Ek wonder waar my tolleransie-breekpunt is, want hy word daagliks getoets.
(Ek weet al dat ek vrywillig en alleen uit ‘n vliegtuig sal spring, daai breekpunt is getoets, want jare gelede het ek dit gedoen. Dit was nie ‘n tandem-sissie-sprong nie. Dit is ware sprong. Dit was k*k – ek het geen adrenalien high gehad nie, geen bug het my gebyt nie. Die mense wat dit doen lieg – dis niks lekker nie – ek was amper dood van vrees. )
Anyway verlede jaar Februarie het ‘n man mos in my vasgejaag – twee keer – en weggejaag het. Ons is hof toe en hy het by die tweede hofverskyning toe hy my die skadevergoeding moes betaal, mos net besluit om die hof te minag, en “huis toe te gaan”.
Dit nadat hy met die vorige hofverskyning ingestem het om my te betaal – op rekord. Dit was September verlede jaar. ‘n Lasbrief is destyds uitgereik, maar hy is natuurlik nog nie weer in hegtenis geneem nie.
My versekering het vir al die skade betaal. My no claim bonus in sy moer in en my premie is met R40 op. Ek was twee dae in die hof. Niks.
Elke liewe dag oppad van die werk af sien ek die fokker se kar staan. Elke dag ry ek verby hom. My kar se verf sit nog aan sy simpel ou rooi ou Uno vas.
Hoe lank gaan ek dit uithou?
Hoe lank voor ek eendag soos ‘n besetene uit my kar spring en sy kar in duisend stukke slaan met ‘n hamer, of ‘n baksteen? Of dalk gaan ek in die nag en sny al vier bande stukkend.
Hoe ver is my breekpunt? Dalk raak ek heeltemal besete en verfrommel daai donnerse rooi Uno dat niks van hom oorbly nie.
Eendag, want ek is elke dag kwaad.
-
1
Pingback on Jun 5th, 2009 at 07:22
[...] of ek huur sommer hierdie bad-hairday-kat om jou uit te sort en stuur hom dan sommer aan na die Rooi Uno [...]
Junie 1, 2009 at 18:12
Ek sal dit al lankal gedoen het. Elke dag ‘n paar bakstene in die motor hê. Elke dag een gooi in die verby ry. Goeie terapie. met elke gooi skreeu jy, “jou moer”. Beter as beroerte of hartaanval omdat jou bloedruk styg oor ander se swak maniere.
Junie 1, 2009 at 20:18
Verlos die res van die mense van die potensiële gevaar: meld die motor aan as gesteel. Laat die fokker self voel. Was sy motor met terpentyn in allerhande patrone… Stuur my die GPS koördinate – Rebel sal sy enjin uitryg…
Junie 1, 2009 at 20:42
Rosa – ek het vir jou ‘n basebal-bat, ‘n aluminium ene. Ek sal kom help ook, ek voel lankal lus om iets te donner. En Uno’s veral is nie deesdae op my gewildheidslysie nie, hoor!
Junie 1, 2009 at 21:05
Uit ‘n vliegtuig gespring?
Nee genadetjie tog, nie vir R1 miljoen nie.
Een van my verjaarsdaggeskenke jare terug was ‘n valskermkursus, moes dit egter politely decline.
Vertel ons die storie eendag, as jy wil?
Sny sy bande stukkend!!
Junie 1, 2009 at 21:08
Dis die ding. Ek weet presies wat jy bedoel. Wat presies stop ‘n mens om ‘n onbesonne ding te doen as die regte kanale te stadig beweeg? Ek wonder – want ek wil ten minste een keer ‘n dag naar word as ek dink aan revenge. Dalk is dit tog maar common sense wat jou stop. Los maar die baseball bat.
Junie 1, 2009 at 21:09
Ek ry ‘n piksteel saam . . . .
Gooi brakefluid op die kar uit . . . dit maak sulke nice 60’s patrone soos dit die verf op-eet. Aartappel in de kezaust, baksteen deur die voorruit . . . oops!
Junie 2, 2009 at 05:05
Ek’s bly ek’s nie daai ou of sy kar nie
Junie 2, 2009 at 07:23
Rosa, die enigste manier om daardie monster uit jou hart uit weg te kry is om die man te vergewe.
Junie 2, 2009 at 07:37
Hey Maxie – ek’t dieselfde geskenk gekry vir ‘n umpteenth bday… EN nogal gaan spring ook
hemel behoed my! What was I thinking??? Nooit ooit never weer in my hele lewe nie!! (Dis seker dié mees malste ding wat ek ooit aan myself kon doen sonder dat daar drank betrokke was!)
Ding het ‘n great idea daar beet, Rosie. Gaan meld die ding as gesteel aan!! No damage, no-one gets hurt. (no finger-prints)
Junie 2, 2009 at 08:20
My eerste reaksie sou wees om sy bande te gaan stukkend sny. MAAR, dan kom my gewete en vra:”Wat as jy gevang word?” Want ek belowe jou, dan sal die gereg nie stilstaan en luier nie. Dan sal meneer geduldig sit en wag tot die hof sy uitstpraak lewer en al om my draai tot ek my swaar verdiende geldjies aan nuwe bande vir hom moet spandeer!! Ugh! Dit maak my so moerig!
Junie 2, 2009 at 08:49
Junie 2, 2009 at 09:39
Ek het ‘n longstanding ding oor Uno’s en die mense wat hulle bestuur, en ek moet sê jou storie doen nie juis iets om daardie beeld van Uno’s en hulle drywers te verbeter nie.
Flippie se raad is waarskynlik die regte ding om te doen, maar eerlikwaar sou ek waarskynlik die ander roete geneem en wraak geneem het. Al is dit net om die ding te laat wegsleep of sy wiele af te blaas.
Junie 2, 2009 at 10:09
Ek sal ook nogal die “gesteelde” kar aanmeld……. en dan gaan lees jy Emil se nuwe post oor vergifnis
Junie 2, 2009 at 10:29
Damn jy is goed…. Ek sal al laaaaaankal al my varkies verloor het…. Jy het nie dalkies al daaraan gedink om seekosdoppe in sy wieldoppe te sit nie????
Junie 2, 2009 at 10:42
Oi Rosa – respek dat jy dit nog bymekaar gehou het tot nou toe!
Ek sou dit laaankal verloor het … en van al die idees van wraak, dink ek Ding s’n klink die beste… hou ons op hoogte!
Junie 2, 2009 at 12:30
Vergewe hom…blyk my, is al wat gaan help.
Vergewe hom met rottegif of strignien of knopiespinnekop (gedroog en fyngemaak) in tjoklits wat gesmelt is en op sy dashboard gelos is. Domastante etter sal dit 10@1 eet.
Junie 2, 2009 at 12:41
Jare terug het ek perongeluk iemand se geparkeerde motor gestamp. Ek het die ou gaan soek en hom vertel wat gebeur het. Hy was so beindruk met my eerlikheid dat hy onderneem het om die skade self reg te maak en so is ons met ’n goeie gemoed uitmekaar.
‘n Paar weke terug het iemand my kar gestamp in ‘n parkeer area. Het hy/sy ‘n briefie gelos met kontak nommers? Nee.
They live amongst us and they breed.
Ek ken mense in die polisie, laat weet as ek op hulle nommer moet druk.
Junie 2, 2009 at 14:42
Elke hond kry sy dag en brakke kry twee. Weet nie wat ek sou gedoen het nie.
Junie 2, 2009 at 15:26
Sheess. En ek dog ek het anger-management issues…
Lyk my 80% van die blogwêreld is slightly geweldadig. Man ja, soos Nelba sê en wat Flippie sê. Moenie laat die outjie jou vrede steel nie. Dis nie die disprins werd nie.
Junie 2, 2009 at 21:07
BB
Jy’s braaf! Kyk, nie eers ‘n muis, Parktown prawn of giftige slang kan my afsit nie, maar hoogtes? Aikona.
Junie 3, 2009 at 11:53
Los dit en geniet die lewe.
Junie 3, 2009 at 12:00
Ek het mooi alles gelees wat julle se, baie dankie vir almal se inloer en insette. Waardeer dit. Afrikaanse bloggers rock, regtig.
Ek dink nie ek is kwaad dat hy in my vasgery, reverse en toe weer in my vasgery en toe weggejaag het teen ‘n stink spoed nie. Daarvoor het ek hom vergewe. Hy was onder die invloed van iets, drank en/of dwelms en ek gaan hom nie daaroor oordeel nie.
Ek is ontsteld dat hy nie groot genoeg, mens genoeg, was om verantwoordelikheid vir sy daad na die tyd te neem nie.
Nooit ooit sal ek regtig iets aan hom of sy eiendom doen nie, ek sal nie reg in eie hande ooit neem nie. Dit is ‘n revenge fantasie om my beter te laat voel, omdat die regstelsel aan die kant van die oortreder was.
Maar erger nog – dit was net ‘n stupid kar. Wat as dit ‘n geweldsmisdaad was? Wat dan?
En dit, maak my bang.
So ,iets baie dieper het losgekom in my deur die hele ervaring.
Junie 3, 2009 at 14:01
Rosa, die duik in my motor kan ek nie sien as ek bestuur nie. As dit ander padgebruikers pla kan hulle dit regmaak.
Junie 3, 2009 at 16:31
Moenie!!!!!
Junie 3, 2009 at 17:26
Nee, ek kan nie ek is baie presies oor sulke dinge, my kar is dadelik reggemaak. Ek ruil motors in, in 110%-kondisie, so elke drie jaar, en kry baie goeie pryse vir hulle en sit dan ‘n groot deposito neer. Elke keer koop ek ‘n beter model kar, wat lekkerder ry.
so jy verstaan my ont-**&^-steltenis????
Junie 5, 2009 at 07:36
Hahaha Andrew!!! What a positive outlook!!
Ek het nou die dag die kar laat ’stall’ by ‘n robot en toe ‘flood’ ek die ding ook nog met die probeerslae om hom weer aan die gang te kry (haastig en verleë en what not else). En TOE sal die ehhhhmmm hoe spel mens d**s nou weer?? Oja!! En TOE sal die DWIS agter my mos op sy hooter klim en TOOOOEEEET dat hoor en sien vergaan. Wip ekke vir my iets liederlik!!! Klim uit, gryp my sleutel, wetter die deur toe en stap na hom toe. Hou vir hom die sleutel en gil vir hom: “Dê!!! Loop start jy die damn ding, dan sal ek intussen jou donnerse hoeter vir jou druk!!!”. Waaaaaaahahaha!!! Hy’t soooo geskrik, venster toe gedraai en stip voor hom uitgestaar. Die dwis!!!
Junie 5, 2009 at 10:40
Whahahahahahaha,
whahahahahahaha, *asem* bwhahahahahahaha o my koek….. bwhahahahahaha @ BB!!!
Junie 5, 2009 at 12:13
Rosa, jy sal jouself moet losmaak van die ou en die rooi Uno, die lewe is te damm kort.
Ek weet, dis seker ‘n doring in die vlees om die kar elke dag te sien, ‘n sort of reminder…
Junie 5, 2009 at 15:41
BB: jy is such a tonic….lekker!!! ek en sy saam, sal NAG wees. LOL
Koeksister: ‘n piksteel in die vlees.
Junie 5, 2009 at 15:46
Eina!
Junie 6, 2009 at 07:07
Ek sou totaal uitgefreak het!!! Want ek is baie erg oor my no claim bonus en ek ry “nie” met ‘n kar vol duike en skrape!!!
Mense moet verantwoordelikheid neem as hulle aanjaag.
Junie 7, 2009 at 11:05
ek ry ook nie met ‘n kar vol duike nie, jammer. en thanks vir daai een, mens moet verantwoordelikheid neem wippie, mens vergewe nie sommer voor die voet nie.
Junie 8, 2009 at 18:26
Ko haal my. Ek het jou al gese.
Ons haal daai Uno se 4 wiele af en sit hom op bakstene.
Dan verkoop ons die bande en koop goeie wyn en suip en lag en voel beter.