Bibliotheca Alexandrina – ek kan nie wag nie. Te veel om te sien, te min tyd. Miskien moet ek net ses ure elke aand slaap (dit is die minste wat my sisteeem kan verduur).
Hy is gebou om die antieke biblioteek van Alexandrië te gedenk wat afgebrand het – wat ‘n verlies was dit nie vir die mensdom nie. ‘n Boek wat verlore gaan is soos ‘n sterfte. Verlore kennis.
Die eerste biblioteek is geopen tussen 40 en 120 v.C, maar daar is onsekerheid. Dit is wel bekend dat hy afgebrand het in 642.
Die nuwe weergawe het in 2002 oopgemaak.

Van die unieke boeke op uitstalling

Ag mamma mia, Madonna! Ek weet nie wat om te se nie!!!
Cheers
November 11, 2009 at 21:12
Sal my voortande gee om dit te kan sien
November 12, 2009 at 09:45
Ek het ‘n voorliefde vir die geskiedenis van boeke… Ek het actually biblioteekkunde op varsity gehad! (
ek weet)
November 12, 2009 at 10:13
Ek het eendag op History of Discovery ‘n program daaroor gesien… en dit is skokkend om te sien oor wat hulle glo moontlik in die brand verwoes is.
November 12, 2009 at 10:56
Dis `n snaakse struktuur – hierdie nuwe biblioteek. Nie mooi nie, net bietjie snaaks.
Ek sal graag wil weet wat van onvervangbare waarde verbrand het. Kan iemand vertel?
Ek sit gedurig met `n boek in die hand. Kannie anders nie. Die ene wat ek nou lees….ai, ai, ai. Nie vir sissies of godsdiensvolgers nie. Kan niks verder se nie. Icke!
November 12, 2009 at 14:40
Eendag as ek groot is en sonder adult supervision mag vlieg . . . gaan ek ook soontoe!
November 13, 2009 at 12:55
Ek dink nie ek sal kan slaap as ek daar is nie… sal my verkyk aan alles.
November 22, 2009 at 14:19
hallo daar,
wel dit was eintlik sowat 700 000 boekrolle wat minstens 1700 jaar gelede in ‘n brand verwoes is. presies wanneer die brand plaasgevind het is nie seker nie. sommige meen dit is sover terug as julius ceasar se tyd en dat dit hy was wat die biblioteek afgebrand het.
vandag is daar 2 miljoen boeke, in harde kopie en elektronies beskikbaar. die gebou is fanatasties, 7 vloere. 2000 mense kan gelyk sit en lees. baie hightech.
anyway. egipte is nie vir fokken sissies nie. die vader weet. ek het intussen besef ek is dalk ‘n fokken sissie…
hierdie was een van die minder maklike trips. die hel weet.