Ek het een keer doodgegaan, of seker amper doodgegaan, want as ek regtig dood gegaan het, sou ek nie vandag hier gewees het nie.
Die was in die somer van 1979.
Ek het die dag by my maatjie gaan swem, maar eintlik kon ek nog nie regtig swem nie. Ek het maar hier in die vlakkant rondgeplas. My maatjie en haar sussie, wat baie ouer as ons was, was soos visse in die water.
Toe ewe skielik, is ek te ver van die vlakkant af, ek voel nie meer die grond onder my voete nie. Verward gryp ek na die kant van die swembad, maar dit is te ver vir my. Ek trap en spartel, maar my kop sink onder die water.
Ek kry nie asem nie. Niks.
Ek spartel en probeer skree, maar ek kan nie. En toe skielik is ek net heeltemal onder die water.
Ek kyk op na die lug daar buite. Dit is wasig blou, soos deur ‘n vuil venster. Ek kan die son sien. Dit lyk of hy beweeg. Ek onthou dit baie goed.
En skielik was alles net swart. Om dood te gaan is net swart. Daar is niks meer of niks minder nie.
Ek het bygekom met my maatjie se sussie se mond op myne, waar ek langs die swembad le. Sy het my soos ‘n hondjie uigevis, het ek later gehoor en “my lewe gered”, met een of ander kinderlike lewensreddings-tegniek. Sy was 13, ek was ses.
Ek was tegnies nie dood nie, maar dit het soos doodgaan gevoel. Gevoel.
“Ons mag nie vir ons ma’s hiervan se nie. Want dan sal ons nie weer mag swem nie. Okay? Belowe jy?”, se hulle.
Ja, het ek half kotsend gese.
Ja, knik die lewensredder-sussie ook haar kop.
En van daai dag af het ek anders begin gedink oor die dood (en die lewe). Ook maar goed want in 2001 was ek amper weer dood, en toe ken ek daai swartword reeds.
Ek het nog nooit vir my ma gese ek het al een keer (amper)verdink nie.
Susan Sontag, sowat 6 weke voor haar dood
Foto: Deur Annie Leibovitz, uit die boek: “A Photographer’s Life 1990-2005.” , NY Times, 6 Oct, 2006

September 30, 2008 at 17:53
Gelukkig hoef ek nie die swartword te vrees nie. Onkruid vrek mos nie.
Ek het myself al disnis gehardloop teen ‘n muur, toe het alles ook swart geword. Ek dink egter dat ek net lights out was. Ek het ‘n massiewe blou oog gekry vir my moeite.
September 30, 2008 at 18:09
Adrie..LOL…het jy nie die muur gesien nie? Swartword. Ja, daai ding.
September 30, 2008 at 20:27
So bly jy’s terug!
1982, Margate, 16j oud.
Toe ek bykom, lê ek op die strand met lewensredders oor my gebuk, en ‘n skare nuuskieriges.
Mense dink om te verdrink, is ‘n wrede dood, maar jy is heeltemal in die kol oor die swartword, dis presies ook hoe ek dit ervaar het.
Ek het ook ooit vir my ma of enige ander familie daarvan vertel nie.
September 30, 2008 at 23:32
Dit voel vir my of ek vir ewig en ewig gaan lewe. Ek weet dis onsinnig, maar doodgaan is nie op my lysie van ‘things to do’ nie.
Oktober 1, 2008 at 04:58
Ek is bly hulle het jou uitgevis.
Oktober 1, 2008 at 06:31
Rosatjie, het jy nog nie gewonder wat of wat het gekeer dat die swart jou nie verorber het nie? Dalk was daar ‘n rede gewees Mmmmmm? My silwerdraad was ook op twee geleenthede nie geknip gewees nie.
Oktober 1, 2008 at 07:15
Noup, daai gevoel ken ek nie, ek weet hoe dit voel om so siek te wees dat jy bang is jy gaan dood en dan weer eerder te wens jy gaan dood, maar dood was my nog nie beskore nie… Ek sal seker maar geduldig my beurt moet afwag…
Intussen geniet ek maar die lewe en probeer om so veel as moontlik te LEWE… Lekker inskrywing Rosie!
Oktober 1, 2008 at 07:15
(NS: Ek dink jou gat gaan brand as jou ma uitvind!!!)
Oktober 1, 2008 at 09:01
Not your time then, eh? Jip, jy was probably presies soos jy daar sê amper dood… my ma het my dit netso vertel… behalwe, en met alle respek and no offence is hier ‘n klein deel van die res soos sy dit ervaar het: Pitch black stilte… nothing…. and then she did see light – no, she says she didn’t ’see’ it, she ‘felt’ it – it was not a physical seeing anymore. anyways – ek wil jou nie verveel met haar verhaal nie, behalwe dit: sy is in besit van haar doodsertifikaat.
Just because your experience was ‘black’ Rosie, doesn’t mean that’s that. It shouldn’t mean that for you. I hope it doesn’t.
Van die os op die esel: epos my groot asb?? infoatbirgitdotcodotza – i need your input for something please? x
Oktober 1, 2008 at 09:37
Rosa, baie treffend. Ek het nog nooit so iets ervaar nie. My beskerm engel is baie goed.
Terloops, ek wonder nou maar net hoe kan mens weet hoe dit voel om dood te gaan as mens nog nooit dood gegaan het nie?
Boendoe ek gaan tog ook vir ewig lewe.
BB ek het ook al gehoor mense wat so die lig gesien het.
Oktober 1, 2008 at 10:29
Daai opskrif van jou is wat hulle in ons kantoor sal noem ‘n “misrepresentation”.
Stem saam met Beeps. It ain’t over till the fat lady sings en jy was gelukkig nog dit gespaar, maar ek reken as jou ma uitvind, gaan jy weer swart sien… Ek het geen ondervinding (gelukkig) hiervan nie so sal nie weet hoe dit voel nie. Persoonlik wil ek ook nie nou of in die nabye toekoms uitvind nie, dankie!
Oktober 1, 2008 at 10:31
Join the club, eers net na geboorte van erge geelsig en toe weer so drie jaar oud, ook water betrokke. Ek dink ek het my share gehad en gaan nou 120 jaar oud word.
Oktober 1, 2008 at 11:31
Ek het ook nog nie so ondervinding gehad nie en ek beplan ook nie een nie.
!
Ek wil nog laaaaaank lewe!
Oktober 1, 2008 at 11:41
Roer: Jy opskrif kan dalk voorkom as ‘n misrepresentation,
maar daardie dag in 1979 het ek gevoel en alles ervaar van sterf. Want die water het my gevat en ek het doodgaan ek voel, in my kindergemoed het ek geweet: “ek is besig om te verdrink en as mens verdrink gaan jy dood.” En toe gaan ek maar saam met dit. Ek wil dit ook nie weer probeer nie!
Demoerin: Ek het jou wonderlike inskrywing gelees, my bewaarder is ‘n groot, sterk perd wat kan praat.
Flippie: nee mens kan nie weet hoe dit voel nie, maar mens kan voel hoe dit voel, om onder die water weg te sink en dan word dit swart. Ek jy weet nie jy gaan uitkom nie. Dan is dit so goed soos: Okay dit is nou die einde. Jy verstaan?
BB: my aura is pikswart
so die liggie in my tonnel is ook swart. ek sal jou mail
Pikkie: my ma, ai tog, toe ek klein was en sy wou my slaan het ek vir haar weggehol!
Mefri: Nee ek dink nie sover nie LOL.
Eilandkind: Dankie ek ook!
Boendoe: Jy is bevoorreg dat jy so kan dink. Lewe vs dood is en my topics van wonder. Ek sou laaik om 1000 jr te lewe in die body van ‘n 30jarige maar ek wil wyser word.
Maxie: Ek verstaan presies hoe jy voel, dis vreeslik ne. Die voel soos doodgaan. weird dat ons niks vir ons ma’s gese het nie.
Oktober 1, 2008 at 11:43
Welkom hier kokkewiet. bly jy het kom kuier!
Oktober 1, 2008 at 12:04
Ek weet gelukkig nog nie hoe voel doodgaan nie. En ek dink ook nie ek is reg om uit te vind nie!
Oktober 1, 2008 at 13:12
Sjoe, ek het nog nooit die lig of die swart gesien nie (ek ag myself gelukkig, dan.)
Oktober 1, 2008 at 14:20
Rosie, ek het ookal die swart beleef maar gelukkig nie gesien!!! Wel ek was vir 2 weke dood, toe ek daar bykom was my lewe nooit weer dieselfde nie…..dan lewe jy elke dag of dit jou laaste is
Lekker inskrywing!
Oktober 1, 2008 at 14:56
Ken daai swart gevoel ook baie goed! Het ook versuip en dit amper nie gemaak nie. My ouers weet egter, want hulle was daar…
Daar is wel ‘n paar ander goed waarvoor my ma my die “black hole” sou insvoeter as sy geweet het
Hierdie amper-dood speletjies is nie lekker nie en my arme engeltjies werk hulle morsdood!
Oktober 1, 2008 at 16:35
Sjoe, Rosa, hierdie ding van niks voor die tyd (voor die oerknal) en swart en nog steeds niks (wat jouself betref) na die tyd is vir my baie moeilik om te absorbeer. Miskien moet dit ‘n mens dit net aanvaar, maar ek wil dit konkreet verstaan … sou lekker wees as ons sintuie niks kon waarneem. … voel die swart soos wanneer ‘n mens onder narkose gaan?
Oktober 1, 2008 at 16:47
Dellie: Ek wil ook nie hoor dat jy uitgevind het nie!
Wipneus: Om lewend dood te wees, ek ken van daai ook, soms is die bykom erger ne? En ja, mens IS nie weer dieselfde nie.
Kaalvoete: Dis erg hoe baie kinders amper verdink en sadly werklik verdink. Kyk hoe baie hier tussen die paar van ons. Ek het ook so paar goed waaroor my ma my seker nog sal tik
Annerkant: Ek wou lankal iets skryf oor niks, maar toe dog ek dit sal by nihilisties voorkom maar dit is seker. Ek dink nogal baie oor “niks”. Maar niks is ook iets? Of nie? En is die swart wel iets? Of nie?
Kan ‘n mens waarneem sonder ‘n bewussyn, dis daar waar ek weer die konkrete probleem het. Mens kan nie ….
Ek was al baie onder narkose…mens dryf mos weg, weg, weg. Die swart was erger, banger, boser. Dit was net: Niks.
Oktober 1, 2008 at 20:09
… en moet of kan niks ‘n oorsprong he, en gaan daar weer niks wees? Waar gaan die iets dan heen? … Jy moet dalk tog ietsie oor “niks” skryf as jy wil. Dit sal baie interessant wees. Die swart einde is skrikwekkend! Ek wil amper nie aanvaar dat ‘n mens jou bewussyn gaan verloor nie!
Oktober 1, 2008 at 20:24
Ek hoop nie ek hoef ooit daai gevoel te beleef nie.
Versmooring, verdrinking en verbrand dink ek is baie erg.
Oktober 1, 2008 at 23:08
Sjoe Rosie, dit moes n verskriklike ervaring gewees het. Gelukkig het so iets my nog nie oorgekom nie! Maar wat lees ek dat jou liggie nog pikswart is daar in die tonnel!!!!
Oktober 2, 2008 at 08:16
Ek’s bly jy’s uitgevis. Ek’s soos Boendoe oor doodgaan – dit “feature” nie in my lewe nie. Dis nie dat ek nie daaroor dink nie, dis net dat ek nie dink ek gaan ooit doodgaan nie.
Oktober 2, 2008 at 09:20
Ek het in ‘78 en ‘79 presies dieselfde oorgekom. Die eerste keer was in een of ander kampeerplek se swembad. Die ding het dieper geraak en ek was hoppend op pad die ewigheid in, sonder om dit te besef. Toe ek agterkom die water slaan my onder die ken, en nie meer teen die onder arms nie, was my ritme reeds op pad om my tot aan die einde te vat. Genadiglik was daar ‘n engel wat my aan die arm gevat het en vlak kant toe getrek het.
Die tweede keer was ek eenvoudig ingestamp deur simpel seuntjies, en het presies die sensasies gehad soos jy beskryf. Maar iemand het gekliek die kind kan nie swem nie, en het my aan my arm uitgepluk. Amper.
Bliksemse kinders.
Ek kan gladnie onthou hoe ek eventually leer swem het nie.
Oktober 2, 2008 at 10:58
Alta: Ek weet nie watter van daai is die ergste nie.
Zee: ja
my liggie is pikswart
Netjane: Ek sal seker die dood, doodbliksem, soos ek nou al van jou geleer het.
Skoor: Simpel seuntjies is baie keer die oorsaak. Hulle druk mos mens se kop onder die water ook en hou dit daar.
“hoppend die ewigheid in” dit is nou baie snaaks beskryf! “en die ritme reeds oppad om my tot aan die einde te vat”. Flip ek het nou gesmile vir jou beskrywing!
Oktober 2, 2008 at 14:30
Wel ek hoop jy gani weer dood nie!!! LEKKER LEWE
Oktober 2, 2008 at 14:42
Dankie nuwe besoeker met die laaaaang naam!