Bibliotheca Alexandrina – ek kan nie wag nie. Te veel om te sien, te min tyd. Miskien moet ek net ses ure elke aand slaap (dit is die minste wat my sisteeem kan verduur).

Hy is gebou om die antieke biblioteek van Alexandrië te gedenk wat afgebrand het – wat ‘n verlies was dit nie vir die mensdom nie. ‘n Boek wat verlore gaan is soos ‘n sterfte. Verlore kennis.

Die eerste biblioteek is geopen tussen 40 en 120 v.C, maar daar is onsekerheid. Dit is wel bekend dat hy afgebrand het in 642.

Die nuwe weergawe het in 2002 oopgemaak.

bib

Van die unieke boeke op uitstalling

boek1

Ag mamma mia, Madonna! Ek weet nie wat om te se nie!!!

Cheers

Die nodige

dettol

Ek gril nogal vir sommige mense, en dus ook die plekke waaraan hulle raak en sit. Daar is baie mense wat deesdae nie meer vir my skoon lyk en ruik nie.

Ek wonder, as jou hare lyk of jy tjips daarin kan bak, en as ek wil opgooi as jy jou arm oplig, dan is ek mos redelik seker daarvan dat jy nie jou hande gewas het, nadat jy by die toilet was nie. Jy vat aan die hyser se knoppie en dan moet ek daaraan vat? Of nog erger, aan jou!

En as die snot uit ‘n kind se neus so erg loop dat dit op sy bo-lip saamkoek en die kind skuur teen my verby, dan wil ek die creeps kry. Kinders is die grootse germ-carriers op aarde.

Jy staan in die tou by die bank en die ou agter jou hoes: Reg teen jou kop vas! Die hare lig sommer op van die hoes-wind. Aaaagghhh. ‘n Miljoen virusse en bakterieë swem uit sy mond . .

Of daai kelner wat met sy vuil naels jou blikkie koeldrank wil oopmaak.

Of daai een wat op straat die slym in sy heel doer agter gaan haal, hom in ‘n bal rol in die keel en dan glorieryk soos ‘n projektiel vol TB en wat nog , dit op die sypaadjie skiet. Ek sien altyd daai bolle raak waar hulle lê en koudword.

Vandaar my gunsteling produk: Dettol se hand sanitizer, die beste. Gemaak met ‘n alkoholbasis, moenie die sogenaamde “natuurlike” produkte gebruik nie. Hulle huisves eintlik die mikrobes waar hulle lekker leef, eerder as om hulle dood te maak.

Wonderlik Dettol beskerm selfs teen sekere virusse.

Amper tyd vir my om oppie vliegtuig te klim. Egipte, lekker vuil….ek kan net dink :)

 

My ma staan doer en staar na die standbeelde, kamera in die hand – handsak se zip wawyd oop.

Sug.

Sy het die storie aan my verkoop, dat sy die handsak soos ‘n brood onder haar arm vasklem en die handles so twee keer deur haar arms gevleg het. Die handsak is veilig.

Nie as die zip oop is nie! Dit is hoekom ek al haar geld by my dra en ook haar paspoort, want ek wil nie in ‘n Oosblok-land verduidelik hoekom ouma onwettig daar is nie, imagine dit.

“Weet ma dat hulle ou mense gebruik as dwelm-donkies. Dis ou tannies wat hulle voor keer?”

“Watse ding is dit?” vra sy. Toemaar los maar, zip net die handsak toe, sê my suster vir die 100ste keer.

Ons was seker 20 sekondes op Hero’s Square in Budapest, toe sien ons die skollie en sy maatjie, raak, ek en my suster. Is ook net Suid-Afrikaners wat streetwise genoeg is vir dit. (Uitgesluit my ma, wat met alle reinheid in haar hart dink als is fine).

Nr. 1 is die man met die blou hemp wat maak of hy ‘n toeris is en nr.2 is die meisie wat die boekies verkoop. Okay kom ons speel met hulle. Bring net eers vir ma nader.

Hier kom sy,  die  Gypsy-meisie met  die boekie wat sy wil verkoop, ene oor Budapest. 10 euro sê sy, nee 5, sê ek. Okay.

En daar loooooeerrrr sy so diep in my beursie om te sien hoeveel geld ek het en waar bere ek hom. Jou moer my skat. Ek jaag haar weg, staan verder.

Dan gaan vertel sy vir haar skollie-maat waar die beursie is en hy hom haal dit uit, terwyl jy die standbeelde staan en bewonder.

Ek druk die beursie voor by my broek in. Jy sal aan my fanny moet vat om aan my geld te vat, meneer met die blou hemp, en laaaaaaank voordat jy dit gedoen het, het ek al jou tande uitgeskop, terwyl ek so hard skree dat Buda en Pest verening.

Sy loop sigbaar teleurgesteld weg, al het sy iets verkoop.

Ons draai ons rugsakke voorom en vertel sommer vir almal om die twee dop te hou.

Hulle weet ons weet. Nou weet almal op die hele plaza, almal kyk vir hulle. Dikbek staan hulle eenkant. Ons moet nou eers loop voordat hulle weer besigheid kan doen.

En raai wie staan die volgende dag weer daar toe ons daar verby ry, einste twee.

Ja se my ma, ek het gedog hulle lyk vreemd, toe ons hulle weer uitwys en sy kyk skoon in die verkeerde rigting, met haar handsak weer oop.

IMG_1111

sommer net so

net een maandagoggend

sommer net so

hoor ons van jou pyn

van die spore in jou hart

die onoorkombare geveg

hoe het ons dit gemis

“ek moet vir jou sê

voor jy dit elders hoor,

hy het homself gehang”

my god, hoe, hoe

het ons dit gemis

sommer net so

besef ek nou ek

moet  jou laat gaan

sommer net so

 

(18-19 Okt. 2009)

vir eers

 

gaan ek die blog bietjie afsit. vir myself.

dis tyd, sien ek.

tot later

lf1

Lucian Freud;  Jong vrou met hond

Saterdagoggend. 3 Oktober 2009 om 08:00

Twee bergies vloek mekaar onder hulle ma se rokke in. Die ene is so dronk hy praat van: Jou ma se push.

Ek het die grootste gedeelte van die week van 6 tot 6 gewerk. Al wat ek wil doen is slaap.

Want more, moet ek weer werk, soos my ma sê: “Op die heilige Sondag”.

Een afdag en langs my ore breek die bottels en die bergies baklei, maar oor ‘n rukkie gaan hulle mekaar weer uit liefde bespring.

Die honde blaf.

Ons lê ‘n rukkie en hoop dit gaan weggaan. Die bekgeveg raak meer intens.

Eintlik gaan die rusie oor niks. Absoluut niks. Dit is Jerry Springer Suid-Afrika. Dit is net vloekwoorde in reekse sinne wat geen sin maak nie.

“Shut up!” skree ek sommer so vanuit die bed. Dit het voorheen al gewerk, die stem wat sommer so vanuit nerens gil. Dan is hulle heel verskrik oor die pratende muur.

Die keer help dit niks.

‘n Uur later moet ek gaan hare sny, klaar ‘n traumatiese ervaring vir my, want ek verpes dit as iemand aan my kop vat. Iemand het seker toe ek klein was ‘n hoed op my kop vasgemaak – waarskynlik my ma.

Die haarkapper is nog okay, ek en hy verstaan mekaar, hy weet hy moet nie my kop beswerm nie. Maar die meisies wat vir hom werk wil my net masseer van oor tot oor.

Terug by die huis se liefie: Dis doodstil hier buite. Die twee het uitgepass. “Maar die een se kop lê in die pad, wat as ‘n kar oor haar kop ry?”

En toe dink ek aan my Lief se hart.

En aan die arme mense se bestaan op straat, hul verdoemde alkoholisme, hul pyn en honger, hul siektes en die lewe wat hulle ly in plaas van lei.

Miskien moet ek nie volgende keer “shut up!” skree nie, maar iets ander doen, iets minder kwaad, iets wat my en hulle beter sal laat voel.

Ag vader tog

Is ek nog lus om te flippen blog, ek weet nie. Laat ek maar eers gaan dink daaroor, want die vader weet.

Ek wou ‘n prentjie van ‘n katjie opsit, maar die katjie wou nie stilsit nie.

So here goes, ek is ook nie lus om te onthou waar was die nie. Aaaag fokkin iewers in Europa. Miskien van Hitler se Eagle’s Nest af, miskien nie.

IMG_1326

 

ps. ek dink nie ek gaan weer ooit enige iets sê oor enige mediese sake nie, of enige siekte nie, want die fok weet lyk my mense wil deesdae eerder toordokters besoek en reiki laat doen as wat hulle allopatiese medikasie wil gebruik. well go for it!

Cheers!

Volgende Blad »