
Die twee het my laatnag vereer met ‘n gesprek, die genie en die primaat. Normaalweg staan Einstein saam met Marilyn Monroe, haar rokkie waaiend in die sintetiese wind, maar nie die keer nie.
Primaat: Almal van ons is diere – die mens ook. Die korrekte stelling is dus: Die mens en ander diere. Of die mens en ander primate, sou jy die groepie wou vernou.
Einstein: Die mens is ‘n dier.
Primaat: Is dit dus relatief?
Einstein: Nee! Die taalkundige begrip relatief en die wetenskaplike begrip relatief is 2 verskillende dinge. Dit is seker een van die groot misverstande van my werk. “Alles is relatief,” het niks met my en my werk (die spesiale en algemene teorie) te doen nie. Gaan weg.
Primaat: Ek kan nie, ek sit nou hier. Okay het jou: Gravitasie en ruimte-tyd.
Einstein: Wat maak jy met die skedel?
Primaat: Dis ‘n betragting. Soos die perde in Homer se Odessey. Die dier is baas en die mens is die slaaf. Of dus ‘n rewolusie soos in Animal Farm – hang af hoe jy daarna kyk. Die regering van die mens-dier moet verander.
Einstein: Dalk is ons besig om met afwaartse regulasie te de-evolve. Sedert die Era van Verligting was briljante gedagtes maar beperk tot ‘n paar individue. Ek sien die mense daar onder het net rekenaars en ‘n www om te wys as totaal en al nuut.
Primaat: En ‘n sterwende aarde. Dis hoekom ek na die mens sit en kyk.
Junie 6, 2009 at 07:40
Briljant en skerp!!!
En ons wonder almal hieroor??? Of weet ons? 
What separates us from other species is the ratio of our frontal lobe to the rest of the brain. The frontal lobe is an area of the brain that’s responsible for firm intention, for decision making for regulating behavior, for inspiration. It is the seat of what causes us to take information from our environment and process and store it in our biological system. In this way, like a computer, we make decisions and choices that are different than decision and choices we’ve made in the past.
Ancient writings scholars and archaeologists are beginning to uncover that human beings have a “galactic history”. My theory is that perhaps if more were known about
this evolutionary event that it wouldn’t be so easy for governments to rob thousands (corruption) from the poor to give without any recourse whatsoever to the rich. Nor would they be able to blow up towers and declare illegal wars!!!!
According to these ancient texts, human beings got slammed with a neo-cortex from the mating of advanced beings, waaaay before having the ability to integrate it. In my opinion this is why we see all the violence and human-un-kindness chaos in the world today.
Junie 6, 2009 at 16:46
@ Wipneus
Ek dink ons sou in ons DNS kon waarneem indien die mens in die verlede gepaar het met ET lewensvorme. Hulle (ET) sou ook nie te veel van ons kon verskil het nie anders sou die eindproduk, die mens, onvrugbaar gewees het. Maar dis vir my nietemin ‘n exciting idee om te wonder hoe dit voel om te score met ‘n alien.
Junie 6, 2009 at 19:02
Rosa, ek is nou so opgeneem oor die Filosofiese Chimp ek MOET een kry. Weet jy van enige plekke in SA waar dit beskikbaar is? Sover kon ek nog net eMuseum in California opspoor wat dit te koop aanbied teen $33.
Junie 6, 2009 at 21:09
Nee Rosa, mense is nie diere nie. Dis bloot ‘n taal kwessie. Die woord dier is juis daar sodat die konsep oorgedra kan word van lewende goed wat nie mense is nie. As ‘n boer vir sy vrou se^: “ek gaan gou vir die diere kosgee” sal daar verwarring ontstaan as mense ook as diere gedefinieer word. Dink nou maar net wat sal ons moet verstaan onder terme soos ‘n troeteldier of ‘n dieretuin.
Junie 6, 2009 at 21:19
Flippie dit het te doen met perspektief.
Junie 7, 2009 at 10:41
Mense IS diere, ons oudse familielede is die Eukariote (meese “diere”val hieronder). Dit is eenvoudig, so eenvoudig. Dit is nie een taal of persepsie nie.
‘n Dier/animal is nie ‘n skeldnaam nie, moenie dit verwar met “beast” nie.
Dit is ‘n biologiese feit.
Domain: Eukaryota
Kingdom: Animalia
Subkingdom: Eumetazoa
Phylum: Chordata
Subphylum: Vertebrata
Class: Mammalia
Subclass: Theria
Order: Primates
Superfamily: Hominoidea
Family: Hominidae
Subfamily: Homininae
Tribe: Hominini
Subtribe: Hominina
Genus: Homo
Species: H. sapiens
Subspecies: H. s. sapiens
Junie 7, 2009 at 10:49
Ja on DNS sou vreemde vorme gewys het, en dit wys tans bekende vorme van lewe.
Daai Chimp het van oor die see gekom. Ek het hom nog nooit hier gesien nie. Ek sal by die huis hoor waar is hy bestel.
Junie 7, 2009 at 14:31
Watse nut sou dit he^ om te beweer dat die mens ‘n dier is?
Junie 7, 2009 at 14:58
Ja, ja, ja
Want die mens is net soos al die ander organismes op aarde ‘n produk van evolusie, ons is niks meer of niks minder as enige ander organisme nie.
Ons is nie verhewe bo enige ander lewende: Ons is nie die kersie op die koek soos baie mense wil dink nie, daar is dus geen nut om die mens NIE ‘n dier te doen nie.
Die mens is nog net ‘n gewerwelde soogdier.
Die mens sukkel hiermee, hy wil nie ‘n dier wees nie, want hy dink hy is spesiaal. As ‘n paar klein goedjies nie gebeur het nie, of gebeur het, was ons nie eens hier nie.
Junie 7, 2009 at 16:08
Maar Rosa kyk dan net wat het die mens al bereik wat geen dier al bereik het nie. Die mens is volledig meester oor die dier. Hy maak wel baie droog in die proses. Nogtans is hy in beheer. So die mens IS spesiaal. Hy IS die kersie op die koek.
Junie 8, 2009 at 09:35
Ek wou ook iets sê, maar heelaas – ‘n stil bek isse heel bek…
Suffice to say: ek lees jou, Rosie, ek lees jou steeds baie graag!!
LOL@Andrew – om te score met ‘n alien. twee-punt-prop?? usb???
Junie 8, 2009 at 09:43
Stil…daar gaan `n man verby. Hy is `n mens.
Junie 8, 2009 at 13:32
Hehehe @ BB.
Rosa ou DIER (die versoeking was te groot
) hier is een interpretasie van die standbeeld waarvan ek baie hou:
“The ape is engaged in assessment and measurement (confirmed by the calipers). That we should even consider this level of intelligence in another species is a bold examination of ourselves through eyes that bear witness to the disproportionate leverage historically awarded humankind.”
http://en.wikipedia.org/wiki/Affe_mit_Sch%C3%A4del
Junie 8, 2009 at 15:33
Van die twee maak die sjimpansee die meeste sin.
Junie 8, 2009 at 18:12
Rustig: mmmm presies.
Andrew: dis ‘n lekker apie die, ne? dankie vir die skakel en die aanhaling, van die ou Dier
Goth: sit daar gaan ‘n trop ‘n mense verby.
BB: ek sal jou nooit bloedbek gee nie
Flippie: die mens is geen kersie nie. hy is slegs ‘n rosyntjie, een van vele, in die bun.
Junie 9, 2009 at 07:32
O jel!!! Rosie en haar se rosyne
og, ekke kannie rosyne inkry nie!! Ek haat hulle!! I can’t look them in the eye!! They so totally gross me out – dis erger as my vrees vir creepy-crawlers!! Maar wee’ jy wat’s die ergste!?? Ek BAK EN KOOK met die goed!!! Ek kan for the life of me nie Bobotie maak sonder dit nie (shop nogal altyd streng vir pitloses) – en Helge reken ek maak dié allerlekkerste bobotie ini hele wye wêreld. En hoe bak jy ‘n real hot-cross bun sonder hulle?? Sal mos snaaks lyk??
– Helge seg: “Nee, my Love – dis net JOUNE wat snaaks lyk op jou bord as jy al daai bruin soldaatjies uitgeryg het – daai hot-x-bun lyk soos ‘n ligbruin stuk Emmentaler!!! En Apfelstrudel sonder dit?? Kannie! Al sou ek wou – dit kan net nie!! My se ouma sal in haar graf tol – nevermind omdraai as ek durf waag haar geheime masterpiece resep so ‘verkrag’. O, red my van rosyne!!
(lyk vir my alte veel na ‘n gedroogde tick *bleeeeggghhh*)
Junie 9, 2009 at 07:33
Hey Rosietjie – thanx!! ekke voel nou heel veilig
Hoe seg die Narcie so mooi : “slaan hard maar kyk sag”.
Junie 9, 2009 at 07:42
Waaaaaaahahaha!! Ok iemand kom skop my maar hier uit – wou net nog dit sê: Ek’t gisteraand in my Happy Meal van McD’s ‘n Einstein gekry!!! Ok, so hy’s seker nie ‘n collector’s item nie… en ek weet jy het mos nou al joune, maar dalk is daar van jou lesers wat ene wil hê!!
Nogal ‘n higieniese Einstein dié – vir slegs US $1.50.
Ekke google toe mos die Movie – en kom toe op ‘n ebay link af waar iemand syne verkoop – luister die ad: “McDonalds Night at the Museum 2 happy meal toy #7 Einstein new in package. Comes from a smoke/pet free home”
Ag anyways – koop joune NOU by Mc D’s ommie hoek vir slegs R25 en kry ‘n cheese-burger-tjie-tjie, ‘n pakkietjie met 12 chippies EN ‘n 180ml colddrink heelemal GRATIS!!
/me gaan nou loop voor ekke bloedbek kry
Junie 9, 2009 at 12:42
Rosa, ek het ‘n maatskapy opgespoor in India wat 100% soliede bronze beelde vervaardig gebaseer op die oorspronklike ware Jacob. Indien jy belangstel, die totale koste is £515.00 wat veskeping na Suid Afrika insluit. Ek het my bestselling geplaas en wil net noem dat die diens tot dus ver uitstekend was. Hulle het tot vir my gebel. (Die eienaars is Britte)
Ek is so opgewonde hieroor ek kan my betoolsgeid nie in toom hou nie. Dankie dat jy hieroor geblog het. Dit is werklik ‘n besonderse stukkie kuns.
http://darwinmonkey.com/
eritis sicut deus scientes bonum et malum
ye shall be as gods, knowing good and evil
Junie 9, 2009 at 21:16
All hail Adonis!
Die mens is dier, ja. Tog kan ons nie uit die oog verloor dat die mens ‘n mate van bewussyn het wat dramaties verskil van diere nie. Maar verhewe bo ander spesies? Not te wiel – dis ‘n arrogante gedagte genèstel in argaïese beskouings oor die mens se plek in die skepping. Ek sal tog wil dink, omdat ons intellektuele ontwikkeling ons ‘n dominante dierspesie gemaak het, dat juis vanweë hierdie feit ons met die skepping met oorleg moet omgaan. Dit is dalk nie ‘n godgegewe verantwoordelikheid nie, maar ‘n verantwoordelikheid nietemin. In die gang van evolusie het die mens sodanig ontwikkel dat hy sy omgewing kan manipuleer ten einde te oorleef. Dit is hiér waar die mens eerder na gelang sy eie oorlewering die natuur en alles daarin moet beskerming – nie omdat hy oor dit “heers” nie, maar omdat hy ín dit leef.
Enigiets anders is niks meer of minder as spesisme nie. Maar as mens oplet hoe die mens met homself in verhouding tree, watter kans het die natuur?
Junie 10, 2009 at 07:38
Emil, is dit nie tog maar dieselfde nie? Is die dominante spesie nie per implikasie verhewe bo die ander spesies nie? Alle diere “manipuleer” op mindere of meerdere mate hul omgewing, maar die mens manipuleer dit op ‘n manier wat die manier hoe die diere dit manipuleer totaal oortref. Per implikasie heers hy daaroor. Is dit nie merkwaardig dat die feit dat die mens om hierdie rede verantwoordelikheid dra vir die natuur ooreenkom met die feit dat God aan hom hierdie verantwoordelikheid gegee het nie?
Dit help nie om hierdie dinge te probeer ontken nie. Die bewyse spreek hard en duidelik.
Junie 10, 2009 at 10:27
JAMMER, ek is oppad mcdonalds toe….dankie BB
Junie 10, 2009 at 11:06
Waaaaaahahaha!!! Ek en Rosie hette gemeenskaplike pêl!!! Sy naam is Ronald!!!! Klein, klein wêreld, dié, huh??
Junie 10, 2009 at 13:15
Nou as ek saam met ‘n paar van julle stem, klink dit of ek nie ‘n opinie van my eie het nie…
Junie 10, 2009 at 14:43
Girl: nou wat is jou opinie, gee dit anyway.
BB: en einstein-poppies, dit is nog ‘n pel
andrew: vir 515 pond kan en london toe vlieg en een daar gaan koop. fokkit…..!!!! maar ja ek stel ek sou ook betools geraak het as ek die brons ene bestel het. die beeltjies IS nice, myne staan oppie boekraak en ons gesels, diep dinge.
Emil: verhewe is ons nie. ek stem met jou punte. Ek misken nie die mens se brein en intellek nie, ek glo ook dat ons “dink ons regeer oor die diere, omdat ons KAN.” dit is amper soos: hoekom het die man die kar gesteel? hy kan, dit beteken nie dit regverdig dit nie/moet noodwendig soos wees nie.
you catch my drift?
die mens se arrogansie oor die natuur in geheel is net die ding wat my so verstom ek kan nie daarmee leef nie, dis hoekom ek so van die beeldjie hou, dis soos ‘n spieel.
en wat jy oor spesiasie se, ek stem 100%. ek sien net meer sleg as goed wat die mens gedoen het. dit sluit die jagter-versamelaars en die inheemste bevolkings uit. hulle weet van harmonie leef. maar ons het hulle ook omtrent almal vermoor.
Junie 10, 2009 at 20:20
Ja die mens tog – ek verstaan die spesie okkie aldag nie. Die mens sal toe mos staan en ‘n atoombom uitvind. G’n rot onder die son sal daaraan gedink het om ‘n mousetrap te ontwerp nie!!:roll:
Mind you Einstein was ook maar ‘n bietjie ‘not all there…’ – hy’t mos gereken sy papegaai was depro – en het vir hom gereeld grappies vertel om hom op te beur
’s true!!!