Die vlug

Die jaar was vreemd in baie opsigte, dood en verlies waaroor ek nie sal tob nie. Maar ook sukses, uitdagings.

Ek het eintlik maar weggebly hier en op FB – speel nie meer al die “games” nie. Ek dink die fokus het soveel verskuif met al my verpligtinge.

Ons een hondjie is dood, vyf weke gelede. My hart was so seer en rou – dit was onmoontlik vir my om daaroor te praat. Is steeds. Ure na haar dood moes ek op ‘n vliegtuig klim oorsee. Dit was een van die moeilikste goed wat ek in my hele lewe moes doen – ek kon nie kanselleer nie wat dit was ‘n uitnodiging.

Ek kan steeds nie eintlik oor haar praat nie.


  1. Ai Rosa, dis baie hartseer. Gee maar tyd. Jy sal haar altyd onthou, maar die seer word beter met tyd.

  2. Mefri

    Ai Rooskindjie. ((((drukkie)))) Mens voel hulle teenwoordigheid lank na hulle dood is.

  3. Ek hoop dit raak vir jou makliker. Sterkte met die ander uitdagings in jou lewe.

  4. So jammer om te hoor. Dis baie hartseer.

  5. Om totsiens te sê was nog nooit maklik nie, maar daar is vertroosting in mooi herinneringe.

  6. Dis so seer. Ek moes in Upington John se viervoetboetie laat uitsit… hy het maagkanker gehad, was nie eers ‘n jaar oud nie. My kind treur nounog en ek sal nooit daaroor kom nie… ek dink aan jou Roserasie.

  7. Dis nie altyd nodig om iets te sê nie.

  8. Andrew

    Baie jammer om te hoor.

    Jy het vir haar ‘n goeie lewe gegee. Meeste diere kry dit nie.

  9. Dankie julle – dis ongelooflik seer, nooit gedink ek sal dit so vreeslik swaar vat nie

  10. Sigeuner

    Nee – dit word ongelukkig nooit beter nie. Jammer, Rosa

  11. Sigeuner

    Waar kry mens jou innie hanne? Jy`s letterlik sommer net………weg. Ek weet jy gaan kyk. Die Smurfs is terug en in 3D!!!!!!!

  12. ja fok ek was net weg, weg, weg singeuner. ek lewe nog. soms is ek by die epos evolvefish by mweb.co.za as jy iets wil vra of weet.

  13. Nee ek sal nooit oor die dood van die hond kom nie, nooit, dit sal altyd seer wees.

  14. Ek gaan dit nou sê, want te lank sê ek niks nie, maar hier is dit nou, ek is verlief op Rosalind se ” brein”

  15. ‘n Voorspoedige, wonderlike Nuwe Jaar vir jou! ♥♥ xxx

  16. Ag ek mis jou inskrywings……




Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s



Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 40 other followers