net een maandagoggend
sommer net so
hoor ons van jou pyn
van die spore in jou hart
die onoorkombare geveg
hoe het ons dit gemis
“ek moet vir jou sê
voor jy dit elders hoor,
hy het homself gehang”
my god, hoe, hoe
het ons dit gemis
sommer net so
besef ek nou ek
moet jou laat gaan
sommer net so
(18-19 Okt. 2009)
Oktober 29, 2009 at 16:12
Ai. Jammer, Rosa.
Oktober 29, 2009 at 16:15
Baie sad…
Oktober 29, 2009 at 16:59
Antwoorde sal daar waarskynlik nooit wees nie. Mag julle vrede en berusting vind.
Oktober 29, 2009 at 17:03
Dat jy nou op hierdie manier jou terugkoms moes maak. Jammer Rosa, regtig.
Daar’s nie trooswoorde vir enige agterblywendes nie.
Oktober 29, 2009 at 17:19
Dankie julle, dit is sad dat ‘n lewe weg is. Ek sal altyd onthou en dink, nie vergeet nie.
Die verlore lewe se nagedagtenis is nou deel van my lewenservaring. Dit is hoe die lewe is.
Maar ek het dit laat gaan, ek het hom laat gaan.
Oktober 29, 2009 at 17:36
Ek is jammer Rosie.
Oktober 29, 2009 at 17:50
Sterkte.
Oktober 29, 2009 at 18:05
((((((Rooskindjie))))))
Oktober 29, 2009 at 19:57
Ai. Ouch.
Sterkte…
Oktober 30, 2009 at 06:46
Hartseer – maar beautiful gesê. Dit is soms genoeg.
Oktober 30, 2009 at 07:32
Sit is soos jy daar sê – Dit is hartseer, maar selfs hartseer is saam met geluk boustene van wie ons vandag is.
Dit bly egter nie lekker nie.
Oktober 30, 2009 at 07:33
“Dit is soos….
Oktober 30, 2009 at 10:11
Dis `n heavy seer-gaan. Here, ek kan nie dink dat mense nie kan PRAAT nie? Daar is altyd iemand wat sal luister.
Oktober 30, 2009 at 10:20
Gaan kyk gou gou hierna: http://meermin.wordpress.com/2009/10/29/patent-regte/#comment-3958
Oktober 30, 2009 at 11:14
Jammer om van jou seer te hoor tannie Roos.
Oktober 30, 2009 at 16:51
(((((Roserasie)))))
Oktober 30, 2009 at 17:05
Ek weet nie soms dink ek, ek verstaan, ander kere weer nie. dis vreemd.
dankie almal
Oktober 31, 2009 at 10:07
(((Rooskind))) Woorde is te min.