About »


  1. Goeie dag en aangename kennis… alles op jou werf lyk baie interessant; uit die pas vd gewone; bietjie vreemd ook…ek ken hierdie Rosalind-mens nie; sal wil meer weet… ek is so nuut in die blokomgewing dat ek as ‘n groentjie beskou moet word; maar wat…wou net laat weet ek stel belang ens ens. Verder moet ek nog BAIE leer aangaande oplaai en skakelsmaak kruis en dwars vanaf en na die ander ouens se werwe. Synde redelik privaat sou ek nie te veel in die oog wou wees nie en eerder wegkruip; net vir myself skrywe… ek sien jy lief die eensame ure; die hoekies van museums en so aan… jou ja daar’t ons ‘n aanklank; jou digwerk lyk… ahummm.. belowend is ‘n veilige woord; interessant beslis!! Vergewe hierdie inskrywe van die kantlyne af… maar jy beduie mos daar “praat gerus saam”. Sal moet sien of die woorde jou enigsins bereik en so aan. Die Kaaaaaaap !! punt van die hart; punt van die land. Tot laters.




Leave a Comment