Sien jy die Haas?
Sien jy die Olifant?
Haas en Olifant is ewe groot.
Haai, regtig?
Ja, regtig?
Watter een sal jy skiet om te eet? Watter een het die meeste vleis?
Ag, dit maak nie regtig saak nie, want jy kan mos vir jouself sien. Hulle is byna ewe groot. Die verskil is nie noemenswaardig nie.
****
Dus huppel jy, in goeder trou weg, en skiet die Haas wat hier naby ons sit. Toe jy by hom kom sien jy hy het minder vleis, selfs minder as ‘n hoender, as die Olifant wat verder weg gestaan het. Jy is geskok. Want jou oordeel was totaal en al verkeerd.
Ek lag lekker vir jou, want weet jy wat? Ek het een allerbelangrike ding uitgelos: Konteks.
Maar hoe kon jy dit tog gehelp het, want ek het nie die betrokke konteks aan jou geskets nie.
Nou moet ek net besluit wat kort, die verbale konteks, die sosiale konteks - of sal ek dit pragmaties beskou?
-
1
Pingback on Aug 29th, 2008 at 07:39
[...] Daar was dan natuurlik ook ‘n verdere filosofiese vraagstuk oor die bumblebee komponis. Die konteks kan soms in misverstande verlore raak, en kan dit die gevolg van ongeletterdheid [...]


Augustus 28, 2008 at 09:10
Ek stem. Die konteks is altyd baie belangrik. Mense kan lank met mekaar stry terwyl hulle eintlik met mekaar saamstem bloot omdat die konteks nie duidelik gemaak was nie.
Augustus 28, 2008 at 09:50
Oulike stukkie die oor konteks. Dit is so waar dat almal tog maar net altyd moet seker maak hulle stry oor deiselfde ding voor daar koppe gestamp word.
Hopelik sal konteks verduideliking nooit nodig wees om die verskil in grootte tussen Olifant en Haas te verduidelik nie….
Augustus 28, 2008 at 19:58
Flippie: presies
Demoerin: mense kan so tydmors, en mislei, natuurli. ai-ai
Augustus 29, 2008 at 12:27
dis seker hoekom die persepsie by bestaan dat skilpad vinniger is as hasie…?
klink my die hasie was toe al die tyd dood…?
Of is ek nou in die hasie en grietjie verhaal?
Augustus 29, 2008 at 19:31
Oulike inskrywing.
Augustus 29, 2008 at 19:48
Johannes: skilpad was slimmer as hasie
en grietjie, ai arme kind.
Freddels: hallo lekker om jou weer te sien.
Augustus 31, 2008 at 21:54