Ek is verlief op baie mense, maar ek wil hulle nooit ontmoet nie, en in die gevalle waar hulle dood is, sou ek nooit wou nie. Dit is veraf beelde vir my.
Sensualiteit en erotika gaan vir my oor grense heen – die verwysingsraamwerk wat vir my mooi is, word val nie binne bepaalde norme nie. Ek bepaal self wat ek van hou.
Ek is verlief op Cathrine Deneuve, hoe ouer sy word hoe meer verstommend, asemrowend raak sy. Die vol Franse films waarin sy speel spreek van haar. Sy gryp jou aan of jy wil of nie.

Ek was nog altyd verlief op Marlene Dietrich, op haar films, haar musiek, rokerige stem, enigmatiese en moeilike persoonlikheid en deursettingsvermoë gedurende WW II – toe sy die Nazi’s ‘n vinger gewys het.
Haar “sense of style and fashion” – sy was na alles die eerste vrou wat die broekpak mode gemaak het in die 1930’s. En steeds bly sy die een vrou wat goed lyk met ‘n sigaret.

Hoe ouer Denzil Washington word, hoe meer raak ek verlief op hom. Mens hoor nooit dat hy betrokke is in Hollywood se smet nie. Baie sexy man.

Die dag toe Lena Olin met ‘n bolkuil voor die spieël – wat in skerwe was – gestaan het in The Unbearable Lightness of Being byna 20 jaar gelede, toe ek die fliek gesien het, het ek op haar verlief geraak. Sedertdien het my gevoel vir haar niks getaan nie. Sy speel in flieks wat ‘n mens emosioneel uitdaag.

Ava Gardner was die mees ongoddelik mooiste vrou op aarde – ooit. Ek bedoel soos in, daar was en is nog nooit so ‘n pragtige mens nie. Gaan kyk net ‘n bietjie op Google images na haar, of probeer ‘n fliek kry. Jy het nog nie so iets gesien nie. As jy nie op haar verlief is nie, gaan praat met iemand daaroor!

Ek is verlief op Kristen Scott Thomas en Ralph Fiennes, beide het net daai iets, daai spesiale iets wat hulle so aantreklik maak. En toe hulle saam in The English Patient was . . . Fiennes is tot vir my nice as hy evil karakters speel. Veral as hy evil is.

Ek is verlief op Desmond Tutu se guts, die manier waarop hy se wat in sy hart is en nie wat hy “dink ander wil hoor nie”. Ek is verlief op die man, die mens, die leier, die ware gelowige – as net 10% van ons leiers so is, sal die wêreld ‘n beter plek wees. Ek is verlief op sy hart, sy brein, sy verstand, sy sin vir humor, sy mensch-wees en sy respek vir homself en ander.

Ek is al jare des jare verlief op Daniël Day Lewis – die mooiste man op aarde. Ook die beste akteur.

So, op wie is julle almal verlief? Hmmm? Behalwe julle ander helftes, ons weet dit.
September 30, 2009 at 20:20
Ek is verlief op:
Johnny Depp… uhm… vir sy skerp intellek, natuurlik
John Travolta, maar nie toe hy nog jonk was nie
John Goodman, daai vreeslike oorgewig akteur (o.a. Roseanne, O brother where art thou?)…oor die duiweltjies in sy oë en sy humorsin
Ryk Neethling, geen verduideliking nodig nie…
September 30, 2009 at 20:30
Nee ek is nie iemand wat vreeslik mal is oor heldevereering nie. Ek hou baie van Coldplay se musiek en ek dink Chris Martin is ‘n genius wanneer dit musiekskryf kom maar ek sal nogtans nie se dat ek hom as held vereer of op hom “verlief” is nie.
Maar as ek moet se^ op watter mense ek “verlief” is dan sal ek se^ jongmense en kinders. Oor die onskuld en die pontensiaal wat hulle versinnebeeld.
Oktober 1, 2009 at 09:17
Oeg tannie Roos ek het helemaal te veel crushes, en ek kan in die moeilikheid kom as ek van daai hier noem
Die movie sterre van die 50’s jou vir my ‘n groot bekoring in… Erg smeulend!
Oktober 1, 2009 at 10:08
Jy moet tog nooit ophou blog nie. Die verskeidenheid van interessante dinge hier by jou is net te cool vir woorde!
Laat jy my nou terugdink – Paar jaar terug by kunsklasse moes ons ‘n gesigfoto kies om in gekleurde ink te doen. Ek het deur honderde foto’s geblaai, maar kies toe natuurlik ‘n swart-en-wit een. Vra toe die tannie wie is dit, en sal sy my die haarkleur ens. kan beskryf dat ek dit darem in kleur kan doen? Dit was Eva Gardener. Daai vrou was te mooi vir ‘n mens!
Oktober 1, 2009 at 11:58
Ek hou net so baie van Desmond Tutu, wat ‘n uitsonderlike mens.
Maar verlief … aha … daar is wel een. Hierdie godin van godinne oortref al wat ‘n definisie is van skoonheid. Princess Carlonine. Sy raak net mooier en mooier en mooier. Sy is so mooi my kop pyn as ek ‘n foto van haar sien.
Oktober 1, 2009 at 12:00
Ag Andrew… bless ons met ‘n foto.. toe!
Oktober 1, 2009 at 12:17
Kan julle die uitwerking sien wat sy op my het? Ek het haar naam skoon verkeerd gespel.
http://z.about.com/d/jewelry/1/0/1/K/2743290.jpg
Oktober 1, 2009 at 12:19
Verliefwees is nie altyd lekker nie. Soms is dit `n emosie-skelm wat sy intrek in my harthuis inneem en jarre en jarre vat voor dit weer sy loop kry – en soms, soos nou, nooit wil weggaan nie. Ek het al gewens hierdie keer dat dit net sal weggaan, maar dit luister nie. Verliefwees het nie ore nie.
Valaint Swart – almal dink ek`s mal. Ek is nie – daar`s iets in in sy oe, iets aan sy smile, iets aan sy stap, iets wat my verby seermaak verlief hou.
Bruce Springsteen – dieselfde ou storie. Wat `n mooi man met `n mooi stem. (toe ek nog kon hoor) Ps, ek luister al bietjie-bietjie musiek! Met my nuwe ore!
Anna-Mart vd Merwe – vroulikheid, sagte oe, sagte mooi mond, wysheid wat uit haar straal.
Jammer ek`t nie haar naam onthou nie – die SA-vrou wat deur 2 sataniste verkrag, keel-oop en maag-oop gesny is en vir dood gelos het. Sy is langs die pad gekry, hospitaal toe gevat en leef vandag. Getroud, kinders en bly op `n plaas as ek dit reg het. Haar oe het nie saam doodgegaan met so helse-helse gebeurtenis nie. Dit inspireer my om vrouwees te vier en dankbaar te bly vir die lewe.
Peter Mitchell – Pietman van Hamlet by Night. Daar is nerens anders sulke mooi borhare nie. Wens ek kan daarin swem.
As jou kop reg is, is verliefwees mooi, maar niks kan kers vashou by liefde nie.
Oktober 1, 2009 at 16:20
O gaats… amper vergeet ek van Eva Langoria en Megan Fox. Wat is die verskil tussen verlief en listigheid?
Oktober 1, 2009 at 17:43
mense mense kom laat jou hare los en speel saam, dit beteken nie jy is weird/gay/bisar/abormaal/kotslik of watookal as jy kan erken dat mans en vroue mooi is nie.
liewe jirre let go vir ‘n slag!!!!!!!!!!!! niemand, veral nie ek gaan dink jy is verslaaf aan porn of iets nie.
Oktober 1, 2009 at 17:48
maxie: ja ryk is ‘n mooi stukkie vleisies…..
flippie: give us more, ons vereer glad nie die mense nie, dalk is hulle simpel mense. laat jou kreatiwiteit gaan en vertel ons wie begeer jy
girl: NIE goed genoeg nie, vertel wie maak jou wiele pap.
andrew: ek verstaan daai pyn!
sigeuner; ag dankie vir die saamspeel. paar lekker name.
(die vrou wat so aangeval is, is Allison)
DMI: ek weetnie van die verskil nie, die een is dalk meer dringend? njam
Oktober 1, 2009 at 20:11
Ooo, ek het sommer baie, from all sides.
Sean Connory; Patrick Swayze (R.I.P); Prinses Caroline van Monaco; Anna-Mart vd Merwe; Michelle Botes; Theuns Jordaan; Nelson Mandela (hy is ‘n lig!); Elizabeth Taylor (toe sy jonger was, natuurlik!); Brad Pitt (njammies); Morgan Freeman; Tommy-Lee Jones.
Oktober 1, 2009 at 20:55
Nog ‘n paar:
Brooke Shields en Josie Borain (in haar dae as model in die 80s), hulle was my enigste plakboek ooit
Rolanda Marais (Binnelanders)
Fyne blonde girl in ‘n Jacobs Kronung koffie advertensie ‘n ruk terug – sy drink koffie in ‘n antiekeware winkel en man en vrou wat verbystap neem aan dis ‘n koffiewinkel, stap in en bestel koffie – o hemeltjie, sy’s beyond beeldskoon!
Swartkop knapie in ouerige Marmite advertensie, botteltjie Marmite sit op passasiersitplek, sy meisie sit agter, onthou jy? Yummy.
Ag en ek het al jare lank ‘n crush op Meryl Streep..
Oktober 1, 2009 at 21:19
Toe toe Girlie, ons het die green light gekry, ek het jou myne gewys, wys my joune. En niks kloosterigs soos my foto nie. Ons soek lyf, die blog mense het ‘n bietjie van ‘n boost nodig.
En waar is Vlam se bydrae? Dit behoort goed te wees.
Oktober 1, 2009 at 21:54
Hmmm…ek wag ook vir Nell en Vlam…
Oktober 1, 2009 at 21:55
Rooskindjie, Charlton Heston – with features chiseled in stone… (Ben Hur) hy stop my bloedsomloop en dan ook Richard Chamberlain en Rachel Ward (Thorn birds) ek hou van rou passievolle mense. Die goue oues doen dit ook vir my.
Oktober 2, 2009 at 06:42
Steve
Oktober 2, 2009 at 07:54
NEEEEEE BB!
Oktober 2, 2009 at 10:58
*blegh*
Oktober 2, 2009 at 11:45
Hy IS mooier as Desmond!!!
Oktober 2, 2009 at 12:03
Rosie, sê vir hierdie piepols hulle moet by die reëls hou!! Hier word nie ge’bash’ nie! Hier klim ek uit my closet en reveal my deepest ehhhmmm geheimpie
en dan kry ek kommentaar daaroor.
Of was daai *blegh* vir Desmond, Vriending?? 
Terloops – ek stem saam oor Marlene Dietrich (maar dis ou nuus… og, daai stem!!) en Ava the original and ulitmate ‘Eve’ vir my.
Oja, daar is nog ‘n antie wat dit nogal vir my doen: Helen Mirren. Ek het haar in 1994 op die verhoog gesien in ‘A month in the Country’… og, man!
En Meryl Streep wil-wil heeltyd in my gedagtes insluip. Ek vrek oor altwee – as total women.
Oktober 2, 2009 at 12:44
Vanessa Redgrave. Kan vir my stories vertel terwyl ek by ‘n kaggelvuur teen haar bors le. En haar sexy dogter kan my voete vryf…
Nigella Lawson. Kan vir my koffie maak. En stryk. Terwyl sy so onder deur haar wimpers deur loer.
Angelina Jolie. Kan aan my dak swaai. Kaal. Met haar tatoos en spiere.
Anna-Mart. Mag net wees. En nie te naby my nie, want ek bewe te veel in haar teenwoordigheid. Ek laat myself altyd aan ‘n resiesperd dink as ek nader as 10m van haar is…
Danie Joubert. Kan my lande ploeg.
Kirsty Alley. Kan vir my ‘n vaatjie bier aandra in haar North and South kleertjies. Daar waar ek langs die omgeploegde lande onder ‘n soetdoring sit en kwyl oor Danie Joubert.
Jacque Fourie. Kan my enige dag tackle… En ‘n drie druk met my.
Kristen Scott Thomas. O lallies, ek gaan niks verder se nie, want dan se ek dalk te veel…
Ellen. Almal verdien om ‘n grapmaker te ken. En sy het gorgeous oe.
Prinses Stephanie van Monaco. So in haar suitjie van 2 stukkies lap. Soos teen my kamermuur in die vroege jare 80’s toe sy nog rof en ombeskof was. Wyl sy so nat uit die see gestap kom.
Sharon Stone. Ek laaik mos ouer vroue. En hierdie ene se lagplooitjies maak my jellie. Oe ma!
Marilyn Monroe. My ultimate vroegere dae se moviestar. Sex appeal en vroulikheid.
Tom Sellec. Toe hy Monica se boyfriend was in Friends. Kyk, ek wou die TV attack in daai jare want hy was vir my net die sexyste ding op 2 voete.
Jan Ellis. Lyk of hy diep en lank en innig kan soen. En hy’t ‘n moer nice lyf. Teen hom sal ek kan aanstu in die winter. En kan vaskleef in die somer…
Hey Rosa! Hooit… ek gaan nou eers koue stort vat, sal maybe later weer inloer
Oktober 2, 2009 at 12:46
Lyk my die mense LUS vir Anna-Mart
Oktober 2, 2009 at 13:05
Uiteindelik het julle bygekom! dankie tog, ek dag julle is dood onder die nek. En moet asb nie vir BB bash nie.
Vlam wie begeer jy….ko se ons.
Krista! is blegh nou regtig al wat jy kan se? hmmm
lekker klompie mense wat julle noem het. njaaamies
Oktober 2, 2009 at 13:28
Bruce Willis
Calista Flockhart
Harrison Ford
McDreamy
Anna-mart
Renee Zellwieger (?)
Ellen
Kirsty Alley
Nigella
Dean Connery
Liz Taylor
Robert Downey Jr.
Oktober 2, 2009 at 13:28
Steve wie?
Oktober 2, 2009 at 13:58
Ekke verstaan nie almal se Anna-Mart ding nie?????
Maar ooooo, daai tannie Sharon Stone…..
Ek dink mos altoos hulle moet Charlize se gesig op Sharon se bo-lyf met Demi (ala GI-Jane) se onderly sit. Net vir die effek kan hulle dan vir haar ‘n bril opsit, en agter ‘n toonbank inprop. Ek sal die hele dag in die biblioteek spandeer!
Oktober 2, 2009 at 14:02
@ Krista – Is Dean Connery, Sean Connery en James Dean se aangenome kind?
Oktober 2, 2009 at 14:11
Maxie – Josie Borain doen dit ook nou-nog vir my. Try ten minste 1keer per jaar my hare soos Josie s`n sny. Sy`s te mooi vir woorde.
Rosa-wilderosie – dis sy ja, Allison. Sy`s die toppunt van vrouliheid, want sy`t nie gemaak of dit haar dem skuld is nie en aangegaan met LEWE.
Wat van die mooi latte van A Team faam. Almal.
Die ou Indiane, met daai sonbruin velle en moerse kwaai oe. En dan die kaal borskas…sal enige tyd wil verander na `n Indiaanse meisie!
My storie met Valiant – DMI – dis seker wellus en verliefwees gemeng. Ek wil hom druk, vry, soen en verby forever styf teen my lyf hou. Dag en nag. So voel dit. En dis nie lekker nie. Al vir 6 jaar nie lekker nie. Ek het al gewens dat dit kan oorwaai, maar die wind is te flou. Dit stuck, hierdie heerlike verliefwees wat my laat pyn.
Rosa – ek moet met jou praat. Ek `s nie verlief op Ava Gardner nie. Wat`s fout met my?
Oktober 2, 2009 at 15:30
Ha! Hoekom wil julle weet wie Vlam se bloed laat bruis?
Daar’s net een aan wie ek dadelik dink:
R-O-B-B-I-E W-I-L-L-I-A-M-S
Oeg, pyn my hart nou.
Oktober 2, 2009 at 15:41
…en Major Sherwood van Army Wives…
Oktober 2, 2009 at 16:30
Marilyn Monroe!
“Everybody lies”
Andy Garcia maak my kniege heeltemal lam.
Meg Ryan
Hugh Laurie/Gregory House
Was mal oor Heath Ledger
Cathrine Deneuve
Dermot Melroney
Antonio Banderas
Ellen DeGeneres
Bono
Rupert Everett
Robert Redford
Prinses Caroline
Uhmmm laaste maar nie die minste nie, want paddas kan in prinse verander as jy hulle soen!!
SHREK
Oktober 2, 2009 at 17:01
Vlam ons wil weet van ons is agies
Dis beter Krista! LOL @ Steve wie. Ag seker Stevie Wonder.
DMI: bou sy eie meisies. Ek moet se Demi was baie sexy in GI Jane, oe ek het haar vergeet, ek sit haar op my lysie, daar waar sy in daai wit vloot uniform is.
Maxie en Sigeuner: Josie is flippen mooi, ek het haar al in lewende lywe gesien…oe mense!!!!!!!
Sigeuner…nee ek weet nie wat is fout met jou nie, sorry om te hoor.
Wippie: jou lys is lekker.
Oktober 2, 2009 at 18:13
DMI: whaaaaahahahaha! Spelfout.
Oktober 2, 2009 at 19:11
Sam Elliott, Sam Elliott, Sam Elliott. Hoe ouer hy word, hoe meer ‘turn’ hy my ‘on’. (Ek voel lighoofdig…)
Oktober 2, 2009 at 20:07
@ Wip
) en Ellen DeGeneres maar my lysie is al so lank, klink al soos ‘n hormoonbelaaide tiener
Ek wou nog se van Andy Garcia (come to MAMA
Oktober 3, 2009 at 20:07
Shit Rosa man! Nou beny ek jou. Kon jy darem aan Josie raak? Ek sweer ek sou uitpass net om na haar te kyk! Gil ek amper hieso innie screen vas.
Oktober 4, 2009 at 07:55
Ek dink Michael Shermer van Skeptic Magazine is sexy. Hy het altyd ‘n Mona Lisa glimag op sy gesig. Dit moet die lyntjies aan die kant van sy oë wees.
http://www.michaelshermer.com/press/shermer_03_press.jpg
Oktober 4, 2009 at 12:50
Roer: hey long time no see!
maxie; laat ek liewers niks se oor ellen nie, ek sal net in die kak kom…:)
Sigeuner: nee as ek aan Josie geraak het sou die polisie my kom haal het vir onsedelike dade met ‘n vreemde persoon, toe sit ek maar my hande in my broeksakke.
Andrew…hy is sexy, hy skryf vir Sci American ook, hy is sexy en nog slim ook.
Oktober 4, 2009 at 20:44
Rosa? Josie is helemal bekend? Bangbroek!
Oktober 5, 2009 at 00:47
Audrey Hepburn- absolute tydlose skoonheid
Onse eie Rosie- what a beautiful mind
Demoerin- enige ou met so dashing radioaktiewe glimlag sal my hart wen
Emil- the voice of reason
en Laastens J- my hele hart!
Oktober 5, 2009 at 08:41
Meryl Streep. Kan vir my tee bedien op die stoep van haar plaashuis in Kenia.
Ian Roberts. Kan my by Meryl kom optel in sy Landy en my op safari neem deur Afrika. By hom sal ek veilig voel.
Rob Lowe. Kan my soggens wakker soen met daai oh so sexy bekkie.
Patric Dempsey. Dinges in ‘n blik, durf ek meer se? Daai man is mooi mooi mooi verby. En nog seksie ook. Ek sal sy lyfie elke aand invryf met room…
Daai man op sy Harley wat Skoorlief my mee verras het so ‘n paar jaar terug. Toe hy voor my deur aangedreun gekom het om my Franschhoek toe te vervoer agter-op my dreambike. En toe die lug so ‘n Pierneef palet was. Hy kan my weer kom oplaai. Sommer vandag nog.
Madonna. Se arms.
Sarah McLachlan. Haar stem sing van druk my teen ‘n muur vas en vry my tot ek huil. Ek sal.
En nou gaan ek werk. Dis immers Maandag.
Oktober 5, 2009 at 09:41
OMG Skoor!!! Get over it girl!! Enough already!
(Ek is bly om te sien iemand waardeer Madonna se arms
Oktober 5, 2009 at 10:23
Jou klein *&^% graatjie. Was jy nie die een wat verdomp gese het mense moet jou nie bash nie, en hier kom doen jy dieselle?
Oktober 5, 2009 at 10:43
Oktober 5, 2009 at 10:50
Skoortjie
Hoe sal ek JOU dan nou ooit bash, hm?? Ek sal jou ‘n pic van my arms stuur
Oktober 5, 2009 at 11:44
Ek wens iemand wil MY teen `n muur druk en vry tot ek huil. Sug…nie eers die tuinslang stel belang nie.
Oktober 5, 2009 at 13:21
Ja Graatjie, ek weet Madonna het by jou die arms gesien…Ek het egter deesdae ‘n probleem met die ouma. Sy lyk erg verouder, en die senings langs haar sye prik nie meer my verbeelding so erg nie. Geeez, en het jy haar nuutste video gesien?
sy moes seker op iets gewees het, want as ek my heupbene so bewerk, stap ek in ‘n wieliekie stoel vir ‘n maand!
Sigeuner, miskien moet jy eenvoudig dit AAN iemand doen, en nie wag dat dit aan jou gedoen word nie! Daars niks verkeerd met die voortou neem nie!
En dit kan baie sexy wees en so.
Oktober 5, 2009 at 13:24
Frankie, ter afsluiting – Denzel Washington is INDERDAAD ‘n wonderlike akteur, en ek reken ‘n goeie mens.
Ek het ook nog nooit iets leliks van hom gehoor nie. En dit sukkel mens nogal om te vind in daai vals wereld.
Dankie vir ‘n smile-giving-topic
Oktober 5, 2009 at 15:56
haai julle kan iemand asb vir sigeuner uithelp met ‘n vry???
Oktober 5, 2009 at 16:00
Ek sal as sy nog nie deur ‘n girl gesoen is nie…
Oktober 6, 2009 at 10:22
Oktober 6, 2009 at 10:41
Ek soek eers i foto!!
Oktober 6, 2009 at 20:52
Toe le ek en die tuinslang op die gras…en ek rol en krul my bene regrondom die hele 20meter groen-plastiek…en ek soen…en ek vryf en ek suig…en versuip amper toe `n bliksim besluit om die kraan oop te draai!!!!
Girl…ek is `n maagd as dit by girl-soen kom. Gaan jy my vry tot ek huil en dan troos?
Oktober 6, 2009 at 23:18
Uuuhmmm… Sigeuner nee darem nie tot jy huil nie… Net so voor jy begin snik sal ek ophou om seker te maak jy kry nog asem… nes jy wil…
Oktober 7, 2009 at 06:34
Kry vir jou ‘n paal Sigeuner!! Daai is nou vir jou ‘n sensuele uitlaatklep as ek al een beleef het! (Maak net seker jy gebruik ‘n fietshelmet virrie eerste paar kere…
)
Oktober 7, 2009 at 07:41
Good Golly maar dit raak nou warm hier in Rosa-land….
Oktober 7, 2009 at 08:48
Girl, Sarah McLachlan sing die volgende:
‘…and i will be the one to hold you down, kiss you so hard, i’ll take your breath away, and afterwards, wipe away your tears…’
Ek stel voor jy vat dit maar deur. Mens doen nie ‘n ding half nie, of is julle suburbian gils teasers?
Oktober 7, 2009 at 08:57
Die wind sal uit haar suile wees man… maar ek sal regtig ophou net voor sy begin huil…
…… Net-nou huil ek saam en wie gaan my dan troos….
Oktober 7, 2009 at 11:06
BB? Jy doen lekker gevaarlike dinge! Met my luck stamp ek als flenters ek ek daardie paaldans try!
Girl – ek wil huil…genuine, ek wil tjank en howl tot my asem weg is. En ons kan mekaar maar troos. Sweet 38 and veva been kissed liked that.
Intussen sal ek begin om my 147kg te verminder, deur op te hou eet. My geel valstande in jik te gooi en my onderarm-hare en been hare `n wax te gee…en my snor.
Oktober 7, 2009 at 11:24
Nee wat, sien ek nou jy is effe bang Girl!
LOL@ Sigeuner wat valstanne ini jik wil gooi. Yuk. Geen wonder iemand aan die anderkant het die hosepipe loop oopdraai nie.
Jy het nou die hele storie bedonir met daai beskrywing !
Weg is die erotix. Nou kan DMI ook maar ophou bloos en weer binnekom. Die girls is klaar gespeel.
Ek wens jou toe, Sigeuner, ‘n vry tot jy tjank.
Gaat je wel.
Oktober 7, 2009 at 11:46
Skorie… Sou jy nie ook skrikkerig gewees het nie?
Daai tanne…..
Oktober 7, 2009 at 12:09
Janeekyk, ek is NOU sooooo friggin bly ék hettie aangebied om daai Sigeunerkie te loop ‘troos’ nie
Oktober 7, 2009 at 12:35
Haai jinne julle, dit laat my toe mos nou dink aan ‘n lover op die net ontmoet…. se nou daar was nooit pics uitgeruil nie, en hier klim iemand totally oposite van jou prent in jou mind, vani earie af!!!
Ek maak net daar en dan of ek NIE ek is nie…
You blew it Sigeuner, hier het jy amper ‘n vry gehad, en toe is jy te eerlik.
Ek sou sekerlik Girl, ek sou. Anyway, as my Skoorlief my so vang praat hiesa, slaap ek sekerlik vannag buite in die bakkie. Agter in. Saam met die koue matras.
Oktober 7, 2009 at 15:09
Jinne maar julle raak gou bang!!! pissies.
Ek lag sigeuner jok en sy is vrek sexy!!!
Laat julle begin vry…en kom vertel ons asb alles.
Oktober 7, 2009 at 15:52
Jitte Frankie, dan gaan ek darem spyt wees EK het nie aangebied om haar teen my gangmuur vas te druk nie, but then again, as ek na 8 jaar wil skei, moet ek nou so neuk.
En dit sonder rede!
Van almal hier bo wat ek genoem het, doen Skoorlief al daai dinge vir my (just in case hier ingeloer word by Rosa se blog, moet ek my base cover)
Sigeuner het ‘n sexy mind though, Girl, hoooit, wil jy nie weer try nie jong?? Ek stem met Frankie, jy gee darem te vinnig op.
DMI, ek sceme jy moet weer buite in die gang gaan staan, die girls wil weer bietjie speel…
Oktober 7, 2009 at 16:06
Nou maar reg…. Bring it on!
Sigeuner my dier… wa’s jy?
Oktober 7, 2009 at 16:29
As ‘n plestiek pyp manlikeheid voorstel in ‘n tuin, wat sal die vroulike weergawe wees?
Van al die blomme op aarde is niks so blatant sexy soos orgadee nie.
Oktober 7, 2009 at 16:47
vroulikheid in die tuin = groen gras, oor jy soooo lekkker in dit kan rol.
Oktober 7, 2009 at 17:46
Ek loer deur die gaatjie…. bittermin wat my laat bloos
Vroulikheid in die tuin…. perfek gevormde roosknop wat net begin oopgaan.
Oktober 7, 2009 at 19:54
vroulikheid in die tuin = die (sexy) buurvrou wat in die einaste bikinitjie le^ en “tan”?
Oktober 7, 2009 at 21:13
Girl – hier`s ek…die groen gras-orgasdee met `n rooi roosknoppie tussen my tande…ek konnie my 1939`s bikini aankry nie en staat helemal verlee en kaal voor jou. Sorry as ek jou NOU al aan die huil het? Ek belowe my intensies was edel. Kom le net bietjie hier by my, ek belowe ek sal niks doen nie.
En die jik het gewerk.
Oktober 8, 2009 at 06:48
Sonkind… wat is jou adres nou weer??
Oktober 8, 2009 at 08:45
Skoor sit nader. Sommer op ‘n Dairy Belle plestiek kissie met ‘n 6-pack lekkertes neffens my.
Want hier gaan dinge nou hectic warm raak as Girl nie weer uitchicken nie.
LOL@Sigeuner met ‘n 1939 bikini. Jy kan darem nonsens praat. Moenie jouself so indoen nie. Die 1920 bikini wat jy het is baie minder vol gate as daai ene waarmee jy nou opgedaag het. You have to sell yourself here girl, do it well.
Sexy vroulik ini tuin? My clivias voor die slakke hulle pak. Uitdagend oranje, vol reendruppels wat afsteek teen die donkergroen blare… Of ‘n St Joseph’s Lelie. Spierwit. Rein. Bloetiefull.
Oktober 8, 2009 at 11:16
Girl staan verstom voor die naakte lyf van onskuld en wonder of Sigeuner darem die dorings afgehaal het voor jy die roos gaan staan en vasbyt het… Ek wil nie ‘n bekkie vol dorings soen nie…
Oktober 8, 2009 at 11:31
Oktober 8, 2009 at 12:43
Girl – wat DOEN jy met my!?
(pwoegg-ghooe, spoeg bietjie dorings uit!)
Oktober 8, 2009 at 15:09
Girl wil-wil so verder oorleun om sigeuner behoorlik vas te vat toe sy sulke groen goedjies in haar kieste gewaar… hmmm-uuuuhhhmmm… daar is nog dorings in haar mond….
Girl wil nie ‘n groenbekkie vry nie…
Oktober 8, 2009 at 15:21
ooooeeeeee lekker, onthou net, as enige een net daaraan dink om te begin geld maak uit sigeuner en girl se lekker ding:
ek kry 50% van die wins. oorlat die dinge soos stoom
En omdat ek gese het: “wil iemand nie vir sigeuner vry nie?”
As julle iewers gaan ontmoet, onthou asb om ‘n paar foto’s te neem want ons is almal baie nuuskiering. en sodat BB iets kan sien wat sy nog nooit gesien het nie. en sodat DMI kan se: ek het dit al gesien.
Oktober 8, 2009 at 20:36
Ek trek in elk geval weer my size 48 blommetjies rok aan. My sussie se: die verskil in vry, seks of sexy is huge! Nes ek huge is.
Klere aan is sexy, se sy toe en dan vry mens tot jy huil.
Sigeuner wil stoom, maar deel nie pics of geld nie. Ek`s dam nie `n prostituut nie. Sas man, Rosa wille ene! Maar dankie lat jy my die geleentheid hieso gebiet het.
Sigeuner wens net een ding. Lat ek eendag dalk sexy vir iemand kan lyk en hulle wens EK vry hom/haar!
DMI – eh eh! Seen that, done that?
BB, ek sal specialie dit vir jou live doen!
Girl – dit was nie nog dorings nie! Dit was `n Cloret-asem verfrissertjie. Ek is darem geheg aan my higiene, Girl. Nou`t jy gemis wat jy nooit wee in jouse lewetjie sal kry nie. Sigeuner se hartjie is sag, maar dis nie al nie.
Dalk was Rosa nog reg en is ek sexy en weet dit nie eers nie!
Oktober 8, 2009 at 21:17
Land van sand julle! Hoekom is al die ruite so toegewasem hierso?
Oktober 8, 2009 at 21:35
DMI – ek bly by die see. Jy kan sommer net hier oorkant op die sand ook vroulikheid sien!
Oktober 8, 2009 at 23:53
Girl wonder of Sigeuner weet die blommetjies rok lyk vrek cute en smile maar so met die omrol slag want dit pas so mooi by die aanloklikheid van haar orgidee smile. Oop… Eerlik en fokkin stunning. Ai….
Oktober 9, 2009 at 06:49
LIVE!!! Fanx Sigeuner!! Girlie, knyp daai ogies styf toe – waar’t jy gesien mens kyk ‘n perd (ehm girl) ini bek as jy soen??
En siende die Sigeuner ‘n ou Suidwester is kan ek jou met groot vrymoedigheid aanbeveel om haar maar ‘n go te gee.
Suidwesters kén van soen! Vra my. Ek’s een
Oktober 9, 2009 at 08:35
Druk haar vas Girl.
Spalk haar arms oop teen die muur en soen haar in die nek. Kyk hoe sy reageer.
Soen haar orgidee.
Orgidee smile, sorry.
Lyk my BeeBee adverteer ook hier Frankie. Miskien moet jy geld vra vir almal wat hier adverteer van hoe hulle KAN! Want dit lyk my jou ander oproep op fondse is gebat in ondebatteerbare area in.
Oktober 9, 2009 at 08:44
As sy geld vra is sy hin pimp!
Oktober 9, 2009 at 09:07
Ek kan dit nie glo….hyg….nie….asem…hyg….girl?….girl…..oe girl tog….hyg….(klein snik-gilletjie)….snik…..snik….soennnnnnn…..girl! girl????hmmmmm….dankbaarheid vloei deur my are….en nog iets, nog iets, rooiwarm deur my hart….snik….hyg….hmmmm, dankie, dankie, dankie! girl!
Oktober 9, 2009 at 12:29
Oktober 9, 2009 at 12:31
Sjoe Siggie…. is jy ok?
Oktober 9, 2009 at 12:58
Wie’s volgende
:mrgreen;
Oktober 9, 2009 at 14:53
Is daar iemand wat vir BB vir vry? Enige volunteers? Skoor?
Ek is nie ‘n pimp nie, ek stimuleer net die ekonomie, julle weet.
Vee asb net die wasem van die screens weg met ‘n lappie en dan gaan ons aan.
Kom vry gerus by Rosalind Franklin, almal wat lus en verlate voel. (ek vry en laat my nie vry nie – ek is die Madam – iemand moet toesig hou)
Oktober 9, 2009 at 21:06
Nee, ek sal nooit weer dieselle wees nie. SNIK
Oktober 10, 2009 at 19:09
Is jy bedonird Frankie!?
Het jy al BeeBee se man gesien? Hys nie ‘n graatjie soos sy nie!!!
Nee, ek is chicken. Ek wil die man se hand druk as hy weer Kaap toe kom, soekie om gemoer te raak nie.
Ek is chicken. Anyway vry ek nie weer ‘n anir man se vrou af nie. Got that t-shirt
Oktober 12, 2009 at 08:36