof jy my ken….

    Ek het al maande gelede ‘n ander blog op SU begin. LOL

    IO is orals dieselfde, veral as ek die SA tydskrif JOY! lees en die SA webwerf: creationontheweb
    En die briewe in die koerante ect ect ect

  5. ons het al ontmoet 😉

    JOY! en creationontheweb is juis die soort gemors wat van Amerika af oorgewaai het.

  6. Johan ek dink nie ons het in persoon ontmoet nie, dalk op Prometheus se blog?
    Ek chat graag meet met jou oor wat jou siening is oor IO dan.

  7. Einste Claassen 😉

    Intelligente ontwerp self is nie vreeslik problematies nie. Dis die bestaan van ‘n ontwerper self wat sommiges omkrap. Dit krap jou duidelik om?

  8. knersis

    Baie interesant Rose. Ek is nie ‘n kenner of ekspert nie maar jou vak-gebied intereseer my kwaai. Sal hopenlik later aan nog lekker gesels oor ‘n paar teoriee.

  9. Jy is welkom knersis.

    Johan…Krap my om? LOL




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: