sommer net so

net een maandagoggend

sommer net so

hoor ons van jou pyn

van die spore in jou hart

die onoorkombare geveg

hoe het ons dit gemis

“ek moet vir jou sê

voor jy dit elders hoor,

hy het homself gehang”

my god, hoe, hoe

het ons dit gemis

sommer net so

besef ek nou ek

moet  jou laat gaan

sommer net so

 

(18-19 Okt. 2009)


  1. Ai. Jammer, Rosa. :sad:

  2. Antwoorde sal daar waarskynlik nooit wees nie. Mag julle vrede en berusting vind.

  3. Dat jy nou op hierdie manier jou terugkoms moes maak. Jammer Rosa, regtig.
    Daar’s nie trooswoorde vir enige agterblywendes nie.

  4. Dankie julle, dit is sad dat ‘n lewe weg is. Ek sal altyd onthou en dink, nie vergeet nie.

    Die verlore lewe se nagedagtenis is nou deel van my lewenservaring. Dit is hoe die lewe is.

    Maar ek het dit laat gaan, ek het hom laat gaan.

  5. Ek is jammer Rosie. :(

  6. Mefri

    ((((((Rooskindjie))))))

  7. maxie

    Ai. Ouch. :sad:
    Sterkte…

  8. Hartseer – maar beautiful gesê. Dit is soms genoeg.

  9. Sit is soos jy daar sê – Dit is hartseer, maar selfs hartseer is saam met geluk boustene van wie ons vandag is.

    Dit bly egter nie lekker nie.

  10. “Dit is soos….

  11. Boernig

    Dis `n heavy seer-gaan. Here, ek kan nie dink dat mense nie kan PRAAT nie? Daar is altyd iemand wat sal luister.

  12. Jammer om van jou seer te hoor tannie Roos.

  13. (((((Roserasie)))))

  14. Ek weet nie soms dink ek, ek verstaan, ander kere weer nie. dis vreemd.
    dankie almal

  15. (((Rooskind))) Woorde is te min.




Leave a Comment