In ‘n museumkas in Berlyn, ‘n mens kan dit maklik mis, lê ‘n paar oopgeslane hardebandboeke.
‘n Unieke handskrif, moeilik om te ontsyfer vul die bladsye. Wanneer mens effens opkyk staar die donker oë van Albert Einstein af na jou vanuit ‘n foto. Asof hy steeds neerkyk op sy fenominale werk en daaroor dink.
Ek het met verwondering gekyk na die bladsye teoretiese fisika en wiskunde, wat geskryf is in dié reus se eie handskrif. Natuurlik het ek niks daarvan verstaan nie, maar ek het dit met die nodige respek en agtig wat dit verdien, gestaan en bewonder. Hy was onpeilbaar diepsinnig.
As ek my oë opslaan na die sterre en probeer begryp wat ons vandag van die heelal weet, dan besef ek, was dit nie vir dié een enkele mens nie, het ons seker niks meer van die kosmos en lewe geweet as wat die antieke filosowe oor gesit en dink het nie (met ‘n bietjie van Newton en Galileo se insig as basis).
Hy het ons inderdaad in meer as een opsig lig gegee, met sy relatiwiteitsteorie (lig beweeg altyd teen ‘n konstante snelheid van ongeveer 300 000 km/sek) en dat die wette van fisika dieselfde is vir enige liggaam in beweging.
Hy het ook kwantumfisika vir ons ontsluit (lig beweeg as ‘n golf/partikel).
En, dat atome ‘n werklikheid is. Hy het ons konsep oor swaartekrag verander.
Seker die interessantse is dat tyd en ruimte nie van mekaar geskei kan word nie. (spesiale relatiwiteitsteorie).
Moor die mites
Maar sy wetenskap is goed bekend. Die mites oor hom blyk net so bekend te wees.
Mite: Einstein was ‘n seksmaniak.
Feit: Hy was iemand wat in sy leeftyd erkenning gekry het vir sy werk en was baie gewild soos enige persoon wat bekend raak. Sy eerste huwelik het op die rotse geloop en hy was nie ‘n perfekte pa en man nie. Die geld van die Nobelprys het hy aan sy vrou en kinders gegee. Hy het na ‘n lang verhouding met ‘n verlangse niggie getrou en hulle het nie kinders gehad nie. Inteendeel, Einstein was nie te mal oor vroue nie, en het sommer hul bewonderaarsbriewe weggegooi. Hy het nie vroue as sy gelyke gesien nie.
Mite: Einstein was dom op skool
Feit: Dit is nog nooit bewys nie en op hoërskool het hy reeds goed presteer en talent in die wetenskappe getoon. Hy het nie van tale gehou nie en geen aandag daaraan geskenk nie. Hy was ‘n besonderse goeie violis.
Mite: Verhouding met Marilyn Monroe.
Feit: Hulle het een aand saam aan dieselfde tafel gesit en MM het gesê sy sou graag ‘n kind by hom wou hê – met sy brein en haar skoonheid sal dit die perfekte kind wees. Einstein, het gesê: Maar wat as die kind my gelaatstrekke kry en jou brein?
Dan is daar die belaglike mites: Hy het elke dag dieselfde klere gedra, maar het nie daarvan gehou om ‘n pak klere te dra nie. Hy het wiskunde gedop (LOL)! Hy was nie “lekker in die kop nie”.
Wat van die vreemde foto: Einstein het dit gedoen om die foto te ruïneer vir die fotograwe en toe word dit een van die mees ikoniese foto’s van alle tye.
Skerp
Einstein was een van die skerpste mense ooit. Sy aanhalings is legendaries.
“Any intelligent fool can make things bigger, more complex, and more violent. It takes a touch of genius — and a lot of courage — to move in the opposite direction.”
“A person starts to live when he can live outside himself.”
“Sometimes one pays most for the things one gets for nothing.”
“Two things are infinite: the universe and human stupidity; and I’m not sure about the the universe.”
“The further the spiritual evolution of mankind advances, the more certain it seems to me that the path to genuine religiosity does not lie through the fear of life, and the fear of death, and blind faith, but through striving after rational knowledge.”
http://www.time.com/time/time100/poc/home.html
EN DAN SÊ EK OOK BAAI VIR ‘N RUKKIE, WANT EK GAAN UITGESTORWE DIERTJIES SE GOEDJIES IN DIE VELD SOEK, EN SO AAN…..maar ekke kom weer terug….
-
1
Pingback on Mar 17th, 2008 at 01:05
[...] Om die bal aan die rol te sit, tag ons dus onverwyld die volgende bloggers: Sonkind, Die Gestorwe Soldaat, RightSaidReverend en Rosalind Franklin. [...]
Maart 14, 2008 at 08:43
Mmm, vandag sit meeste briljante breine agter die skerm van ‘n rekenaar. Wonder wat Einstein met vandag se tegnologie tot sy beskikking, sou kon vermag.
Maar amazing dat hy net sy brein gehad het om mee te werk!
Maart 14, 2008 at 09:14
My gunsteling van Einstein – verskoon as dit nie 100% reg is nie.
“Their are 2 ways to live your life, one is like nothing is a miracle the other is that everything is a miracle.”
Maart 14, 2008 at 12:08
Skoor, ek wens ons kon hom terugbring. As ek net dink wat hy sou doen met donker energie en donker materie, met die wereld se beste teleskope! Om hom en Stephen Hawking bymekaar te bring!
Adrie: Mens kan jou vedrink in alles wat hy gesê het. Hy was wys op baie vlakke.
Maart 14, 2008 at 12:20
RF
Wysheid is ‘n eienskap wat nie op ‘n vakgebied gesentreer is nie. My opinie in elk geval.
Maart 14, 2008 at 14:28
Interessant. Ek weet nie veel van hom af nie, behalwe dat hy moerslim was. Veral sy aanhalings is, soos jy se, skerp. Vlymskerp.
Maart 14, 2008 at 17:09
Darem maar eienaardig hoe die hoogste bome verniel kan word met sulke mites.
Ag ja, ek mis die dae waar dit vir my so lekker was om te verdrink in die ontdekkings van ons groot geeste instede van konsentreer op oorlewing!
Maart 14, 2008 at 17:47
Ek dink nie regtig Einstein het hom baie gesteur aan wat ander mense van hom gesê het nie.
En jy moet veilig diertjies soek daar in die velde en gou weer terugkom. Ons gaan jou mis
Maart 14, 2008 at 23:02
Wat mis ek? Watse diertjies gaan jy soek en hoe lank gaan jy weg wees? Moet weet hoe lank ek sonder my daaglikse dosis van Rosa die Wyse gaan wees!
Maart 15, 2008 at 22:36
Ek bewonder hom nog altyd, al verstaan ek boggerol van sy teorieë.
Klink my jy’t ‘n lekker werk!
Maart 16, 2008 at 13:25
Dankie Rosa’tjie, ek hou veral van die Mites wat jy opgeklaar het. Lekker diertjies soek.
Maart 16, 2008 at 22:07
Ek hou nogal van die skerp antwoord wat Einstein vir MM gehad het.
Lekker goggakies en dinge soek.
Maart 16, 2008 at 22:16
Eish…. daai man ‘was’….. One of a kind!!! Never to be repeated!
Maart 17, 2008 at 01:10
Dankie vir nog ‘n interessante inskrywing.
Jinne ja, dit klink omtrent of jy ‘n lekker werk het. Geniet! Ons sal geduldig wag vir die terugvoering.
Maart 17, 2008 at 08:02
Ok, nou voel ek ‘n veer vir hom. “Hy het nie vroue as sy gelyke gesien nie.”
Maart 18, 2008 at 09:28
Magies, ek wonder wat hy van al hierdie comments sou gesê het? Ek dink persoonlik hy is briljant en sou graag so ‘n rukkie by hom wou kuier. Nee, ek sou nie kon saampraat, ek sou maar net kon sit en luister. ‘n Mens leer nogal veel maar deur luister, as om te praat! Lekker goggajag…
Maart 21, 2008 at 14:53
Hallo julle dankie vir die inloer toe ek weg was. Ek sal binnekort iets van die trippie skryf…ek sukkel nog om die stof uit al die gate te kry. Dit was heerlik ek wonder of ek my skoene ooit sal skoonkry. Ons het mooi fossiele gekry en ek post later foto’s.
Roer, jy moet onthou Einstein het al sy eerste groot werk in 1905 geskryf, toe het min mans vroue as hul gelyke gesien. Meeste vroue kon toe nie eens stem nie, ook nie hier nie, so mens moet in die konteks van die tyd daarna kyk.
September 10, 2009 at 23:51
Ek soek my vrek na Einstein se aanhalings in die oorspronklike Duits. Kan jy dalk help? Die www lewer net die Engelse aanhalings.
Groetnis