As kind het ek van Vrydag tot Vrydag gelewe, want die oom by die semi-plaaswinkel het spesiaal vir my en my sussie elkeen ‘n Bollie gebêre. Ek wou niks anders in die lewe hê as my Bollie nie, nie lekkers, koeldrank of wat ookal nie.
Elke maand het ek ongeduldig gewag vir my Daan Retief-klubboeke. Ek het hulle verslind, en my eie klein biblioteek opgebou.
Onlangs het ek my hele versameling boeke van Daan Retief, van Trompie, Saartjie, Die Uile en ander gaan aflaai by Kindersorg op my tuisdorp. Ek hoop die kinders daar kan ontsnap in die wonderlike verhale soos ek daarin myself verloor het. Soms was die boeke, en my twee honde, my redding.
Maar niks het gekom my die Bollie nie. Ek het hom aanhou lees tot ek veels te groot was vir hom, aanhou bly hang aan my kind-wees.
Wie onthou nog die wilde spul? Die Swape:
En die held in die verhaal, blou Bollie homself. Sy sussie Krabbel, Baba, Mamma, Pappa, Ouma, Tjoek-tjoek, Tant Netso, Boekies, Oom Dik-Daan en Tant Doortjie! Hoe wonderlik was die hase nie.
Dan dan is daar Pinkie Poenk, die olifant met sy lang slurp en sy maatjie Kiets.
Oom Stoffel en sy Handige neef Hansie.
Daar was plek om in te kleur en dinge te doen. ‘n Bietjie te leer, maar nie te veel sodat jy dit kan agterkom nie. En ‘n langer storie om te lees.
En die verhale van Sprokiesland. Agterop was die verhale van Wolla-Wolla die indiaan.
Het julle ook Bollie gelees?
Ek het nog ‘n hele leer vol Bollies, wat ek bere. Party is gaar gelees, vol spore van my kinderdae. Prysloos.
-
1
Pingback on Jul 25th, 2008 at 07:02
[...] is al van kinds af lief vir lees. Dankie vir hierdie herinneringe aan Bollie en dies meer. So gepraat van kind wees, demoerin word stadig groot sover dit sekere sake aangaan. [...]



Julie 15, 2008 at 21:03
Sjoe, jy het my nou ver ver teruggevat. Van Sub A af het ek aan ‘n biblioteek behoort, tot vandag toe nog. Behalwe vir biblioteekboeke, het ek ook elke ekstra sent wat ek gekry het, op boeke uitgegee. Vir Bollie het ek nooit gemis nie, en Trompie, Saartjie, die Maasdorp-reeks, Secret Seven-reeks van Enid Blyton.
Ai, lekker leestye!
Julie 15, 2008 at 21:12
Hi Sonkind: Daar is darem net nie meer goed soos die Bollie en die boeke wat ons gelees het nie. Ek is so glo bly ek het nie met Playstation grootgeword nie. Dit was net so lekker!
Julie 15, 2008 at 21:18
Ek het ook in die Biblioteek geboer en dieselfde reekse as Sonkind gelees. Ek het natuurlik ook nie vir Bollie kleintyd gemis nie en het aanhou lees lank nadat ek te oud was omdat my jongste boetie darem ‘n paar jaar agter my is.
Het julle ook die Tina boeke gelees wat vir tienermeisies uitgegee is? Ek het dit ook nie gemis nie en het skelm duiwelbybels gelees toe ek kon begin onthou het. Gits, dit is darem lang jare terug.
Ek sal altyd rolletjies lekkers en die prentverhale met mekaar assosieer… maar ek kan net die prys van die rolletjies onthou – 3c… nou R1.85 by my vriendelike Spar.
Julie 15, 2008 at 21:25
Hou net aan Jo-Anne!! Die prentverhale storie (soos in foto-verhale?) kom nog, ek het nog van dit, dit is eintlik skreeu-flippen-snaaks. veral die wat in Afrikaans was.
My suster het Tina en Patrys gelees. Ek het die Swart Luiperd gelees. Ag aarde, hy was vir my soos die held in die wilde bos
Julie 15, 2008 at 21:29
Ek onthou Bollie!! My gunsteling boeke was Maasdorp! Het ook al die boeke wat Sonkind oor gesels gelees. Was en is nogsteeds mal oor boeke.
Ek het vir my kinders die Storie-man reeks gekry, en glo dit maar, ek het net so lekker saam hulle gelees en geluister.
Jy het my nou ver terug gevat Rosie!!
Julie 15, 2008 at 22:46
Jissie hoe mis ek nou my Saterdae middae. As ons van die dorp af gekom het kon ek my nuwe Bollie lees!
Thanx vir die herinneringe!
Julie 15, 2008 at 22:47
Ek het ook in die Bib geboer en was selfs in die laerskool ‘n Bib-prefek. Ek het alles gelees, maar die Uile was my gunsteling!
Julie 15, 2008 at 22:49
Ek het ook in ‘n biblioteek behoort, vandag nog. Ek was ook lid van die Daan Retief kinderklub. Onthou julle die Japsnoet boekies? My klub boeke was gereeld op Wielie Walie gelees.
Ek wil nog die hele Maasdorp reeks koop, ek was gek daaroor.
Ek het Bollie net in die Huisgenoot gevolg, voordat dit die Bobo snert geword het. Baba het later Boemsie geword. En toe raak Mamma Konyn weer swanger. Ek onthou nog my ma se reaksie: “Goeie donner!! Mamma Konyn het al vir Boemsie gehad toe ek ‘n kind was.”
Julie 16, 2008 at 03:01
Ek kon nie wag vir Bollie nie! Dan was daar natuurlik ook die Avonture van Rissiepit wat met Bollie afgewissel was. Ek was mal daaroor! Adrie, ek onthou die Japsnoets boeke en ek het ook aan die DR kinderklub behoort.
Ek onthou prentverhale ook en die goed is skreeusnaaks as mens nou daarna moet kyk.
Saartjie en Trompie het ek ook almal gelees en die Storiemanreeks is ook deurgeluister.
Die goeie ou dae…
Dit was nou ‘n nice inskrywing, dankie!
Julie 16, 2008 at 07:36
Ai hoe jammer is ek nou dat ek nie ook my Bollie boeke gebêre het nie!! Sonkind herinner my nou aan die Secret Seven reeks van Enid Blyton en Jo-Ann aan die Tina reeks wat ek al van vergeet het en dan het ek ook al die ander reekse gelees wat julle hier van praat. Dan was ek ook mal oor Liewe Heksie. ‘n Vriendin van my het die Richie Rich boekies gekoop en dit weer vir my gegee as sy klaar gelees het. Ek behoort ook van ek kan onthou aan ‘n biblioteek en was hoofbiblioteek prefek op laerskool. Lekker herinneringe!
Julie 16, 2008 at 07:38
Ek het in St.5 hier aangeland – proper duitser – en my eerste behoorlike kennismaking met Afrikaans was die “Bollie” – ek het Afrikaans leer lees met die boekie. Ek het ‘n baaaaaaaaaie hegte hart-mond-verbintenis met daai konyn
Julie 16, 2008 at 08:34
Ek onthou dit so goed! Ek was ook totaal en al leesverskrik, vandat ek kan onthou lees ek. Enigiets, onthou julle nog die ‘Soekie’ reeks, ek het die vandag nog! My Ma het my eerste Soekie boek vir my gekoop toe ek op ‘n stadium in die hospitaal was en van daar af het ek my alie af gewerk om almal bymekaar te maak!! Genade dit was lekker tye… Soms wens ek ek kon my kinders in ons kindertyd grootmaak!
Julie 16, 2008 at 09:28
Krabbel was my gunsteling Bollie karakter.
Julie 16, 2008 at 10:23
O ja, ek onthou dit ook! Ek was in die koshuis, maar daar was hope Bollie’s om te lees. Ek het ook Daan Retief Kinderklub behoort, en kon nie wag vir my boeke elke keer nie. Ongelukkig het my versameling verdwyn na my mammie se dood. Ai, ek kom daagliks agter hoeveel van my lewe daar verdwyn het. Ek was ook stout oor Trompie en die Uile reeks. En daai fotoverhale – my ouma het dit “duiwelbybeltjies” genoem – Grensvegter, Die Wit Tier, Dr Conrad Brand…
In elk geval, my seun het ook aan Daan Retief en Storieman se klubs behoort. Hy was mal oor lees toe hy klein was.
Julie 16, 2008 at 10:40
Aaah, ek het al van Bollie vergeet! Dankie vir die lekker herinner.
Hoop die kindersorg kiddies waardeer daai wonderlike geskenk!
Julie 16, 2008 at 13:13
Jinne, hoe verlang ek nou. Dit was omtrent ‘n bakleiery Vrydag wie lees eerste die Bollie. Dan was daar die Tina tydskrif en die Patrys met Jet Jungle se Avonture saam met Spaghetti en Samantha en Jupiter. Is nie meer die moeite werd om Noddy boeke te koop vir die kinders nie. Die ou liberale drolle het dit nou vernader om meer politieskorrek te wees.
Julie 16, 2008 at 14:39
Dankie vir almal wat saam teruggedink en gedeel het.
Welkom hier ICE: ek stem Die Uile was baie koel.
Wipneus: Maasdorp was te girlie vir my
ek wou saam met Die Uile gaan gatskop! Ek dink as ek dit weer lees sal ek dit ook geniet, soos jy met jou kinders
Rustig: Ja ek stem, boeke moet net avonture van ontdekking wees, fantasie en fun. Later in die lewe kan mens ernstig raak.
Demoerin: Plesier, ek het lekker Bollies gelees gisteraand, dit was pret!
Dellie: Was Daan Retief nie wonderlik nie. Dit het ‘n kultuur van lees by kinders geskep. Ja al daai boekie en die foto-verhale, ek gaan nog skryf oor hulle, dis nou so snaaks.
Blixer: ja Krabble was cute, en Bollie
Pikke: Soekie, ek het van haar vergeet, sy was ook een van my boek-helde.
BB: Dankie dat jy dit nou met ons deel. Ons lief Bollie!!!
Reisiger: Dis my ma wat vir my die Bollies gebere het. Ek het ook nog ‘n Liewe Heksie boek.
Kaalvoet: Rissiepit ken ek nie. Japsnoet en DR natuurlik. Soos jy se, goeie dae.
Adrie: Ek stem Bobo is snert. Ek het iewers gehoor dit het met kopiereg te doen of so iets, maar ek is nie seker nie.
Julie 16, 2008 at 15:34
Ek is te jonk om hierdie goed te onthou… Not! Dankie, was lekker om te onthou.
Julie 16, 2008 at 15:37
Roer: Lol…plesier, is jy ook 21 vir altyd?
Julie 16, 2008 at 19:17
Ek was MAL oor Bollie. ek het nou lekker gesmaail om die ou maat weer te sien!! Jy moet klou aan daai Bollies! Maar as jy ‘n Bollieleser was, onthou jy seker ook die Patrys?
Julie 16, 2008 at 19:57
Jammer dat my kommentaar nie relevant is nie, maar ek het raad nodig (mag ek maar?). Ek sit met 3 groot kartondose vol pille, morfien ens, alles baie sterk voorskrifmedikasie. Meeste het al verval. Uit die aard van die saak wil en kan ek dit nie sommer in die asblik weggooi nie. Weet enigiemand dalk wat die veiligste manier is om dit van kant te maak?
Julie 16, 2008 at 22:38
Rosie, ek is nou regtig jare terug gevat deur jou inskrywing en al die kommentaar. Ek onthou my ouma het elke week vir my Bollie gehou uit haar Huisgenoot uit. Niemand mag dit gelees het totdat ek dit gelees het nie, en snaaks, vandag is ek nog so, as ek eers n boek gekoop het, mag ander hom nie lees voor ek klaar is nie.
Julie 17, 2008 at 08:22
heerlik om op jou blad te lees.
lank se verlang het aan my deur kom klop
en verras, toe ek die deur oopmaak
staan BOLLIE daar en die swape juig
want hulle het weer begin lewe.
dankie vir die lekker lees
Julie 17, 2008 at 10:55
Nee wat ek het nie ge’bollie’ of geTrompie nie – maar Ruiter in Swart, Die Grensvegter, Die Wit Tier dié het ek wel ‘gelees’ (skelm, want ek was bang vir my ma)
Julie 17, 2008 at 13:15
Thanx vir die welkom!
Ja, ek sal nie mind om weer die Uile reeks te lees nie.
So by the way, kan jy die Wadda van die Woestyn boek onthou? Die baba wat deur die Boesmans groot gemaak is?
Ek wonder of mens nog die reeks iewers kan kry?
Julie 17, 2008 at 14:51
Maxie ek gaan gou vir jou ‘n epos stuur oor die medisyne.
Julie 17, 2008 at 15:04
Flip daar bom die epos, Maxie jy sal dit maar moet neem na ‘n plek wat ontslae raak van mediese afval. Hulle verbrand dit in reuse oonde. byna soos ‘n krematorium.
Ice, dit lui baie vaag ‘n klokkie…?
Welkom Chaos..jong daai het ek ook gelees. Het nog van hulle ook.
Welkom Stanleystorie en die flinke kommentaar.
Zee ek voel ook so, jaloer op ‘n nuwe boek se gekraak.
Emmabel, my suster was die groot Patrys leser. Ek was Bollie se grootste fan. En welkom hier.
Julie 17, 2008 at 15:19
My gunsteling was Karel en Sarel. Ek sal enigiets gee om weer ‘n paar Karel en Sarels in die hande te kan kry. Weet nie of hulle in die Bollieboek was aanvanklik nie, maar teen die tyd dat dit in die Huisgenoot ingesluit is, was hulle wel daar.
Julie 17, 2008 at 15:30
Ek kan maar net al julle kommentaar eggo…Ai, waar is die bleddie tyd heen?
Julie 17, 2008 at 17:20
Bertus, praat jy van Karel Kraai en Sarel Seemonster, of hoe nou?
Boerinballingskap: Dit is om van bang te word – die tyd
Julie 17, 2008 at 18:57
Baie dankie Roos! Enige idee waar ‘n mens so ‘n plek kry? Of dalk sal ‘n hospitaal weet?
Julie 17, 2008 at 19:48
Jong nie regtig ‘n idee nie. ‘n Hospitaal sal weet, hulle stuur hulle mediese afval na bepaalde plekke, party soos groot staatshospitale doen dit self. Maar moet dit nie net afgee nie, sien toe dat dit in so ROOI sak/boks gaan gemerk medical waste.
Julie 17, 2008 at 19:51
hmmm…lyk my ons het die afgelope paar dae aan dieselfde gedink!
Net ‘n paar dae terug het ek Jakkals en wolf geblog met ‘n storietjie wat van ‘n Bollie-plaat afkom, en gese hoe ek vies is vir Huisgenoot wat Bollie gaan staan en verander het na…watse “global”-naam! Dis vir my so deel van die Afrikaanse kultuur soos pap-en-boerewors! Ek het letterlik STAPELS van die Bollie/Liewe Heksie stories in my klas gelos in SA met klaar uitgewerkte begripsleesvragies…alles natuurlik volgens verskillende leesvlakke…Hoe spyt is ek nou, want Bollie soos ek dit geken het, is nie meer in Huisgenoot nie… Gepraat van swape…nou laat jy my dink aan ‘n boek…’n Swape-boek ook..ek dink die titel is iets soos “Die sewe dom swape”…nie meer seker nie, kan net onthou hy was dunnerig en ‘n groen buiteblad..
Julie 17, 2008 at 21:13
Weereens dankie vir jou hulp, sal so maak. Sal later comment op Bollie, lekker nostalgiese inskrywing!
Julie 18, 2008 at 07:06
Ek’s jaloers dat jy nog Bollie boeke het. Het my Bollie, Patrys en Tina weekliks in die pos gekry. Dankie, was lekker om weer van die regte Bollie te hoor en lees.
Julie 18, 2008 at 11:03
Nikita, ai Jakkals en Wolf was net so lekker. En wie onthou nog vir Adoons-hulle. Daai ape was my gunsteling. Ek het nog ‘n plaat van Adoons hulle. Ek het hom oor-en-oor geluister, ek onthou nog stukke presies net so.
Ek stem dit is deel van ons kultuur.
Maxie: Jong dit is maar wat ek dink die beste sal wees.
Sandra; Welkom en dankie vir die inloer.
Julie 18, 2008 at 17:49
My absolute gunsteling was Apie en Bobbejaantjie. Dit was in die Diereland bundel wat ek more gaan soek om te koop. Dit was dierbare stories. Ek dink Dorothy Hill het dit geskryf maar kan heeltemaal verkeerd wees.
‘n Ander boek wat ek as kind gehad het was Dr Besembakkies. Wag, laat ek loop voor ek al my gunsteling kinderboeke hier kom lys.
Julie 18, 2008 at 20:21
Ai ja, Bollie en Krabbel. En ons kinders het altyd vuisgeslaan oor die Huisgenoot se middelblad. Nou lees niemand in die familie meer huisgenoot nie, maar daai jare was dit en die Sarie en die Landbou, about die enigste boeke op die rak, ne.
Ek het nog baie van my kinderboeke in die rak. Maar my senupunte het loop vassteek toe ek nie onlangs die Helena JF Lochner boeke (Kinderland, Diereland, Avontuurland) kon vind nie. Ek was oortuig my broer het dit weggegooi. Of my suster – nie een van hulle heg sentimentele waarde aan so iets nie. Ek het dreig emails gestuur, deur hulle boeke gegaan. Net mooi niks.
Die ander dag krap ek in my ma se huis in ‘n trommel, en wragtag, daar le die drie boeke. Ek wou begin huil.
Daai selle aand toe lees ek vir Skoorlief se enigste ‘n slaapstorie uit diereland. Van Apie en Bobbejaantjie. Dit was sooo snaaks, en het gehuil soos ek lag. Nou is hulle veilig gebere, en behoede die hand wat in my kaste krap!
Julie 18, 2008 at 20:23
My gomma, sien ek nou eers Adri se inskrywing. Kontak my op my email, ek weet waar jy kan begin soek. Daai boeke is jare al uit druk. Leserskring het, in die dae toe mens nog iets by hulle wou koop, die reeks uitgegee. Maar na my ma dit vir ons daar gekoop het, het ek dit nie weer gesien nie.
Julie 18, 2008 at 20:35
Rosa, dit was nou lekker om Bollie weer in ‘lewende lywe’ te sien. Ek mis hom tog so! Lyk my baie van ons het dieselfde grootgeword: Bollie, Daan Retief-boekklub. Ons het die Patrys ook gelees. Onthou julle daai tydskriffie nog?
Julie 20, 2008 at 22:04
Ek het maar opgegroei met Tintin en Asterix. They rocked!
Julie 20, 2008 at 22:53
Jeez, ek het nou die dag ‘n comment hier gelos, en ek sien hy wys nie? Kyk bietjie of ek spam is by jou, Rosa. Ek hoop die enetjie gaan deur!
Julie 21, 2008 at 13:25
En hoe meer mense comment, hoe meer onthou ek. Jakkals en Wolf, Adoons hulle en ja, natuurlik Tintin en Asterix!
Julie 21, 2008 at 14:28
Skoor, ek is ook een van daai wat dreigeposse stuur…:)
Kate: Ek het Asterix en Tin-tin in die biblioteek ontdek.
demoerin: mense se kop raak losser soos die mense kommentaar lewer.
Julie 21, 2008 at 17:12
Haai boendoe daar sien ek jy het in die Spam-ry gaan sit..sorry jong. ek het jou kom terugsit
was nie ek nie belowe.
Julie 21, 2008 at 20:14
Shucks Bollie het ook my lewe kleur gegee ek was gek daaroor. Die Swape ja as ek reg kon onthou was dit in Die Brandwag gewees (destydse tydskrif, `n regte mal klomp.Dan sal jy seker ook Tina (meisies tydskrif)en Die Patrys (seunstydskrif)onthou?
Julie 22, 2008 at 09:21
Ek het pas goeie nuus gekry. Vir Adrie en die wat nog onthou: Helena JF Lochner se boeke is in her-druk, en word in September uitgegee, volgens Protea Boekwinkel!!!
Hou die rakke dop – jy wil nie hierdie ene mis nie. Dis ‘n ontvlugting na ‘n ander wereld.
Julie 22, 2008 at 09:44
*loer vinnig rond of ek Rosa sien
Dankie Skoor, dit is inderdaad goeie nuus.
Julie 22, 2008 at 15:24
My waar sien? A3 ek mis al weer die punt
Oktober 24, 2008 at 15:55
Hi, ek was ook ‘n groot aanhanger van die Daan Retief boek Klub. Ek wil graag weet of die klub nog bestaan en indien, waar kan ek aanstluit of ‘n telefoon nommer kry of ‘n soort gelykke boekklub kry. My dogter is 8 en sukkel met Afrikaan op die oomlik. ASB eninge hulp sal aanvaar word.
email:bsmith@metrorail.co.za
Oktober 25, 2008 at 17:32
Ek dink nie die klub bestaan nie, maar vir die enigste boekklub tans is Leserskring.
En Via Afrika gee hulp-boeke uit vir kinders.
Januarie 18, 2009 at 21:21
Hallo aan almal. Was verbaas om n Bollie voor blad te sien. Dit is lank terug. Soek hulp vreeslik graag op soek na die boek van Helena Lochner Die Avonture van Apie en Bobbejaantjie. As iemand kan help wil ek graag hierdie boek vir my engels spreekende dogter kry. Baie Dankie Johan Genis
Januarie 19, 2009 at 12:56
Johan, het jy al Bid or Buy probeer?
Januarie 20, 2009 at 11:17
Johan, ek kan dalk help. Mail my by skoorbek@gmail.com
February 20, 2009 at 16:38
Ek was nou net besig om te soek vir Japsnoet boeke toe ek op hierdie web tuiste afgekom het. Daai boeke het my leer lees en somme doen – kon nie wag nie. Ek het dit sommer altyd self gaan haal by die poskantoor op die hoek. Mens voel mos sommer groot as jy jou eie pos kry. Ek weet nie of daar nog enigsins iets soos daai klub bestaan nie. Die lees boekie wat altyd deel was van die pakkie was altyd so uistekend geillustreer, ongelooflik.
Weet iemand iets van die kamma-kamma reeks wat ons ook op laerskool kon kry. Baie dieselfde konsep as japsnoet, maar dit is sommer by die skole afgelaai. Ek voel altyd baie sleg wanneer ek voor my vrou daarvan praat, want sy se altyd dat hulle nie geld gehad het daarvoor nie, en sy altyd haar maatjies s’n moes lees wanneer hulle klaar daarmee was.
Trompie, Hardy broers, Uile bo.
February 20, 2009 at 16:43
Ek sit nou net en dink aan daai A 5 grootte strokies prent boeke – Ruiter in Swart, Grens Vegter, die Swart tier – mense daai was rowwe ouens. Ek wonder waar daai goed heen is, dalk sal mens nog kry in tweede handse boek winkels.
April 15, 2009 at 12:01
Ek is juis nou besig om die DR Kinderklub te soek op die internet… Ek het nog al my boekies, en allerhande goed wat my ma vir my gebere het want ek het gese ek gaan ‘n juffrou word… hmm sy het my gehelp my droom nakom en nou kan ek al my kinder memories deel met die kinders in my klas. Hulle dink dis so cool dat hulle elke week op ‘n avontuur wil gaan saam met my. Ek het nog baie Japsnoet boeke… sjoe kan nie glo die tyd het so gou verby gegaan nie. Ek het nou net ‘n briefie ondek wat ‘n datum het van November 1989 wat genoem is: Ouerskap:Raadgewende diens met komplimente “daan retief” Nagmerries by kinders.
Augustus 7, 2009 at 10:11
Wil net weet of iemand my nie kan help met die eerste reeks storieman tapes nie sal koop of net aftape. Ek het die boeke nog, het die reeks vir iemand geleen toe tape die kinders oor die oorspronklike stories.
Augustus 25, 2009 at 09:20
Hallo !
Ek is desperaat op soek na een of meer Patrys.
Kan iemand my help?
Ek woon in Nelson, NZ en sal dit hoog op prys stel.
Roelof de Haan
(soek maar in NZwhitepages.co.nz my details)