My Oom se Scopes
Ek is tog so bang ek mis iets – miskien is dit my motto in die lewe.
Toe ek klein was, het ek die aand voor my verjaardag nooit geslaap nie, want ek was bang ek gaan dalk in my slaap dood. Op Oukersaand sou ek so gejaag het na die kersboom, dat ek baie keer geval het, netnou mis ek iets.
Selfs vandag wil ek al die nuwe boek in die hele wereld lees, ek wil alles sien, alles eet en voel hoe voel daai nuwe ding.
Toe my oom army toe is, het my ouma (die ander een) sy kamer binnegevaar – op soek na die vieslike Scopes wat hy so lees. Sy het hulle opgespoor en korte mette van hulle gemaak – in die koolstoof.
Hy het baie suur van die army teruggekeer. Maar my ouma het volgehou “dis sonde”.
So paar maande daarna is my oom saam met ons op vakansie en ek hoor hoe hy vir my pa vertel van sy verlore Scopes. Ek het eintlik grootoor gesit en afluister.
My pa het met hom gesimpatiseer. My oom het gese, ‘n paar van die Scopes het die slagting oorleef en is nog in sy kamer.
Ek was 7 jaar oud en het glad nie geweet wat dit is nie, maar wel dat dit ‘n tydskrif is en baie, baie lekker klink. Ek moet een sien. Ek moet net.
Woerts is ek in my oom se kamer in toe ons weer een Sondag by my ouma-hulle gaan eet. Vinnig met krappende vingers tussen sy klere en in sy laaie.
En sowaar, daar kry ek een. SCOPE, se dit.
En daar is ‘n kaal vrou met sterretjies op haar tieties. Wow.
Ek het die boek daar weg, kombuis toe. Nou moet ek die sterretjies afkry om te sien wat is daar onder. Krap-krap met die mes – regdeur die bladsy.
Okay ander ene. Krap-krap. Oeps.
Sal ek nou die Scope weggooi in die “asgat” en laat my ouma die skuld kry, sal ek die boek heelonder terugsit, of wat?
Ek het maar die boek teruggesit. Ek wonder wat het my oom gedink toe hy dit kry. Ek moet hom tog vra eendag.
-
1
Pingback on Jul 31st, 2009 at 08:22
[...] herinneringe mooi gaan wees nie, party gaan lelik en hartseer ook wees (en ander gaan sommer net snaaks wees). Die truuk is om aan hierdie te kan terugdink as gebeure wat jou as mens help vorm het. [...]

Julie 28, 2009 at 19:26
Julie 28, 2009 at 21:11
Ek wonder hoeveel van daardie geslag onskuldige mans het gedink vrouens kom standaard uit met sterretjies op die tieties?
Julie 29, 2009 at 08:04
Ek het ook eenkeer deur ‘n ou Scope geblaai. Vol pragtige onskuldige meisies met sterrietjies.
Julie 29, 2009 at 08:42
Jou oom het dit gekoop vir die artikels Rosa.
Vir ‘n troepie was die sensuuraad destyds vyand nommer een, bogger die tirrs.
Julie 29, 2009 at 11:07
Ai, hoe laat jy my nou terug dink aan daai dae toe ek as skool laaitie ook daai Scopes op die rak begeer het maar nie geweet het hoe om verby die tannie by die till te kom nie.
Julie 29, 2009 at 11:20
‘n Scope is mos eintlik ‘n tydskrif wat ‘n mens gekoop het vir die artikels sien
Maar terwyl ons nou praat van sterretjies, daai ou wat die goed daar geplak het was seker op daardie stadium die onpopulêrste ou in die hele replubliek.
Julie 29, 2009 at 12:05
Die laaitie vra sy pa eendag: ” Pa, wat is n d**s?”
Pa se:” Bring gou vir pa die Scope in my bedkassie se laai.”
“Pa??” “Ja, jong, ek weet jy weet. Ek weet jy blaai skelm in hom na skool! Bring die ding!”
Laaitie gaan haal die Scope…
Pa maak hom op die middelblad oop en wys sy seun die prentjie. “Toe”, sê hy: “Sien jy daai twee sterretjies op haar tieties??”
“Ja, Pa…?”
Pa se:” Die ou wat daai sterretjies daar geplak het, nê? …….DIS ‘n d**s!!”
Julie 29, 2009 at 12:21
Haaahaha … BB jy moet tog NOOIT ophou blog nie. Daai grappie het my so laat lag die bure dink seker ek is ‘n basket case?
Julie 29, 2009 at 12:24
Julie 29, 2009 at 15:13
Julle vergeet dit was nie die arme ou wat die sterretjies geplak het se skuld nie, dat was die stupid regering wat ons gehad het met al sy sensuurwette. Daai simpel mans (behawel die skerp Suzman) in die parlement.
Ja, vir die artikels…..julle het seker die prentjies “gelees”.
Ja nee onse BB is ‘n tonic!
Julie 29, 2009 at 16:18
jy MOET vra. en hier post wat hy terugsê asb.
Julie 29, 2009 at 16:57
Mari- ek sal hom vra wanneer ek hom weer sien en terugvoer gee
Julie 29, 2009 at 17:52
Boends – jy ernstig?! Vroue kom NIE standaard met daai sterretjies nie?! O my danner
Maar dan ook – Ding het gister eers gehoor Oom Paul Kruger is toe dood.
Julie 29, 2009 at 21:36
Kan jy die paar onthou met die sterretjies wat mens kon afkrap
Julie 29, 2009 at 21:52
LOL Emil… Dis is voor my tyd… For real?
Julie 30, 2009 at 10:49
Julie 30, 2009 at 10:52
Ja… die goeie ou sensuurraad wat gevoel het hulle beskerm die land se sedes, so asof volwassenes nie hulle eie minds kon opmaak nie. Die anderdag koop ek toe nou Clockwork Orange, net om te sien HOE ERG ‘n movie moet wees om verban te word. Al wat ek weet is Stanley Kubrick was ‘n ongelooflike regisseur.
Julie 30, 2009 at 12:47
DMI: Nou praat jy. Daai movie het ek as student in 1991 te sien gekry op ‘n filmfees, wat ‘n fantasiese film (die boek was moeilik om te verteer). En toe so 4 jaar terug toe koop ek die DVD….smaak dit oor ‘n 1000.
Emil: sterretjies wat kon afkrap???Imagine as ek dit wel daai dag reggekry het.
Julie 30, 2009 at 13:19
Scope was ons opvoeding- vandag is dit die huisgenoot
Julie 30, 2009 at 20:35
Ja die Suzman-man. Baie skerp, Rosalind! Ek like hom.
More gaan ek weer kyk hoeveel dower ek geword het die afgelope 4 jaar. Julle weet mos wat se hulle van sterrtjies en bye? Dis nie waar nie! Van kleintyd af het my stiefma altyd gegil:” die kind het net nie ore nie!” Daarom moet ek alweer `n nuwe plastiek ene kry. Gan vroeg inkruip waar dit warm is en rus.
Julie 31, 2009 at 09:13
Onthou julle nog vir Anneline Kriel op die Huisgenoot se voorblad waar sy ‘n hemp en ‘n pentie aan het! So ‘n seksie foto…
Goots, die hele land het in opstand gekom, tannies se hare het spontaan getease, ooms het kwylbek saam klip gegooi, en elke klein dogtertjie het in ‘n hemp en pentie voor die spieel gestaan, een skouer hoe”r as die ander een. Skalkse glimlag om die lippe.
Daai het enige Scope gebeat!
Augustus 1, 2009 at 14:52
((((((Rooskindjie)))))) jy is ‘n tonic!!
Augustus 2, 2009 at 10:57
Skoor! nee ek onthou nie maar ek sal graag wil sien. ek het die einste me. kriel in lewende lywe se sien seker so 4 jaar gelede ne sy kan maar nog, sy kan maar nog.
LOL@ omies wat kwylend klipgooi!
Augustus 2, 2009 at 11:47
Ag watter lekker tye was dit nie, ek het baie my nefies se Scopes gesteel om na die mooi “artikels” te kyk.Wie onthou nog die Stag Magazine.Ek dink `n paar ouens se Scope bladsye het op `n manier aanmekaar geplak van “gom”
Nee shucks ek het nie ooghare vir die ou sensuurrade gehad nie.Die ou verkramptes, het eers al die “siensuur” werk gedoen , hulle self uitgehelp of die goed versamel en kon ingelig wees. Maar Jan Alleman moes met die krummels tevrede wees.
As jy kan gaan se asb ietsie hier http://die-werf.co.za/?p=3397