Ek kan christene se frustrasie met die verval van kersfees verstaan, werklik ek kan. Ek verstaan die bedoeling van die fees en wat die geestelike waarde vir daarvan vir christene moet wees, ek is allermins in ‘n christelike huis grootgemaak.

Jaar na jaar kan ek sien hoe hulle fees eintlik vertrap word deur ander simbole seker onder meer deur  ’n reuse mag van kapitalisme, hoewel ek ‘n voorstander van kapitalisme is. Tog voel ek dat religie en alle vorme van theisme in ‘n groot mate apart gehou behoort te word van die ekonomie en ander skole van denke.

 Gee stop nie net by die naastes van my gesin of familie nie.

Om te gee en liefde te ervaar, is deel van kersfees, tog word dit tot die uiterste bedryf. Om te gee beteken vir my om ook kan ander te gee, soos aan diegene wat minder as jy het, wat ook diere in nood en die natuur in geheel insluit. ‘n Donasie aan die WWF of nader aan die huis, soos die DBV beteken ook vir my ‘n kersgeskenk, omdat ek as mens ‘n verantwoordelikheid het jeens ander organismes. Ook jeens armes, ouer mense wat swaarkry, kinders en diegene wat uitgeworpe is deur die samelewing. Diegene wat jesus hom oor ontferm het  – minderes.

Ek het nie die antwoorde oor wat met kersfees gebeur het nie, waarom ander simbole dit vervang het wat vir christene belangrik is nie, sowaar ek weet nie. Maar ek kan sien dit die rituele wat eens sentraal was stoei vir plek, en ek kan die frustasie verstaan.

Net soos ek soms frustreed kan voel as my skool van denkwyse en dit wat sentraal vir my staan verkeerd vertolk word omdat mense dit nie probeer leer of kennis daarvan bekom nie en net aanvallend raak.

Mag daar altyd ‘n plek wees vir almal se denkwyses in ‘n nuwe wereld waarin ons almal bereid is om na mekaar te luister. En mag alles bewaar en behoue bly, sonder fundamentalisme en sensuur want dit stol kennis. Mag elkeen toegelaat word om voort te bou en te ontwikkel wat hy belangrik ag, omdat elkeen van ons die vrye wil in sy lewe mag behoort uit te oefen.

Ek het nou amper iets leliks geblog oor kersfees, nee wees rustig niks oor godsdiens nie, maar oor ander goed. Soos dat mense kos koop asof die groot honger op ons is en asof hulle beplan in selfmoord te pleeg deur vreet.

Nouja nadat ek my innerlike uiteindelik versterk gekry het met voedsel op die stasie in JHB, ry die trein verder. Ons is al omtrent 12 ure laat. En die mense moan.

Ek het erge bedenkinge of al die oumense wel na JHB weer op die trein gekom het, want niemand luister nie, maar vra wel al die vrae oor en oor. Ons is veronderstel gewees om vanmiddag op Nelspruit in te trek – maar dis middag en wat ek sien is die Oos-Rand.

Drink maar weer wyn.

Laat-laat in die nag kom ons by Nelspruit aan waar ons aandkos al so oud is, dit kon netsowel die volgende dag se oorskiet-middagete gewees die. Die oumense se hulle gaan nie van die trein afklim om te eet nie, want dit is laat, koud en weer eens te laat.

Maar toe daai trein intrek by die stasie waar ons kos wag, toe storm hulle soos ‘n trop leeus op daai kos af. Weer eens kry ek omtrent laaste kos. Dit is net onmoontlik om in ‘n ry te staan, hulle staan in ‘n reguit bondel en beur na vore.

Die volgende oggend moet ons op busse na die wildtuin klim, vir die dagtoere en saans slaap ons steeds op die trein. Ons word mooi ingedeel volgens die treinwaens in die busse. Aikona, by die eerste stop, klim almal behalwe ek en omtrent 3 ander, in die verkeerde bus…

Chaos. Die spul spring aan mekaar oor wie die beste plek het, waar om hul kissies advokadopere en naartjies te stoor, wie wanneer kan PP en by watter kitch curio-shop gestop moet word.

Daar is ‘n kameelperd! Waar? Ek kan hom nie sien nie! Daar is hy!!!! Maar waar. Ag fok.

Daar is ‘n bok!! Waar? Daar! Dit is nie ‘n bok nie. Dit is! Dit is nie! So gaan dit. Aan en aan en aan.

Salig laat ek die kalmeerpil in my keel afgly, nee so kan dit nie.

Vyf-uur daai oggend, jare gelede, toe ek al die oumense op die Kaapse stasie sien, wonder ek: Hoe het ek nou weer hier beland? Ek kan nie so lekker onthou nie, maar ek het ja gese.

Ek en seker 350 oumense. Net oumense. Op ‘n trein vir 10 dae van Kaapstad tot by Malelaan. Shit.

Paniek tree in (ek is nog okay) wie klim waar in, wanneer ry ons, waar PP jy, poefie mense in die ding, waar is die bad? Oh is hier nie ‘n bad nie? “As ek dit geweet het, het ek nie gekom nie”. moan die spul al klaar.

Nou waar is my kajuit? Vra 350 gelyk? Dit ten spyte van die feit dat elkeen se naam in grootskrif op die kajuit of coupe se deur geskryf is. :)

Dank vader, in my coupe, en doef toe met die deur. Stile. Nee, die “mure” is so dun ek kan alles hoor wat die oom en tannie vir mekaar langsaan se.

Niemand het my gese nie, of ek het seker nie gelees nie, dat ons eers vanaand stop vir kos. Geen eetsaal. Ons eet van die trein af. Okay dankie. Dan drink ek maar.

Vaal van die honger kom ek aan by die eerste ete. Ha! Lekker die spul kon mos nie lekker geloop kry op die perron nie. Kla, rugpyn, verkeerde skoene etc. So, ek kan lekker voor hulle uithol om eerste in die ry te staan. Wa! Nee, al hulle skete en kwale is weg, die stof staan in die grondpad soos seker 50 van hulle veeeeeeeer voor my laai waai. Okay.

En nog 20 druk voor my in die tou in. Elmboog my uit die pad, en kyk net doooeeerrr voor hulle uit.

Uiteindelik kry ek so taaierige stuk vleis met pap en vleis. Teen die tyd het ek ‘n bottel rooiwyn op ‘n leë maag in.

Ai maar die lekkerste-lekker is die nag se wieg-wieg hier deur die Karoo, soos slaap in ‘n sakkie op jou ma se rug. Swaai-swaai. Ek sal elke nag van my lewe op ‘n trein kan slaap.

05:00 am toe staan daai oom en tannie langs my op. Kadoef met die deure en die banke. Waarheen gaan hulle? Nie lank nie toe is die res op en af in daai trein. Hulle skrop nes en hulle borsel.

Hallo? Ontbyt is in Johannesburg op die stasie. Wat de?

Slaap verder. Ek skrik 9 uur wakker en sien, maar ons is ver van Johannesburg af. O sorry ja ons moes in die nag stop en wag vir ‘n ander trein.

Toe ons middagete vir die ontbyt opdaag toe vreet ek soos ‘n komadoewurm op daai stasie en koop sommer nog kos vir die res van die reis.

En ek loer vir die ooms en tannies en hulle loer vir my

Kyk ek is gek oor oumense, maar die lot is nie net oud van gees nie, maar misbruik ook hul ouderom vir allerhande verskonings om mislik te wees. Dit was eers later wat ek die die lekker tannies op die trein ontdek het.. . . (word vervolg)

Bubble gum

Dit is seker ook apartheid se skuld :) dat daar net Chappies en Wicks was toe ek klein was. Miskien het ander mense in ander lande lekker bubbles geblaas en gekou aan ander bubble gum.

Eintlik toe ek klein was, het ons ma’s nie so baie daarvan gehou dat jy Chappies kou nie. My ma het nooit ‘n rede gegee nie, maar het altyd gese, hoekom koop jy nie eerder toffies nie? Of yssies?

Nee, ek wil 20 Chappies koop. Chappies het destydes vreemde kleure gehad, dalk kom dit ook uit die polonie en vienna-fabriek. Hulle was sulke deurmekaar-kol-kleure. En net elke 50ste keer het jy regtig ‘n pienke of groene gekry. Tensy jy natuurlik die duurder lang stokkie-ding gekoop het wat jy so stuk-stuk afgebyt het.

Wicks het ook daai langes gemaak. En natuurlik die groter blokkies. Wicks het sy eie geur, niks is soos dit nie.

Ek is te bang om ‘n Chappie of ‘n Wicks te eet, ek wil nie my herinneringe besoedel nie. Ek wil hulle net so bewaar.

En daar was Beechies – maar dit is nie bubble gum nie. Dit blaas nie op nie. Dit was vir sissies soos my sussie.

Ek het eendag ‘n Chappie, of ‘n halwe gekoude een in haar hare geplant. Eintlik het dit gegaan oor daar die min plek in die kar was vir ons twee. Waar was die dae toe ons see toe gery het teen 80 km/h sonder aircon? G’n wonder ons het baklei nie.

Ek het vandag ‘n bol groen kougom getrap, daai getrek onder jou voet wat jou die onvermydelike laat besef.

Hoe kruis jy die pad?

Nou byna twee jaar gelede het ek gaan totsiens se vir ‘n vriendin in die hospitaal. Nie in soveel woorde nie, maar beide van ons het geweet. Tog, het ons lekker gesels oor haar lewe.

Rosalind, het sy vir my gesê, ek was in 50 lande in die wêreld. “Dit was wonderlik. Ek het die wereld gesien. Ek is oor niks spyt nie. Jy moet probeer om dit ook te doen. Soveel jy kan.”

Ons het gelag oor haar ervarings. Haar woorde oor Egipte: “Al wat verkeerd is met Egipte, is die Egiptenare,” het sy gesê.

Vandag verlang ek weer na haar, juis oor haar stelling.

Ek vra vir julle hoe kruis ‘n mens die pad? Hoe? O ja, die karre staan nie stil nie, hulle ry, en vinnig ook. Dit is die probleem

Die annder kant is ook vol…

Ry in ‘n ‘taxi’ ……

Lus vir bietjie shopping, fok waar issie mall? daar issie ‘n mall nie madam (okay het geweet daar is nie ‘n mall nie)

 

Dit is eintlik moeilik om te glo wanneer jy voor dir Groot Piramide van Khufu (of Cleops) staan om te dink hy het met die projek begin 2550 v.C. en dit het net 30 jaar geneem om te voltooi. Daar is 2,3 miljoen rotsblokke tussen 2,5 ton en 15 ton – die piramide toring 147 m hoog. (links op foto)

Mees interessant is om binne-in te gaan, teen ekstra koste, om teen die steil trappe teen ‘n hoek van sowat 30 grade in die tonnel te klim. Die houttrap is sowat 100m lank, en dan kom jy by die blokke wat destyds in plek gesit is om die grafkelder van die faro te beskerm. Daar was 4 van die blokke en die is intussen verwyder, om deur die spasies te kom, kruip jy deur ‘n holte van sowat halwe meter hoog tot by die volgende een.

Uiteindelik kom jy by die kelder en die sakrofaag (wat leeg is), maar dit is fantasties, want die ruimte is so ontwerp dat dit natuurlik nie ineenstort nie. Jy staan dus in die hart van die piramide. Ek het net so rukkie daar gestaan en die atmosfeer ingedrink, totdat dit te benoud geraak en ek weer uit is om asem te skep.

Kkuhu se seun, faro Khafre het die tweede piramide (middel op foto) teen 2520 v.C, asook die Sfinks gebou. Die Sfinks bestaan uit een enkele blok en is 70 m lank en 20 m hoog. Half-mens, half-leeu – en hy waak as beskerming oor die kompleks.

Die derde piramide, gebou deur faro Menkaure teen sowat 2490 v.C (heel regs)

Alles hier is al gesteel in antieke tye. Hul beraam sowat 30% van die skatte, en grafkelders le nog onder die sand.

Antieke Egipte het verskeie eras beleef waarin baie transformasie in kultuur, samelewing, godsdiens en regering plaasgevind het. Die beskawing het bestaan van 3150 v.C tot 31 v. C met die inval van die Romeine.

Verstommend mooi en indrukwekkend.

Anekdotiese observasies van ‘n reis in Egipte deur buitelander(s), geslagsverhouding teenoor mate van plesier.

1 x man alleen in egipte = 95-100% pret, net jammer my buddy is nie hier nie.

10 x mans in egipte = 100 % pret, wonderlikse plek op aarde

10 x vroue in egipte = varieer agv persoonlikheid, land van oorsprong – sal tog probleme ervaar weens afwesigheid van ‘n enkele p—l in hul teenwoordigheid. gevaar van middel-misbruik bestaan weens frustrasie, tog is daar safety in numbers.

10x vroue in egipte, vergesel van ‘n 16 jarige seun = reis aansienlik vergemaklik, aangesien direkte kommunikasie net tussen man en man geskied, selfs al is die man ‘n seun.

1 x  vrou  alleen = chaoties, word emosioneel en fisies tot die uiterste beproef. moontlike middelafhankliheid kan geskied. Woorde soos: “sit still there”; “you keep quite now”, ” you listen to me” en “no! taxi don’t go” sal herhaaldelik gebruik word.

 

Bibliotheca Alexandrina – ek kan nie wag nie. Te veel om te sien, te min tyd. Miskien moet ek net ses ure elke aand slaap (dit is die minste wat my sisteeem kan verduur).

Hy is gebou om die antieke biblioteek van Alexandrië te gedenk wat afgebrand het – wat ‘n verlies was dit nie vir die mensdom nie. ‘n Boek wat verlore gaan is soos ‘n sterfte. Verlore kennis.

Die eerste biblioteek is geopen tussen 40 en 120 v.C, maar daar is onsekerheid. Dit is wel bekend dat hy afgebrand het in 642.

Die nuwe weergawe het in 2002 oopgemaak.

bib

Van die unieke boeke op uitstalling

boek1

Ag mamma mia, Madonna! Ek weet nie wat om te se nie!!!

Cheers

Die nodige

dettol

Ek gril nogal vir sommige mense, en dus ook die plekke waaraan hulle raak en sit. Daar is baie mense wat deesdae nie meer vir my skoon lyk en ruik nie.

Ek wonder, as jou hare lyk of jy tjips daarin kan bak, en as ek wil opgooi as jy jou arm oplig, dan is ek mos redelik seker daarvan dat jy nie jou hande gewas het, nadat jy by die toilet was nie. Jy vat aan die hyser se knoppie en dan moet ek daaraan vat? Of nog erger, aan jou!

En as die snot uit ‘n kind se neus so erg loop dat dit op sy bo-lip saamkoek en die kind skuur teen my verby, dan wil ek die creeps kry. Kinders is die grootse germ-carriers op aarde.

Jy staan in die tou by die bank en die ou agter jou hoes: Reg teen jou kop vas! Die hare lig sommer op van die hoes-wind. Aaaagghhh. ‘n Miljoen virusse en bakterieë swem uit sy mond . .

Of daai kelner wat met sy vuil naels jou blikkie koeldrank wil oopmaak.

Of daai een wat op straat die slym in sy heel doer agter gaan haal, hom in ‘n bal rol in die keel en dan glorieryk soos ‘n projektiel vol TB en wat nog , dit op die sypaadjie skiet. Ek sien altyd daai bolle raak waar hulle lê en koudword.

Vandaar my gunsteling produk: Dettol se hand sanitizer, die beste. Gemaak met ‘n alkoholbasis, moenie die sogenaamde “natuurlike” produkte gebruik nie. Hulle huisves eintlik die mikrobes waar hulle lekker leef, eerder as om hulle dood te maak.

Wonderlik Dettol beskerm selfs teen sekere virusse.

Amper tyd vir my om oppie vliegtuig te klim. Egipte, lekker vuil….ek kan net dink :)

 

Volgende Blad »