Die lewe na PacMan
In 1980 het ek vir die heel eerste keer ‘n video-game in Durban gespeel toe ons met vakansie was. Dit was meer verslawend as roomys – waarvan ek geweet het, ek kon baie per dag eet.
Ek het nooit, ooit uitgevind hoeveel roomyse ek per dag kon eet nie, want my pa wou nooit my teorie toets, dat dit ‘n fenominale getal sou wees nie.
Maar diep in my hart, het ek geweet: ek is verslaaf aan games speel. Jy gooi jou 20c in, gryp die rooi bal-knop en skiet met die platter knoppies. En een-dimensionele vermaak is joune.
Ek het al my geld gespaar en is die volgende vakansie see toe met ‘n indrukwekkende R80. Ek het ge-PacMan, geskiet, gejaag, gespring, gekarate, en alles probeer.
Die arkade was veiling, Hang Ten was in, die strande was wit en ek het nie daaroor gewonder nie en my ouers het nooit iets gese nie. ‘n Mens het Slush Puppy en Toffie-appels op die strand gekry.
En toe eendag in 1984 speel ek nog so games, ai man. En staan daar nat, kaalvoete in my swemklere en speel. En eie skielik skok daai PacMan my dat ek vir Edison en sy voorvaders aanroep. Dat ek weet elektrisiteit-kak-bestaan.
Dit trek deur daai stang waaraan die rooi-knop vas is, deur my hand en arm en deur my lyf, regdeur my kaal voete. Ek het vir so rukkie nie games gespeel gespeel nie, en nooit weer op daai een nie.
Dit het nooit geweld in my aangewakker nie.
Ek het vakansies games gespeel tot in matriek. Ek het twee games van Nintendo wat in die hand pas. Hulle werk steeds en is mooi opgepas, deesdae is hulle versamelstukke. Popeye en Donkey Hong.
En iets het my pad met games geskei. Laas het Tetris gespeel, dat my oge brang, meer as 12 jaar gelede en toe nooit weer nie. Want die werk het die afgehaal van die rekenaars omdat almal te veel gespeel het.
En toe kry ons ‘n Play Station -verniet. Ek sukkel my vrek met Madagascar! Net sodra het aan die leeu gewoond is, kom die zebra op. Ek sit vas daar waar die leeu so spring op goed op ‘n grot met al die spinnebokke.
Ek 3-D beelde is vreemd vir my. Die eerste keer wat hy so grhrrrrrr in my hand gemaak het, dag ek hy skok my weer!
Ga! Gooi ek hom in die lug op. Wat de?
Daar is te veel funksies. Die hero’s kan te veel doen. Ek verstaan die goed nie. Mens moet omtrent 100 uur net aan die boekie lees.
Het ek my jeug verloor, het die tegnologie my ingehaal, of wat? Is ek die enigste een wat ‘n tikmasjien onthou? Of alles?
-
1
Pingback on Jan 28th, 2009 at 09:02
[...] info By BB Categories: 1 Op Rosalind se blog vanoggend o.a. van seevakansie en ‘wit’ strande gelees (haar storie het niks [...]
-
2
Pingback on Jan 30th, 2009 at 06:43
[...] jou nou nie speletjies gaan speel die naweek nie…. Laat my toe om toe te wens aan een en elk…… ‘n [...]

Januarie 26, 2009 at 15:41
Iets van albei, Rosa. Jou jeug verloor en tegnologie het jou ingehaal.
Ek verstom my hoe die kinders tjoef-tjaf al hierdie goed ‘kop’, en ek nerens kom nie. En dit nadat ek die boekie ook deeglik bestudeer het.
Januarie 26, 2009 at 15:59
Boendoe, dis ook nie meer lekker vir my om te swem nie. En eens op ‘n tyd sou ek 24 uur aan een geswem het, my ma-hulle kon my transatlanties laat swem het, as hulle maar net besef het hoe ernstig ek was.
Januarie 26, 2009 at 16:03
Ja, het self heerlik games gespeel nog tot Playstation twee, maar playstation drie het my nou baasgeraak. Die “graphics” is te realisties vir my!
Januarie 26, 2009 at 16:16
Ek het my altyd verkyk aan daai eerste tennis games – selfs die mense se gesiggies het agter die bal aan gedraai!
En toe was ek vir ‘n wyle verslaaf aan Quake… ja dis wreed en bloederig, maar man, as niemand die gordyne oopgemaak het nie, het dit more en aand geword sonder dat ek dit agterkom. Seun was nog klein en bang vir die monsters – het net so vinnig aan my kom pluk as hy honger was. Nou speel hy lan toernooie en skop almal onder hulle alies… – die enigste game wat ek deesdae speel, is Brickbreak op Mousebreaker.
Januarie 26, 2009 at 16:36
Carina: jy is my ligjare vooruit…ver, ver vooruit.
Dellie: baie snaaks seun wat vinnig aan jou pluk as hy honger is ROFL. en daar het jy my toe verloor.
Januarie 26, 2009 at 17:20
Rosa: Ek het my lus vir “games” ook verloor. Huidiglik is ek verslaaf aan Mystery en Puzzle Games. Ek het hele paar en behoort aan klub so ek kry elke maand een vir die helfte van die prys. Het al hele paar. Glad nie nodig om Einstein te wees nie. Net goeie oog en bietjie sense om puzzles te solve. Baie is gebaseer op Agatha Christy en Sherlock Holmes boeke. Te heerlik.
Januarie 26, 2009 at 18:51
Ding vrek vir games. Maar Ding maak nie uit van hierdie allerhande fensie games nie. Ding hou sommer van boks met die Weewee… of wat roep manman daai nommer? En van tennis speel met daai nommer. En dis die naaste wat Ding aan ‘n golfbaan sal kom. Playstation – jawel, Ding is enige ernstige wedrenjaer se donkerste nagmerrie – Ding crash en smash en ramp al die voertuie. Ding se gunsteling: Fight Club. En ja, hoe bloederiger die game, hoe lekkerder lag Ding. Is net so. PC-games: hmmm… daar is ‘n hele paar. Jaaa, Ding vrek nog steeds vir games…
Frankie, wat jy darem vir Ouding nou ligjare ver terug met die vertel – Ding het daai games net so gespeel!
Januarie 26, 2009 at 19:52
Dagse RosalindFranklin
Jy het my, ek het ook die vaardighede verloor met die tyd saam. Pacman, baseball, Mario Bros en al daai kon ek speel, maar deesdae loop ek liewers verby as ek die dag regtig lus is vir speel, loop haal ek die regte golfstokke en slaan die balletjie rond. Maar op die skerm kom ek nie meer reg soos die jonges van vandag nie.
Sterte met die Ouderdom
Groete
Januarie 26, 2009 at 20:18
Hoe laat jy my nou verlang na tikmasjiene.
Ek kan/wil nie eers die games op my selfoon speel nie…
Het eenkeer probeer met Playstation, maar het van ‘n gebou afgeval, ver, al gillend, ly aan hoogtevrees.
Tot groot vermaak van die huismense.
Nie sommer gou weer nie.
Maar ek is totally verslaaf aan Sudoku.
Januarie 26, 2009 at 20:48
Ek onthou tikmasjiene, Olivetti. Klak-klak. En toe elektries met daai lekker korreksielint. My eerste rekenaar by die werk was niks meer as ‘n fênsie tikmasjien nie. Alles is eers gedoen met Multi-Mate Advantage en toe met WP51. En elke keer was ek opgewonde oor die nuwe funksies en moontlikhede. Dink you net in hoeveel pret ek nou het!
En toe kom games. Ek het kaart en tetris gespeel. Het nie eintlik ‘n oog vir die ander goed nie. Daar was ‘n tyd wat ek vir ure kon speel. En toe hou dit sommer net op. Oudword? Nee, net uitgekuier.
Nou speel ek weer… in Photoshop. En ek geniet myself gate uit.
Januarie 26, 2009 at 20:50
Lewe, en lees- videogames is van min waarde
Januarie 26, 2009 at 21:23
Lank, lank gelede het ek ook games gespeel. Kings Quest, Larry, Space quest, Tetris en pacman!

Ek dink my hand en oog koordinasie is nie meer so lekker nie, maar ek is is seker die fout lê by my muis
(Dis wat ek die kinders vertel het toe ek nou die dag nie eers 1 minuut in hulle game kon uithou nie. My arme mannetjie word in flardes geskiet dis net ledemate wat oor die skerm vlieg!)
Nodeloos om te sê ek het my g*t lelik gewip!!
Ek dink dis “all in the wrist, baby”!
Ek moet skelm oefen dat ek hulle net weer wys, maak nie saak van die ouderdom nie, as jy kan skiet, kan jy skiet!!
Januarie 27, 2009 at 08:27
Ongelukkig het die Wii gogga gebyt……
Januarie 27, 2009 at 08:38
Sodra ek plek het vir die goed gaan ek vir my ‘n regte-egte pacman kaffee speletjie koop, en ‘n pinball masjien. Ek is maar ‘n sentimentele ou sucker.
Januarie 27, 2009 at 08:51
Ek het so 2 jaar terug bietjie Splintercell gespeel, maar ek kan nie so lank stilsit en games speel nie. Dit voel of iets by jou verby gegaan het as jy daar opstaan. En om die k*k uit iemand te skiet, is ook nie heeltyd pret nie.
My een foon het bubblebreaker op, lekker handig as jy iewers sit en wag (en nie aan die vuil Huisgenoot wil vat nie…)
Maar tetris, ai, dis ‘n ander storie. Daai game maak my op. Oor en oor en oor. Ek dink nie eens Pacman kom daarby nie.
Jy moet Lara Croft traai met PS, o donir, ek kom nie eens oor die kratte nie, want ek bly afneuk. Later staan ek maar op, en vat ‘n goeie boek. Ten minste voel ek beter as ek dit neersit. Mens hoef nie heeltyd adrenalin rushes te beleef nie, nee wat.
Ek het altyd Donkey Kong begeer. Daai oranje ene. Of DK2, die bruine (of is dit anders om), maar dit was my nie beskore nie. Miskien eendag, in ‘n tweedehandse shoppie, kry ek ene wat nog werk.
Daai dag koop ek vir my ‘n groot draairoomys, lag oopbek vir die son, en wees weer klein! En daar moet ‘n flake in die draairoomys wees. ‘n Witte met pienk tussen-in.
Januarie 27, 2009 at 14:40
ek is getroud met ‘n baie ernstige gamer. hy kan saterdag agter sy rekenaar verdwyn en eers weer maandag te voorskyn kom.
ek self vrek oor tetris.
hallo, my naam is maeree en ek speel tetris.
Januarie 27, 2009 at 14:57
Rustig: Dit klink nou lekker, is daar nie iewers ‘n fliek daarin mense so vir ‘n naweek weggaan om ‘n mystery op te los nie en dan word iemand regtig vermoor, maar almal dink dit is deel van die spel nie?
Ding: Ek wil ook boks met daar Weewee-ding! Jinne dit lyk vir my lekker en dan sien jy hoe moker jy daai anner ou. Maar dit is mos ‘n fensie ding daai? Ek hou ook van bloedige goed…heheheh
Ridder: Ek het een keer probeer golf speel in 1999. Ek het my naam geslaan. Ek kon nie die bal raakslaan nie. Nie een keer nie. Ek het net gestaan en swaai!
Maxie en Jo-Ann: Ek was so lief vir my tikmasjie, ‘n baie grend ene wat ek in std vir R800 gekoop het. Olivetti, baie smart.(Hy kon ‘n hele sin – backtype uit sy “rekenaar-geheue” in sy korreksielint! Hoe is daai vir jou! Jy moes net dadelik sien daar is ‘n fout.
Ek het al my goed op hom getik toe ek swot het en hy is saam met my koshuis toe daai eerste dag. Ai, die dood van tikmasjiene.
Ek is te swak met somme vir Sudoko
Ek dink ook ek is uitgekuier, Jo-Ann
Duusman: Jinne ek het ‘n lekker boek bestel vir my, wat Chris Stringer.
Wipneus, miskien moet jy tips vra vir Sonkind, ek hoor sy ken van skiet. Ja, ek dink ook dit is die muis se skuld, vertel vir kinders.
Demoerin: Ek wil ook boks-boks-boks, seker oordat ek nie regtig iemand mag wiks nie.
Jaco – ja ek het vergeet, dankie, van pinball, flip dis net so lekker.
Skoor: Daai tetris is lekker! Nee ek sukkel te veel met die playstation, dis stupid om te sukkel om selfs te loop!
Ek het daai einste oranje Donkey Kong game! Hy het ‘n dubble screen.
Hy werk met horlosie-batterye en na 25 jaar werk hy steeds!
Januarie 27, 2009 at 15:01
maeree: daar is iemand by my huis wat verslaaf was aan die selfoongame: snakes….
“net tot by 100 000 punte.”
“net tot by 500 000″
“flip ek is al amper by 1 miljoen”.
Ek is ‘n grand master of so iets, ek wat rosalind was, was amper MAL. bbeeeep-beeep snags in die bed.
En toe op ‘n dag, toe werk die knoppie op die selfoon nie meer nie. daai dag toe offer ek ‘n lam.
Januarie 27, 2009 at 15:37
Ek onthou ook Pacman en al daai ander lekker games. Met my eerste TV games het ek ‘n 2D version van Pacman ook gehad en dit was super cool!
Wii en playstation is my dood om nie eers van goed soos Mist en CSI op die rekenaar te praat nie. Ek hounie op totdat ek gewen het nie. Glad nie goed vir mens se slaappatroon nie en ook nie vir mens se studies of werk nie
Ek besluit nog of ek die Wii of playstation 3 moet koop hier in Korea…ek het ander kinders s’n moeg gespeel toe ek in SA was. hehehehe!
Daai snake game op die selfone was ‘n wenner en tetris het my ook ure besig gehou.
Januarie 27, 2009 at 16:08
Ek is self gek ook Tetris.
Ek het nog nooit in ‘n kafee games gespeel nie. My broers is altwee disleksies en iemand het my ma vertel dat tv speletjies vir hulle goed sou wees. Dus het ons gewone tv games gehad. Die kampioen speler was . . . my ma!!! As sy eers gaan sit het, kon jy geweet het niemand anders kry weer ‘n beurt nie. Ek kon altwee my broers donner as dit my beurt is, maar jy kan nie jou ma slaan nie.
Januarie 27, 2009 at 19:57
Nee man, solank jy tot by 9 kan tel is jou kop deur met Sudoku!
Dis ‘n spel van logika, en daarvan het jy tonne.
Januarie 28, 2009 at 07:21
Ek het ook gevrek oor pinball! Games speel ek al lankal gladnie meer nie. ek jok, ek jok – ek is die wêreld se Numero Uno Minesweeper kampioen!! Ek sweer ek is!! Dis nou as ek so op die pc sit en niks inspire my nie – dan doen ek ‘daai deng’…
ek sou ook wragtig die english channel gaan swem het as ek kon. Deesdae swem (snorkel) ek ini jaccuzzi
En swem… hm, Rosietjie, jy moet my skouers beleef!! Lats, traps, die hele tutti – van butterfly
Januarie 28, 2009 at 09:13
Oooo ja – vergeet van Pinball, sal ook eendag as ek groot is so ‘n regte winkel een wil hê!
Januarie 28, 2009 at 10:00
Was my hele lewe lank mal oor games! My Ma het my verbied om games by die kafee te speel, want dis waar daar dwelms is. Ek het natuurlik elke kans skelm aangegryp wat ek kon kry….
Sedert ek ‘n Wii gekry het, kom geen van die games naby dit nie.
Saterdag het ek ‘n WiiFit gekoop as ‘n laat Kersgeskenk aan myself…
Ek gaan miskien nie so “stream-line” soos die ouens in die gym word nie, maar tenminste geniet ek myself gate uit!
O ja, sal ook self nie ‘n regte egte PinBall, met daai klap geluid as jy ‘n Free-game gewen het, van die hand wys nie!!
Januarie 28, 2009 at 12:07
Rosalind, jou bestelde boek = ? Homo Britannicus . Skryf vir ons ‘n resensie.
Januarie 28, 2009 at 15:38
Ice: toe ek klein was, was daar nie die gevaar van dwelms nie. toe ek ‘n tiener was daar net: “jy raak nie swanger nie, jy doen als, jy kry net nie ‘n baba nie”
Duusman: mmm ek het so gesukkel om te kies. maar vir eers: 20 m years of human evolution”. ek hoop net die ene by die poskantoor wat hom wil steel, KYK eers wat dit is, want dan sal hy dit dalk los.
die heer outeur kom dalk later vanjaar na SA, maar dalk lieg ek
Januarie 29, 2009 at 11:33
Maar dit is! Daar is niks so lekker soos ‘n goeie deathmatch op sy tyd nie. Doom. Op monochrome skerms. Met serial kabels.
Ooooooooooooooooh yeaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaah.
Januarie 29, 2009 at 11:50
johan ek wou nog altyd paintball speel en regte mense skiet. hehehehe.
Januarie 30, 2009 at 08:30
Paintball is NO fun !!! Ons het so anderjaar vir ‘n ‘spanbou’ gegaan – die laaities het my (die antie) so beetgekry en geklits met daai pers en blou koeëls – ek kon eers ‘n paar dae later uitmaak wat is verf en wat is for really bloukolle!! *tsk* @ spanbou nogal!! I would’ve fired the whole lot of them!!
Januarie 30, 2009 at 09:06
BB is reg – Paintball is heerlik tot jy herhaaldelik getref word. Dan raak dit ‘n ander storie
Januarie 30, 2009 at 09:25
Ek onthou Pacman, Moonwalker (Michael Jackson se game), Pinball, Double Dragon…ai jai jai!
Dit voel ligjare gelede!
Ek speel nog gereeld games, maar dis maar ‘n mengsel tussen aanlyn speletjies en die odd PC kouende speletjie.
Net gister nog vir my Supreme Commander gekoop! Maar my kompie kry maar swaar onder hom!
Januarie 30, 2009 at 14:05
Julle ken seker nie bos taktiek nie – le plat-plat en wag dat die ander geskiet word
BB, het jy nou weer hard gegil sodat almal jy kan hoor hehehe.
Pagoda: Dit is wragties ligjare terug.