jou oë’s genoeg herinnering
aan die onvermydelike
jou kerende hande genoeg
om die spykerspore
van jou kruis’ging
te verraai
kon’k maar jou
dooi lyf opeis
sou ek jou
sag ontwaak
jou oë’s genoeg herinnering
aan die onvermydelike
jou kerende hande genoeg
om die spykerspore
van jou kruis’ging
te verraai
kon’k maar jou
dooi lyf opeis
sou ek jou
sag ontwaak
Junie 22, 2008 at 17:56
Soms is dit voldoende om die ‘mooiste mooi’ net te mag ervaar……
Junie 22, 2008 at 18:12
Woordeloos mooi.
Junie 22, 2008 at 18:32
Ek het nie woorde nie…
Junie 22, 2008 at 19:05
Dankie vir hierdie pragvers.
Junie 22, 2008 at 19:06
kon’k maar jou
dooi lyf opeis
sou ek jou
sag ontwaak
dis baie mooi… kosbaar mooi
Junie 22, 2008 at 20:27
Sal ‘n thesaurus moet nadertrek vir genoeg byvoeglike naamwoorde om jou gedig gestand te doen. Dankie vir die deel daarvan!
Junie 23, 2008 at 07:39
Dis mooi. Elke mens beleef verse op ‘n ander manier. Sodra jy iets lees kry jy ‘n prentjie (memory) in jou brein. My brein het hierdie dadelik geassosieer met ‘n hartseer dag uit my verlede, en so paar skyfies geflits.
Junie 23, 2008 at 08:35
Pragtig verby!
Junie 23, 2008 at 08:49
Ongelooflik mooi.
Junie 23, 2008 at 12:38
Beautiful! Ek beskik nie oor genoeg woorde om dit te beskryf nie! Dankie vir die deel daarvan.
Junie 23, 2008 at 13:14
Baie dankie julle!
Junie 24, 2008 at 16:24
Hoe’s daai vir telepatie! Toe ek op jou link kliek, dog ek by myself: ‘ek wens sy het weer ‘n gediggie geplaas.’ En siedaar! Nice, Rosa! En dankie!
Junie 24, 2008 at 16:25
Sjoe!
Junie 25, 2008 at 13:16
Baie mooi!
Junie 25, 2008 at 15:11
Jy weet Rosa – ek staan in awe of people wat so met woorde kan toor – dit wat hulle dig noem. Ek is at best ‘n rymelaar, maar my vermoëns laat nie dig toe nie… hoe sê my ma altyd so oulik as sy my goed lees: “es reimt mein Kind, aber es dichtet nicht…”
Junie 25, 2008 at 17:25
Boendoe: Ek het jou vibes gevang….;)
Ai BB ek is seker jy kan dig! Is net woorde.
Junie 25, 2008 at 17:43
Junie 26, 2008 at 16:11
Ai Rosa, net woorde? Ja, dit is dalk net woorde, maar jy het die kuns om hulle mooi te rangskik ok, sodat dit sense maak!
Junie 26, 2008 at 16:59
Dankie!
Junie 26, 2008 at 17:47
Bly hulle verbrand nie meer toornaars nie…
Junie 26, 2008 at 19:07
Welkom terug Bloubloed, het jou gemis.
Junie 26, 2008 at 19:22
Sjoe, dis erg seer…
Jy het nie net baie talent ontvang nie, maar ook ‘n geestesgawe. Nie almal kan hul talent as ‘n gawe gebruik nie – moenie dit hier op jou blog begrawe nie.
Junie 26, 2008 at 19:32
Wag-’n-bietjie! Ek het jou net so baie, baie gemis. Ek is so bly om jou hier te sien, sterkte en baie hugs. Dankie vir jou pragtige woorde. Word waardeer.